Tuesday, March 31, 2009

Gay mense vervolg

Ek het toe uiteindelik die moed bymekaar geskraap om my man te vertel van sy meisiekind wat gay is. Eintlik het ek die hele ding mooi beplan, ek sou hom in n rustige ontspanne gemoeds stemming moes kry voordat ek die bom oor sy kop sou bars. Hy is anti gay. Ek het toe maar n romantiese naweek in Durban gereel vir my en hom en die kinders by my vriendin gelos, waar ek weet hulle veilig sou wees.
Ons het sommer gevlieg Durban toe en dit was vir hom n heel nuwe ondervinding omdat hy nog nooit gevlieg het nie. Die hele naweek weg was n verrassing vir hom, hy het niks daarvan geweet nie.
Nadat ons in Durban geland het is ons na n hotel op die strand. Ons het uitgepak en rustig geraak.
Eers die volgende aand terwyl ons rustig langs die strand afloop met net die branders se geruis in ons ore het ek besluit om vir hom te vertel.
Ek het my woorde versigtig gekies, ek wou hom nie skok nie. Eers het ek hom onkant gevang met n vraag. Wat sal vir hom die grootste skok in sy lewe wees?
Hy het so rukkie stil gebly en toe geantwoord. "Wanneer my Chroonse siekte weer aktief sou word" Sien dit is een van sy grootste vrese gewees. Ek het besef as ek hom nie nou dadelik se nie sou my moed my dalk begewe. "Jou meisiekind is gay" het ek dit sommer uit geblaker. Stilte.
Ek sal dit regmaak, het hy gese, en ek kon die verligting amper op sy gesig sien omdat dit nie my Kroonse siekte was wat weer kop uitgesteek het nie.
Dis net n fase waardeur sy gaan, het hy gese.
Ek kon nie glo dit het so goed afgeloop nie, ek kon nie glo hy was so rustig daaroor nie, ek het verwag dat hy sou ontplof en dat hy haar sou pak gee en dink hy kan dit so reg kry, maar toe skok hy my met sy rustige optrede.
Ons het huis toe gegaan na daardie naweek, en ek het gewag dat hy dit moes regmaak, dis nou n jaar later en nog niks het gebeur nie. Ek dink nie hy het dit aanvaar nie, maar vir sommige mense is dit n langer proses as vir ander om dinge te leer aanvaar. Dit het my ook n tydjie gevat maar ek het dit so aanvaar want dit bly nogsteeds my kind. Ek vra nie vir haar pa of hy dit al aanvaar het nie, want ek weet diep in my hart wat die antwoord sal wees.

Vakansie by die see


Dis die aand voor ons see toe ry, daar heers n opgewondenheid. Die kinders is buite hulle self en kan nog steeds nie glo dat ons werklik see toe gaan nie. Daardie aand moet ons almal vroeg gaan slaap maar die slaap vir ons wil net nie kom nie. My oë is naderhand so swaar dat my ooglede nie wil oop bly nie maar aan die slaap raak kan ek net doodeenvoudig nie. Uiteindelik in die oggend ure raak ek aan die slaap, maar is tog ook bewus van alles wat om my aan die gebeur is. In my onderbewussyn hoor ek selfs die voëltjies buite fluit, en nie lank nie of die skril gelui van my selfoon se wekker ruk my uit my halwe beswyming uit. Ek maak my oë stadig oop en sien dat dit nog stik donker is buite. Ek spring op, ons gaan see toe jubel dit binne in my. Ek spring op en sit die lig aan, my man se oë flikker stadig oop en dan is dit meteens wyd oopgesper. Ons gaan see toe se hy opgewonde. Hy vlieg ook uit die bed uit en storm my seuntjie se kamer binne. Hy sit die lig aan en maak hom wakker met die opgewonde woorde ons gaan see toe. Hy vlieg om en doen die selfde met my dogtertjie. Hulle is nog deur die slaap en moeg, maar ek kan die opgewondenheid in hulle ogies sien flikker. Die afwagting om see toe te gaan was groot en lank. Opgewonde was hulle en trek aan. Dan word die kussings bymekaar geskraap en eindelik sit ons almal in die bakkie op pad see toe. Buite is dit donker en die maan loer vir ons onder deur die enkele wolkies wat in die lug hang. Die pad is stil, die huise staan donker af ge-ëts teen die nag lug met hier en daar n buite lig wat brand, alles sluimer nog. En met eens is dit asof ek met nuwe oë na die wereld kyk. Hoe groot is die mag van Bo tog nie, Hy wat die maan en die sterre en die son geskape het. En stil bid ek in my hart dat Sy beskermende hand van liefde oor ons motor sal wees totdat ons weer op die bestemde tyd veilig tuis sal kom.
Ons hou voor my vriendin se huis stil, ek is bly hulle gaan saam met ons. Want op hierdie stadium lyk die pad ver lank en donker en baie alleen. Dis goed om te weet daar is darem nog iemand saam met ons op die pad al is hulle nie in dieselfde voertuig nie. Stil stuur ek ook vir hulle n gebedjie op sodat ook hulle veilig sal wees op die lang donker pad.

