Thursday, April 30, 2009

Die Hemel het n nommer


Ek wil my ma bel, ek moet met haar praat. Ek wil haar stem hoor, maar ek kan nie, want die hemel het nie n nommer nie. Nie onder die H's in die gids nie, ook nie in die geelbladsye nie. In hierdie tegnologiese eeu met sy satteliet is daar geen direkte lyn hemel toe nie.

Een nag droom ek dat ek deurkom hemel toe.

"Kan ek met my ma praat? net vir drie minute,asseblief?"

"By watter afdeling is sy?" vra n sagte stem

Afdeling?

"Seker sy hekel en brei. Haar hande was nooit stil as sy tv gekyk het nie."

Maar die stem se: "Ons het nie n hekel-of-brei afdeling nie. Ons is omvou deur warmte,ons dra nie klere nie"

"Dan die bak afdeling" se ek, "natuurlik sal sy daar wees.Na haar dood het ek haar laaste stukkies beskuit uit my blik gaan haal en dit gevries. Ek sou dit nie kon eet nie. Ek moes dit hou...vir, kyk"

Maar die stem se:"Ons leef hier van die vrugte van die gees"

"Probeer dan asb die tuin afdeling" wat n planter was sy nie! Sy het vir my n aarbei steggie geplant wat n aarbei tuin geword het.

Maar die stem antwoord:"Ons saai nie en ons plant nie. Ons besit die ewige saad."

Ek raak desperaat:"Watter afdelings is daar dan?"

Die stem se sag:" Ons het kore."

"Kore? Nee ek weet darem nie, sy was nooit n voorsanger nie, wat nog?"

Die stem raak nie ongeduldig nie: "Daar is ook hulle wat sit"

"Sit, hulle net?" vra ek nuuskierig. "Ek het my ma nooit sien sit nie."

"Hulle sit en luister" antwoord die stem.

"O ja! Sy sal daar wees. Ek moes geweet het" jubel ek. "Sy was n luisteraar, haar oe, haar gesig, haar hele lyf het saam geluister, kan ek met haar praat?" vra ekmopgewonde. "Ek is seker sy sal bly wees"

"Hulle wat sit en luister word nooit onderbreek nie" se die stem baie sag. "As jy wil kan jy saam luister"

Die droom is verby, maar die oggend onthou ek dit, en toe ek kniel om te bid, bid ek nie, ek luister. Die stem het immers gese ek kan saam luister. Ek luister en hoor n stilte vol vrede, en in die vrede is daar troos, in die troos arms wat my vashou. en dit voel soos my ma se lyf, nee, beter, volkome. Dit verdryf die verlange en verdriet en ek word bewus van die direkte lyn hemel toe, die lyn wat daar was voordat almal so slim geword het nie. Die nommer word nooit beset nie, hoef nie eens n nommer te onthou nie want die hemel is net n kniebuig weg!


Tuesday, April 28, 2009

Thankful

God wouldn't give you the ability to dream without the ability to make your dreams come true.

I am Thankful...I can walk.There are those who have never taken their first step.
I Am Thankful...I can see the beauty all around me.There are those whose world is always dark.
I Am Thankful ...I can hear music playing.There are those who entire life has been spent in silence.
I Am Thankful....My heart can be broken.There are those who are so hardened they cannot be touched.
I Am Thankful...I can move about freely and express my beliefs.There are those who live in constant fear.
I Am Thankful...I have been loved.There are those for whom no one has ever cared.
I Am Thankful...I can work.There are those who have to depend on others for even their most basic needs.
I Am Thankful...For the opportunity to help others.There are those who have not been so abundantly blessed as I.



The loveliest day comes
when YOU wake up to find
that love still covers your world
thru' people who truly care &
never fail to remember YOU.

Vir alle Mammas




Die is vir al die mammas wat hulle sterre vries op die metaal paviljoen by die rugby of krieket wedstryd in plaas daarvan om dit van die warmte van die kar sitplek af te kyk sodat as die outjie vra "Het ma dit gesien" dan kan jy antwoord "Maar natuurlik, ek sal dit vir niks in die wêreld mis nie" en dit bedoel uit hulle harte uit.