Dan is ons oppad. Saam met die deuntjie wat oor die radio speel sing my hart ook. Ek is nes ñ kind en kan nie wag om by die see te kom nie. Ons het nie ver gery nie of my grootste vrees word bewaarheid. Dit begin rëen. Ek is bang vir die rëen as mens op die pad is en dit is nog donker ook, en ek besef dat ons veiligheid in Sy hande is wat ons geskape het, al wat ek nou moet doen is moet glo, dan klop my hart rustiger. Ek sit my man en bekyk terwyl hy bestuur, gelukkig is dit nog donker in die bakkie en sal hy nie oplet dat ek hom sit en bekyk nie, ek sien sy groot hande rustig op die stuurwiel rus, en ek sien dat sy oë stip op die pad voor hom is, en dan kom rus daar ñ groot kalmte op my, want by hom is ons ook veilig. Hy sal ons veilig see toe vat. Dan vat ek my kussing en draai myself skuins op my sitplek, ek is moeg en noudat ek meer rustig is sal klaasvakie my seker wegvoer na droom land, terwyl die motor bande ritmies op die teerpad sing.

Ek maak my oë oop en ons is al ver op die pad. In die gesigseinder kan ek die dag sien breek. Ek sien die sonnetjie wil sy kop uitsteek maar daar is donker wolke wat hom weerhou. Hy loer-loer net kort-kort vir ons en dan is hy weer weg. Dit rëen nie meer nie. Daar is ook gelukkig nie baie verkeer op die pad nie. Die enkele motors wat by ons verby seil met brander planke in die venster banke en kinder speelgoed, teen ñ yslike spoed laat ñ snaakse hol kol op my maag agter. En sonder dat ek dit werklik besef stuur ek ook stil vir hulle n gebedjie op, en vra dat Sy hand hulle ook veilig na hulle bestemming sal lei, sodat die kindertjies in daardie motors net soos myne veilig by die see sal kom.

Dan sluimer ek weer so bietjie in, en wanneer ek wakker word, kyk ek agter toe en sien my twee klein juweeltjies slaap ook rustig. Boetie wat se kop op sussie se been rus terwyl sy skuins teen die deur leun teen haar kussing. Ek is so dankbaar vir dit wat ek het, en ek besef dit nie elke dag nie, maar dit is tye soos die dat ek besef ek het baie om voor dankbaar te wees. Daar is mense wat nie eers hierdie kersfees kos gaan hê nie, en ek is so gelukkig om op pad see toe te wees met my man en twee van my kinders by my. Dan dink ek weer aan my ander drie kinders wat moes agter bly. Ek besef dat hulle groot is en my nie meer so nodig het soos wat ek hulle het nie. Ek dink nie hulle sal ooit besef hoe nodig ek hulle in my lewe het nie. Ek bid ook vir hulle, sodat hulle veilig sal wees totdat ons terug kom, en die rustigheid wat ek deur my voel spoel gee vir my die versekering dat my gebede nie op dowe ore geval het nie.