Dit is vir al die mammas wat honger bly sodat hulle kinders kan eet.Dis is vir al die mammas wat hulle seuns leer kook en hulle dogters leer om 'n goeie opstopper te kan gee.

Dis is vir elke moeder wie se kop outomaties draai as hulle 'n stemmetjie hoor "mamma" sê in 'n winkel al het hulle nie hulle kinders saam gebring nie - of hulle is ver van die huis af.

Dit is vir mammas wie se kinders die pad byster geraak het, en die wat nie bereik kan word nie.

Vir al die mammas wat hull lippe byt tot dit bloei vir die 15 jarige wat nou weer haar hare swart met pienk strepe gaan kleur het, en in n "mowhawk" haarstyl gaan sny het.

Wat maak 'n goeie Moeder in elk geval?

Is dit geduld?

Is dit deernis?

Is dit die breedte van die heupe?

Is dit die vaardigheid om terselfdertyd 'n baba te voed, kos te kook en 'n knoop aan te werk?

Of is dit net eenvoudig haar liefdevolle HART?

Is dit die pyn wat jy voel as jy jou seun of dogter sien verdwyn om die hoek oppad skooltoe - alleen - vir die eerste keer?

Is dit die paniek, jare later, wat weer kom, om 2 uur in die oggend as jy wakker lê en wag om die gerustellende geluid van die sleutel in die voordeur hoor en weet nou kan jy slaap, hulle is veilig onder jou vlerk terug?

Of is dit die gevoel om te hardloop en jou kind 'n drukkie te gaan gee as jy hoor van 'n brand, 'n kar ongeluk, of 'n kind wat sterwend is?

En ouer mammas wat moet leer om te laat gaan.

Vir werkende mammas en vir by-die-huis mammas.

Enkel mammas en getroude mammas.

Mammas met geld en mammas sonder geld.

Dit is vir julle almal.

Vir ons almal.

"hang in there"Op die ou end doen ons die beste na ons vermoë.

Vertel hulle elke dag dat jy lief is vir hulle en vir hulle bid.

Ek stuur hierdie boodskap aan al die mammas wat al my pad gekruis het in die lewe.
"Home is what catches you when you fall - and we all fall." xxxxxxxxxxx

Wednesday, April 15, 2009

Wie het nog so maatjie?






My lewe lank was my ma my beste maatjie, ek kon alles met haar deel, en haar enige iets vra en as dit menslik moontlik was sou sy dit vir my gedoen het. Tot so sewe jaar gelede, toe my ma oorlede is. Ek het nie geweet hoe ek die lewe sal aanpak sonder haar nie, en ek het ook baie daaroor gebid. En toe stuur die Liewe Vader vir my n ander maatjie in haar plek. Een wat ook alles vir my sal doen as dit menslik moontlik is. Gou het ek besef dat ek haar kan vertrou met alles, ek kon haar my grootste geheim vertel en dit sou veilig wees by haar, net soos by my ma.



n Maatjie wat nie twee keer sou dink om alles op te offer vir my nie. Ek is baie lief vir haar, en se elke aand dankie vir so n maatjie. n Maatjie wat my baie bederf, en altyd my belange op haar hart dra. n Maatjie wat nie skroom om my te bederf nie. Wie het nog so n maatjie soos ek, wat haar werk net so sal los en hospitaal toe jaag omdat ek emosioneel is? Wie het nog so maatjie wat haar voete sal versorg omdat my hakke droog en oopgebars is? Wie het nog so maatjie, wat haar elke aand vir n hele week sal masseer en in smeer met "deep heat" omdat my spiere in spasma is? Wie het nog so maatjie wat vir haar sal potjie kos maak,terwyl sy siek is en glad nie lekker voel nie?
Wie het nog so n maatjie, waarmee ek al my probleme en sorge kan deel, en wat altyd raad het vir my, en n oor om te luister, n skouer om op te huil, n drukkie in tye van emosionele nood, n glimlag wanneer dit voel asof alles om my wil vergaan, n maatjie vol omgee en liefde!
My kinders sit my hele hart vol, my man is my hart se punt, en in die middel van dit alles sit my maatjie!