Dan nader ons die see vinnig. Ek kan hom nog nie sien of ruik nie, maar ek weet hy is baie naby. Ons is nou net voor die laaste dorp en dan sal ons by die see wees. My kinders het intussen tyd wakker geword, en hulle gesels opgewonde agter in die bakkie sonder dat ek werklik kan hoor waaroor hulle gesels. Ek kan verstaan hoe hulle kinder hartjies moet voel want dit is hulle heel eerste vakansie by die see.
Dan bel my vriendin my op my selfoon en sê dat hulle so pas oor die radio verneem het dat daar ñ groot ongeluk op die hoofpad was, ñ bus wat teen die brug vas gery het, 12 mense dood en hordes beseer. Dit word koud binne in my, en ek dink dat daar op daardie spesifieke oomblik mense is wat baie seer gekry het, en miskien kindertjies, wat beseer is, dalk dood is. En voor my geestesoog kan ek die verwarring en paniek sien. Ek kan sien hoe ñ moeder dalk huil oor haar kindjie wat beseer is of dalk nog erger dood is. Toe ek my weer kon kry is ek besig om ook vir hulle te bid. En ek besef dat ek vandag al baie met my Hemelse Vader gepraat het, dat ek al so baie gevra het vandag, en dat Hy daar is gereed om vir my alles te gee waarvoor ek vra. En ek sê dankie.
Dan kom ons nader aan die ongeluk, en ek kan voel hoe my hart al hoe vinniger klop, ek is dankbaar dat die pad afgesper is en dat ons nou verplig is om ñ ander roete te neem, sodat my kinders nie nodig het om dit te aanskou nie. Ek is ook dankbaar dat daar nie ander ongelukke op ons pad was nie.
Ons roete lei ons deur die midde stad, en toe ons op ñ bultjie kom kan ek die bus sien, en ek kan ook al die noodvoertuie sien, en my hart gaan uit na die mense en hulle geliefdes wat in daardie bus was. Dan is ons verby en kan ek dit nie meer sien nie, maar my gedagtes bly vassteek by daardie mense, al ken ek hulle nie.

Dan is ons deur die stad en oppad see toe. Dis nog so uur en n half se ry, maar nou kan ek al die see ruik. Alhoewel ek hom nog nie kan sien nie.
Opgewonde kyk ons almal stip om te sien wie kan die see eerste sien. Ons ry en ry, en dit voel soos n ewigheid, en dan is daar ñ bult voor ons, en instinktief weet ek as ons oor daardie bult is sal ons die see kan sien. My man besluit om van die hoofpad af te draai sodat ons langs die see kan ry tot by ons bestemming.
Ons is oor die bult en het afgedraai van die groot pad af, en dan sien ek die blou blou water van die see, en my hart kry so lekker warm kolletjie om hom. Kyk sê ek vir die kinders daar is die see. En dan maak ek my venster oop asof dit my nader aan die see gaan bring. Ek is gelukkig juig dit binne in my. En ek kan sien my kinders is ook gelukkig. Ek kyk na my man en daar is n rustige tevrede uitdrukking op sy gesig en ek weet dat die vakansie by die see ons almal die wereld se goed gaan doen. Al gaan dit net vir vyf dae wees. Ek bid dat die vyf dae stadig sal verby sleep sodat ons net nog bietjie langer by die see kan bly.

Dit begin rëen, maar ek gee nie om nie. Nadat ons uitgepak het gaan ons almal af strand toe en die opgewondenheid dat ek nou baie na aan die mooiste skepping van ons Heerser gaan wees laat my met heimweë. Ek begin verlang na almal wat ek ken en nie ken nie. Dan onthou ek weer van die ongeluk en ek wonder hoeveel mense in daardie bus was wat net so opgewonde was soos ons om see toe te gaan, wat nou nooit by die see gaan uit kom nie. Ek staan op die strand en ek kan die briesie teen my arms en bene voel aanwaai. Dan is dit asof daar ñ stem binne my praat en vir my sê dat daardie mense van die bus in ñ baie mooier plek as ons is, en dat hulle gevoel van opgewondenheid baie groter as myne is.

Ons eerste dag by die see is verby, ek sit op die rotse terwyl my man en ons vriend so entjie verder af visvang. Ek staar net na die see en ek kan die sy grootsheid nie genoeg inneem nie. Dan besef ek weer hoe klein en nietig die mens werklik is. Hier staan ek klein en nietig en ek het die eer om die grootsheid van Sy hande werk te aanskou. Hoe bevoorreg is ek nie op daardie oomblik nie. Daar is ñ rustigheid binne my wat ek aan niemand kan beskryf nie. Al die woorde in my woordeskat is te min om dit te beskryf. Ek weet nie of my man en kinders die selfde passie as ek deel vir die see nie. Ek sal vir ewig net hier kan bly, sonder dat ek ooit meer as net liefde en kos kan vra.
Maar ek weet dit is onmoontlik.

Te gou het die tyd verby gevlieg, en is ons alweer oppad huis toe. Daar heers ñ doodse stilte die oggend toe ons opstaan en begin pak om huiswaarts te keer. Ek wens ek kon nog net eenkeer see toe gaan, nog net eenkeer die briesie teen my naakte vel voel aanwaai, nog net een keer die reuk van sout in my neusgate voel opstu. Maar daar is nie tyd nie. Hoekom kan ek nie verstaan nie, daar is mos geen haas terug huis toe nie. Ons is met vakansie, maar ons is oppad huis toe. Daar is nie tyd vir nog eenkeer stop by die see nie.
Toe ons in die hoofpad indraai en ek besef dat ek nou nie weer die see sal kan sien nie, draai ek my maar weer skeef op die sitplek en leun teen my kussing aan. Ek maak my oe toe asof ek slaap, en dan bid ek weer woordloos, dat sy genade en liefde ons weer veilig sal terug neem huis toe. Huis toe waar my ander kinders agter gebly het. Ek bid dat Hy my man se hande op die stuur sal lei sodat ons veilig sal wees, en so ook my vriendin. Ek raak aan die slaap.

Ek word wakker met ñ lee gevoel van verlies in my binneste. Ek is dankbaar vir die huis en die lewe wat ek het, maar hoe begeer ek tog nie om naby die see te kan wees nie. Ek beny die mense wat elke dag van hulle lewe hulle oë oopmaak en die see kan sien en kan hoor en kan proe en kan voel. Ek wonder of weet hulle hoe bevoorreg hulle werklik is?
Besef hulle dat hulle ñ stukkie van die paradys elke liewe dag het in hulle normale lewens, iets wat ons nie het nie. Ek het myself al probeer voorstel hoe dit sal wees om saam met die mense wat ek lief het by die see te kan bly. Dit sal hemels wees. In my gedagtes beleef ek dit, en dan besef ek dat ek stil glimlag. Ek kyk rond of niemand my sien glimlag het nie, en sien dan dat my kinders slaap en my man se oë op die pad voor hom rus. En ek besef dat ek tog ook iets het om voor dankbaar te wees. Aan die ander kant wag my huis vir my, en my kinders, alhoewel daar nie ñ see is wat vir my wag nie, het ek baie om voor uit te sien.

Daardie aand lê ek in my bed, in my huis, veilig, en ek bid weer stil, en sê dankie vir die baie kort maar heerlike vakansie wat ons beskore was by die see, ek sê ook dankie vir my man se groot rustige hande op die stuurwiel wat ons met Sy liefde veilig terug gebring het huis toe, en in my kop is ek al klaar besig om ons volgende vakansie by die see te beplan……….

Monday, March 30, 2009

Gay mense

N MOEDER SE OE

EK KYK NA MY KIND EN SIEN DIE PRAGTIGSTE DOGTERTJIE MET GROOT BLOU OE EN DONKER OOGWIMPERS, DONKER HARE OMRING HAAR MOOI GESIGGIE. SY IS GESOND EN HET TIEN VINGERS EN TIEN TONE. ALLES IS PERFEK, EN DIE DAG TOE SY GEBORE IS HET EK STIL IN MY HART N GEBEDJIE OPGESTUUR EN DANKIE GESE VIR N GESONDE NORMALE KIND.
SY WAS ALTYD HAAR PA SE OOGAPPEL, EN HY HET GROOT IDEALE VIR HAAR GEKOESTER, SO OOK EK, EN SKIELIK HET HAAR HELE PERSOONLIKHEID VERANDER.