Ek wonder of daar nog so n maatjie is op hierdie aardbol? Ek glo nie want ek het haar reeds gekry!


Lovies

Jou maatjie






Tuesday, April 14, 2009

MOEKIE

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MAMS IN DIE OGGEND WAKKER TE KON MAAK MET N KOPPIE KOFFIE, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM SAAM MET MAMS OP DIE BED TE SIT EN KUIER TERWYL ONS KOFFIE DRINK, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM VIR MAMS ONTBYT TE KAN MAAK, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM SAAM MET MAMS INKOPIES TE KAN DOEN, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MAMS SE RUG TE WAS, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MAMS SE VOETE MET ROOM IN TE SMEER, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MAMS SE HARE MET GROOT SORG TE DOEN, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM VIR MAMS N BEHOORLIKE AAND ETE VOOR TE BEREI, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM SAAM MET MAMS TV TE SIT EN KYK, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MAMS TE VERSORG, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM N FOTO TE NEEM SAAM MET MAMS, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM SOMMER NET LUI LEKKER SAAM MET MAMS TE KAN KUIER, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM VIR MAMS TE SING, VAN N MOEDER SE LIEFDE, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY, OM MAMS SE RAAD TE VRA, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM DIE GOEDKEURING IN MAMS SE OE TE SIEN, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM SAAM MET MAMS TE KAN BID, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM SAAM MET MAMS TE SIT EN BREI, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MAMS TE HOOR LAG, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY, SOU EK DIE BESTE DOGTER OOIT WEES, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MY KINDERS VIR MAMS TE WYS, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MAMS SE HAND VAS TE HOU, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM MY KOP OP MAMS SE SKOUER TE LE, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM AL MAMS SE SORGE TE KON WEG VAT, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM DANKIE TE SE VIR AL DIE JARE SE OMGEE, MAAR EK KAN NIE...

AS EK NET NOG EEN GELEENTHEID KON KRY OM TE SE EK IS LIEF VIR MAMS, MAAR EK KAN NIE...

EK KAN NIE, WANT MAMS IS BY DIE ENGELTJIES, EK WIL OOK DAAR WEES, MAAR EK KAN NIE....

MAMS SE DOGTER.

Monday, April 13, 2009

EK HET JOU SO LIEF

EK HET JOU SO LIEF, EK WIL ALTYD JOU OE SIEN BLINK,
EK SAL VIR JOU STERF IN N OOGWINK.

EK HET JOU SO LIEF, SOMS MAAK DIT MY SEER,
MAAR EK VRA NIKS MEER.

EK HET JOU SO LIEF, EK WIL JOU SIEN GLIMLAG,
JY HET MY TOTAAL IN JOU MAG.

EK HET JOU SO LIEF, EK WIL JOU IN N LIEFDES KOMBERS TOEVOU,
EN JY KAN ALTYD OP MY VERTROU.

EK HET JOU SO LIEF, EK SAL JOU NOOIT SEER MAAK,
EN VIR EWIG SAL EK OOR JOU WAAK.

EK HET JOU SO LIEF, JY KAN OP MY LIEFDE ROEM,
WANT EK SAL ENIGE IETS VIR JOU DOEN.
EK HET JOU SO LIEF!