MALE SONDER TAL HET EK AL TE DOEN GEHAD MET GAY MENSE. EK HET NIKS TEEN HULLE NIE, EK WAS AL SELFS VRIENDE MET TWEE GAY VROUENS, EN EK HET GEDINK HULLE IS BAIE OULIK, UNIEKE MENSE NET SOOS ENIGE ANDER MENS. EK KON NOOIT VERSTAAN DAT MENSE GAY MENSE KON VEROORDEEL NIE. EK HET NIE GEDINK DAT MENSE WAT GAY IS SO GEBORE WORD NIE, WANT HOE SOU ONS LIEWE VADER DIT DAN LAAT GEBEUR? EK HET VAS GEGLO DAT DAAR IEWERS IN HULLE LEWENS IETS DRAMATIES MET HULLE GEBEUR HET EN DAAROM HET HULLE GAY GEWORD. EK HET AL VERSKEIE KERE SAAM MET GAY MENSE GEKUIER, EN GEWOONLIK HET HULLE SULKE OULIKE SIN VIR HUMOR DAT MENS DIE HELE TYD LAG WANNEER JY IN HULLE GESELSKAP IS. EK HET OOK AL GEWONDER OF DIT NIE MAAR NET N SKANS IS WAAR AGTER HULLE WEG KRUIP NIE. EERDER DIE MENSE MAAK LAG VIR JOU SE GOED AS WAT DIE MENSE AGTER BAK HANDE LAG OMDAT HULLE SE JY IS SKEEF. DIS WAT DIE MENSE SE EN DINK VAN GAY MENSE. SKEEF. EK HET DIE WOORDJIE SKEEF GEVAT EN VIR MYSELF PROBEER UITWERK WAT DIT NOU EINTLIK BETEKEN. EK HET TOT DIE GEVOLGTREKKING GEKOM DAT SKEEF BETEKEN IETS SOOS WANNEER JY N SOOM IN N LANGBROEK WERK EN JY SIT DIT SKEEF IN, OF JY BOU N MUUR EN HY IS NIE REGUIT NIE DIT IS SKEEF, MAAR MENSE KAN NIE SKEEF WEES NIE. EK HET OOK TOT DIE GEVOLGTREKKING GEKOM DAT MENSE WEL SO GEBORE WORD. MISKIEN HET DIE GAY VROUENS MEER MANLIKE HORMONE AS VROULIKE HORMONE, EN MANS MEER VROULIKE HORMONE AS MA NLIKE HORMONE. EK WEET NIE EK IS NIE N MEDIKUS NIE SO EK KAN DIT NIE VERKLAAR NIE, MAAR EEN DING WEET EK VERSEKER DIS NIE N OUER SE SKULD AS SY KIND GAY IS NIE. GEEN OUER WIL DIT VIR HULLE KINDERS HE NIE, EN NET SO WOU EK DIT OOK NIE VIR MY KIND HE NIE. DIE DAG TOE SY OP DERTIEN JAAR VIR MY KOM VERTEL DAT SY GAY IS, HET MY BLOED IN MY ARE GESTOL, MY ASEM HET WEGGESLAAN EN MY HART HET BOLMAKIESIE GESLAAN. DIT HET GEVOEL ASOF MY WERELD IN DUIE STORT. EK HET DADELIK GEDINK AAN WAT AL DIE MENSE GAAN SE AS HULLE MOET WEET, EN NOG ERGER WAT GAAN HAAR PA DAARVAN SE.