SONDAG AAND

DIS SONDAG AAND EN NOG N WEEK IS VERBY. DIT STEM MY SO BIETJIE WEE MOEDIG, SEKER OMDAT EK BESEF DAT DIE WEEK WAT VERBY IS, TOT DIE VERLEDE BEHOORT EN DAT EK DIT NOOIT WEER OOR SAL KAN HE NIE. AMPER SOOS N VLOEIENDE WATERSTROOMPIE, AS DIE WATER EEN KEER DAAR VERBY GEVLOEI HET SAL DIT NOOIT WEER VIR N TWEEDE KEER DAAR VERBY KOM NIE. DIS DAN VERBY VIR EWIG. DAAR SAL WEER NUWE WATER VERBY VLOEI MAAR NOOIT WEER DIESELFDE WATER NIE.
SONDAG AAND MAAK ALTYD N WARBOEL VAN EMOSIES IN MY WAKKER, EN EK KON NOG NOOIT VERKLAAR HOEKOM NIE. HALF HARTSEER, HALF OPGEWONDE, HALF GELUKKIG, HALF VERLORE, HALF EMOSIONEEL. DAN BESEF EK DAT EK HARTSEER VOEL OMDAT NOG N WEEK VAN MY LEWE SO VINNIG VERBY GEVLIEG HET, EN AL HOEWEL EK MY HALF BESIMPELD GEHARDLOOP EN GEWERK HET, EK NIE EINTLIK IETS GEDOEN HET NIE. HALF OPGEWONDE, OMDAT EK NIE WEET WAT DIE NUWE WEEK VIR MY GAAN IN HOU NIE, DIT BLY ALTYD N RAAISEL. GELUKKIG OMDAT EK WEET DAT EK MY MAN EN KINDERS BY MY HET, EN HULLE HIERDIE WEEK WAT VERBY IS SAAM MET MY GEDEEL HET, EN DIE NUWE WEEK WAT VOORLE SAAM MET MY SAL AAN PAK. VERLORE, OMDAT EK ALTYD VIR DIE EEN OF ANDER REDE OP N SONDAG AAND ALLEEN EN EENSAAM VOEL, ASOF EK DIE ENIGSTE MENS OP AARDE IS, ALHOEWEL EK TUSSEN DIE MENSE IS WAARVOOR EK LIEF IS EN WAT VIR MY DIERBAAR IS. EMOSIONEEL OMDAT EK NA MY ANDER KINDERS WAT NIE BY MY IS NIE VERLANG, EN WONDER HOE HULLE, HULLE WEEK AFGESLUIT HET, EN HOE HULLE, HULLE NUWE WEEK GAAN BEGIN, EN OF HULLE DAREM HIERDIE WEEK EENKEER AAN HULLE MA GEDINK HET.

DAN KOM EK TOT N GEVOLGTREKKING, ALHOEWEL EK ALLEEN EN EENSAAM VOEL IS EK NOOIT ALLEEN NIE, EK HET MY MAN EN KINDERS BY MY, EN ALHOEWEL AL MY KINDERS NIE BY MY IS NIE IS HULLE VIR EWIG IN MY HART GEGRAVEER, EN HOEF EK NET MY OE TE SLUIT OM BY HULLE TE KAN WEES.

Monday, April 6, 2009

My Engeltjie

Vandag wil ek vir julle vertel van hoe ek my engeltjie gekry het.