MY KIND WAS NOG NOOIT N LADY NIE, MAAR EK HET GEDINK DAT SY MAAR NET N TOMBOY WAS SOOS HAAR MA. EK HET TUSSEN VIER BOETIES GROOT GEWORD EN HET OOK IN BOME RONDGEKLOUTER, EN KARRETJIES GESPEEL EN COWBOYS EN CROOKS SAAM MET HULLE GESPEEL, EK HET SELFS RUGBY EN KRIEKET GESPEEL MAAR DIT HET MY NIE GAY GEMAAK NIE. TOE EK TIENER STADIUM BEREIK HET DIE VROULIKE HORMONE INGESKOP EN HET EK N REGTE LADY GEWORD ALHOEWEL EK NOGSTEEDS NIE LIEF IS DAARVOOR OM ROKKE TE DRA NIE. EK VERKIES N LANGBROEK OMDAT DIT VIR MY GEMAKLIKER IS AS N ROK. SO EK HET NIE ROOI LIGGIES SIEN FLIKKER TOE SY WEIER OM ROKKE TE DRA NIE. SY DRA WEL N ROK SKOOL TOE MAAR DIT IS WAAR DIT EINDIG. SY HOU OOK NIE VAN VALLETJIES EN FRILLETJIES NIE MAAR DIT HET OOK NOG NIKS VIR MY GESE NIE. EK HET DIT NIE AS N GEVAARTEKEN BESKOU NIE. SY WAS MY BLOU OOG DOGTERTJIE, MET DIE PRAGTIGSTE GESIGGIE EN LANG DONKER OOGWIMPERS.
MY HELE LEWE HET TOT STILSTAND GEKOM TOE SY VIR MY SE DAT SY GAY IS. EK HET NIE GEWEET HOE OM DIT TE VERWERK EN TE AANVAAR NIE, ELKE DAG VAT EK MAAR SOOS HY KOM.
SOMS SIT EK IN DIE AAND VOOR DIE TV EN DAN SAL DAAR N PROGRAM OP WEES WAARIN GAYS IS, EK DINK NIE HULLE IS FRATSE NIE, EK KYK DIEPER AS DIT, WANT HULLE IS OOK MAAR NET MENSE MET GEVOELENS NET SOOS ENIGE ANDER MENS, HULLE KRY OOK SEER EN BLOEI OOK SOOS ENIGE ANDER MENS.
EK WEET NET NOGSTEEDS NIE HOE HAAR PA GAAN REAGEER DAAROP NIE. EK HOOP MAAR NET DAT HY BY DIT SAL VERBY KYK EN SY KIND SIEN. WANT DIT IS TOG MAAR PER SLOT VAN REKENING WAT SY GAAN BLY. ONS KIND, MAAK NIE SAAK OF SY REGUIT OF SKEEF IS NIE.
VIR MY SAL SY NOOIT SKEEF WEES NIE. SY IS GESOND EN PRAGTIG, EN EK BID ELKE AAND DAT ONS VADER HAAR OP DIE REGTE PAD SAL LEI EN DAT SY DALK NET AAN N IDENTITEITS KRISIS LEI, EN DAT ALLES EEN GOEIE SONSKYN OGGEND NET SAL TERUG KEER NA NORMAAL TOE.
EK HET SELFS AL SAAM MET HAAR DEUR N LIEFDES TELLEURSTELLING GEGAAN, EK WEET OOK HOE DIT VOEL OM VERLIEF TE WEES EN DAARDIE PERSOON IS NIE VIR JOU BEDOEL NIE. AL WAT SY NOG MOET LEER IS DAT ALMAL NIE SO SPESIAAL SOOS SY IS NIE, EN DAT SY NIE SO GROOT KEUSES IN HAAR LIEFDES LEWE GAAN HE SOOS ANDER MENSE NIE.
EK DINK SY VERSTAAN DIT NOU.
EK HOOP NET DAT ANDER MENSE MY KIND OOK SAL SIEN SOOS EK HAAR SIEN, MAAR DIS SEKER NIE MOONTLIK NIE WANT EK SIEN HAAR DEUR DIE OE VAN N MOEDER, EN IN MY HART SAL SY ALTYD MY KIND BLY, MET DIE GROOT BLOU OE EN DONKER OOGWIMPERS.......