Ek is so pas deur n baie moeilike egskeiding, en het die afgelope paar maande geveg om my lewe. Ek het nie meer kans gesien vir die lewe nie, en net toe ek dog alles is wanhopig, toe gebeur die wonderwerk in my lewe en stuur ons liewe Vader vir my, my eie engeltjie. Dit het so gebeur. Ek was saam met n vriend oppad na n pub om te gaan kyk hoe een van sy vriende sing. Voordat ons pub toe is, het ons eers by die vriend van hom se huis gestop om te hoor hoe laat hy begin sing. Ek het in die bakkie gewag terwyl hy gou sou gaan uitvind. Deur die venster het ek die mooiste man gesien wat my oe nog aanskou het. Ek het gesit en wonder wie hy is en waar ek hom dan in my lewe mis geloop het? In ieder geval het my vriend toe uitgekom bakkie toe en my kom haal. Bleikbaar kon sy vriend nie meer gaan sing nie vir die een of ander rede wat ek op daardie stadium nie gehoor het nie, want my ore het gesing, my bloed het vinnig deur my are gebruis, en ek het skoon duiselig gevoel toe ek uit die bakkie klim en my bene my gewillig agter hom aan dra. By die deur het hierdie mooi man voor my gestaan, met n glimlag nog mooier as wat hy was. Ek het begin bewe, soos iets wat gif ingekry het, my hart het bokspringe gemaak en ek was bang as ek my mond oopmaak sou hy by my keel uit bons van opgewondenheid. Ek het nie geweet wat sy naam is, waar hy vandaan kom, wat hy doen, of hy getroud is of wat nie, maar een ding het ek verseker geweet, hierdie is my man wat hier voor my staan. Ek het nooit in liefde met die eerste oogopslag geglo nie, maar nou het ek geweet dat dit defnetief bestaan. Ek was verlief tot oor my ore. Ek het verdrink in sy mooi blou oe. Ek het nie n woord gehoor wat enige iemand se nie, behalwe die soet klank van sy stem, dit het in my hart gaan sit en soos n cd wat vashaak oor en oor gespeel.
n Rukkie later het my vriend gese dat ons moet ry, maar my bene en hart was nie gewillig om hom nou al te laat gaan sonder dat ek weet of ek hom ooit weer sou sien nie, maar die feit dat ek geweet het op die een of ander manier is hierdie my man wat hier voor my op die mat sit, het bo alles uitgestaan. Ek het my vriend onwillig gevolg bakkie toe, en het nie geweet hoe ek een dag sonder hom sou omkry nie. Ek het nou in my eie droom wereld geleef. Ek het toe sommer skielik n aangeplakte siekte ontwikkel, sodat ek net kon huis toe gaan, maar ek kon ook nie ontslae raak van hierdie vriend nie want hy was die enigste skakel tussen my en hom.
Daardie aand toe ek by die huis kom, waar ek saam met my ma en my drie kinders gebly het, het sy my net een kyk gegee en vir my gevra wie is die gelukkig man? Natuurlik het ek haar gevra wat sy nou eintlik bedoel? Sy het vir my gese dat daar sterretjies in my oe was soos wat sy nog nooit in haar lewe gesien het nie. Toe het ek haar van hom vertel.
Daardie nag het ek die mooiste drome gedroom, en die volgende oggend het ek wakker geword en werklik waar weer die mooi in alles om my begin sien, maar die mooiste het nog steeds duidelik voor my geestesoog gebly staan, my engeltjie met die mooi blou oe. Alles wat ek gedoen het en waar ek gegaan het, het ek daardie mooi blou oe voor my gesien.
Twee weke het verby gegaan en nogsteeds weet ek niks meer van hom as voorheen nie, behalwe dat my vriend elke aand vir my vertel het, dat hy dink my engeltjie gaan my steel, want hy wou alles van my weet en alles weet wat ons elke aand gesels het wanneer hy by my kom kuier het.
Dit het my hart baie goed gedoen om dit te weet.
So gaan ek toe een aand saam met my vriend na sy werk plek toe, en daar staan hy toe so waar lewens groot voor my. Eindelik het ons in die bakkie geklim om te ry, en hy het langs my opgeland. Ek kon sy liggaam se waremte langs my voel, as ek werklik hard geluister het sou ek seker sy hartklop ook kon hoor so naby was ek aan hom, maar tog ook so ver.
Die gesprek het in die rigting van hare sny geloop en toe hy vra wie sy hare kon sny het ek amper te vinnig gese dat ek dit sal doen.
So het dit dan gekom dat hy n week later saam met my vriend by my ma se woonstel opdaag vir n haar sny. Ek het nie geweet hoe ek dit sou reg kry nie, want ek bewe so wanneer hy naby is dat ek bang was ek sny my vingers af. Ek het sy hare in die wasbak gaan was, en vir die eerste keer in my lewe het hare was vir my nuwe betekenis gekry.
Ek het sy mooi blonde hare gesny en geblaas, en te gou het die aand verby gegaan en was dit tyd vir hulle om te ry. Dit het gevoel asof daar n stuk van my hart my ook verlaat toe hy by die deur uit loop. Daar was geen vooruitsig of hoop dat ek hom weer sou sien nie.
So het n week verby gegaan en skielik is daar een Donderdag middag n klop aan ons woonstel deur, toe my ma die deur oopmaak staan hy lewens groot in die deur. Hy dis toe n storie aan my op van my vriend wat by die weegbrug in Durban toegesluit is omdat sy trok oorlaai was en dat hy na my vra, en ek moes saam met hom ry, sodat hy my by hom kon gaan aflaai, nadat my ma gese het dat sy na my kinders sal kyk is ek toe sak en pak daar uit om saam met hom Durban toe te ry na my vriend toe, ek kon aan niks anders dink as die pad Durban toe en dat dit gelukkig ver is nie.
So het ons dan die pad Durban toe aangepak, onnodig om te se in die trok het ons oor alles gepraat en die een gesprek het tot die ander gelei, en kort voor lank het hy vir my gevra of hy maar sy hemp kan uit trek want hy kry warem, my hart het amper gaan staan toe hy wel sy hemp uit trek. In die skadu van die trok kon ek nie baie duidelik sien nie maar dit wat ek wel kon sien was genoeg om my hart wilde bokspringe te laat gee. Kort voor lank het hy vir my vertel dat hy vir die mense by wie hy bly gese het dat ek sy toekomstige vrou is, en dat hulle, hulle wou dood lag daaroor, en toe kom ek ook maar uit met die hele sak patats, en wat ek vir my ma gese het.
Toe is die koeel deur die kerk, ek was verlief, en hy was verlief.
Dis nou sewentien jaar gelede, en ons is baie gelukkig. Ons is getroud en uit ons huwelik is daar twee pragtige kindertjies gebore. Toe ek hom net ontmoet het, het ek nie gedink dat dit moontlik is om hom nog liewer te he as toe nie, maar ek het, hom nog liewer as sewentien jaar gelede.......

Sunday, April 5, 2009

My Sonstraaltjie.

Al ooit gewonder hoe dit moet voel om n sonstraaltjie elke dag by jou te kan he? Ek het ook, en toe eendag besef ek skielik dat ek wel so gelukkig is om n stukkie van die son se strale in my lewe te he. Met sy blou ogies en blonde haartjies is hy n regte sonstraaltjie. Wanneer tye vir my donker word en dae maar grou lyk dan is hy altyd daar met n drukkie en n soentjie en die woordjie "Mammie" en dan word my hart week en weet ek dat hy my lewe die moeite werd maak. Soms wonder ek tot wat hy alles in staat is deur sy liefde vir my, ek sou hom enige iets kon vra en as dit menslik moontlik is sou hy dit vir my doen, en daarom is my moeder hart vanaand so vol liefde en geluk, dat dit alles sommer net oor borrel. Wanneer die ander kinders baklei en lelik is met my, dan is hy altyd daar en sit sy armpies beskermend om my nek net sodat ek moet weet dat hy nog daar is vir my, wanneer ek hartseer is en die trane stil oor my wange rol dan is hy daar om vir my te vra wat fout is, en om my te troos. Wat sal ek tog doen sonder hierdie sonstraaltjie van my. Van die dag dat hy gebore is bring hy nog elke dag n glimlag na my lippe en n glinstering in my oe, want ek is so lief vir hom.
Een van sy groot begeertes is om New York toe te gaan, en ek begeer dit vir hom met my hele hart en siel, maar wanneer en hoe ek die wens van hom sal kan vervul weet net ons goeie Vader alleen, ek sou so graag vir hom ook n stukkie van die son straaltjie wat hy elke dag in my lewe sit vir hom wou terug gee, maar ek is maar net n moeder met n wens in my hart........

Weet jy wat dit is?

Weet jy wat dit is?
Om saans te gaan slaap en nie eens te wis
of jy nog bestaan?

Weet jy wat dit is?
Om deur die donker nag te gaan met die
heimlike wens dat jy naby my is?

Weet jy wat dit is?
Om soggens te ontwaak en te wonder
of jy al wakker is?

Weet jy wat dit is?
Om deur die dag te gaan met stille bede
dat jy veilig is?

Weet jy wat dit is?
Om gedurig aan iemand te dink
wat jou dalk mag nodig he?

Weet jy wat dit is?

Thursday, April 2, 2009

Die lewe is so mooi

n Mens is so gewoond aan al die voorregte wat jy het, dat mens nie meer die mooi om jou sien nie.
Soos die engelse spreekwoord lui ons vat alles "for granted".
Vanoggend oppad werk toe sien ek die kosmos blommetjies langs die pad, en tussen die lang vaal gras is hulle in volle blom, pienk, pers, en wit. Dit gee kleur en lewe aan die vaalheid van die gras, terwyl herfs besig is om vinnig op ons toe te sak. Dit was mistig buite, en die karre op die highway is soos miere wat skarrel, van hierdie baan na daardie baan.
Dis doodstil in ons bakkie terwyl ons werk toe ry, elkeen is besig met sy eie gedagtes. Dan sien ek die son se strale deur die mis breek, en ek besef hoe gelukkig ons is om elke dag die son te sien op kom en dan weer in die aand die son te sien sak en die maan wat sy plek vul. Hoeveel mense is daar regtig wat dit as vanselfsprekend aanvaar? En hoeveel mense is daar wat dankie se daarvoor en dit regtig waardeer? Ek kan myself nie indink hoe ons wereld sou gewees het sonder n son en n maan nie. Kan myself net indink hoe donker en grou alles sou gewees het. En hoe donker die nag regtig sal wees sonder n maan en sterre om vir ons bietjie lig te gee, en alles in n blink glans te hul. Hoe sou ons wereld gewees het sonder bome en blomme? Ook maar bra vaal dink ek. Ek was n tyd gelede in die karoo en daar was geen blomme nie, net gras polle so ver as wat jou oog kan sien, en alhoewel dit vir baie mense mooi is, is dit vir my vaal en dood, so asof daar geen lewe is nie. Ek kan myself net indink hoe dit moet wees as ons hele wereld so moes gelyk het. Dan wonder ek hoeveel mense daar is wat dit werklik waardeer? Die blommetjies wat wild in die veld groei, en die groen bome wat skadu bied teen die hittige son?
Maar so ry ons toe nou werk toe, elkeen met sy eie gedagtes. Dis Vrydag vandag en n kort dag vir ons. Ek voel moeg want ek het nie regtig lekker geslaap nie, en ek dink hoe lank die dag voor my uitgestrek le. En dan skielik asof van nerens besef ek hoe gelukkig ek eintlik is om te kan se ek is oppad werk toe. Hoeveel mense is daar wat nie werk het nie, wat sukkel om werk te kry? Dan is ek dankbaar dat ek n werk het, en besef dat ek nie moet kla nie. Wat sou ek gedoen het as ek nie vandag kon werk toe kom nie omdat ek nie n werk het nie? Ek dink so rukkie daaroor na en besef dan dat my lewe vaal en vol bekommernis sou gewees het.
Ek wonder ook hoeveel mense daar is wat n werk het, en dan nie dankbaar daarvoor is nie? Ek kom tot die gevolgtrekking dat die mense spesie maar n ondankbare klomp wesens is.
Ek wonder ook hoeveel mense in die oggend wakker word, in n lekker sagte warem bed met n dak veilig oor ons koppe en die voeltjies hoor fluit, en dan stil n gebedjie opstuur om dankie te se vir dit alles? Ek wonder ook hoeveel mense elke dag dankie se vir hulle gesondheid, en dat hulle wakker kon word om al die wonderwerke van ons heelal te kan ervaar? Inteendeel hoor ek mense oral om my net kla, oor die slegte ekonomie van ons land, en omdat brandstof pryse alweer begin klim, oor kos pryse so hoog is, en omdat daar so baie "crime" in ons land is. Ek kom weer tot n gevolgtrekking: Mense is ondankbaar.
In plaas van dat ons dankbaar is vir al die klein wonderwerkies in ons lewens, soos kos, klere, n bly plek, n motor, kinders, ons eggenote, en vriende, gesondheid, welvaart,die voorreg om ons godsdiens vrylik te beoefen, en liefde wat ons vrylik kan uitdeel, n glimlag, en n woordjie van bemoediging, is ons altyd ondankbaar oor dit wat om ons aan die gebeur is, maar as ons geloof op die regte plek is sal ons nie bekommerd wees daaroor nie, maar eerder dankbaar wees vir dit wat ons alles het.

Wednesday, April 1, 2009

1 April 2009



1 April 2009
Dis n spesiale dag vir my. Dis vandag my oudste dogter se 18 de verjaardag, en ek onthou haar geboorte nog soos gister. Ek onthou nog die pyn vir drie dae aan een, toe die dokters probeer om haar geboorte te keer omdat dit 3 weke te vroeg was, maar moeder natuur het daarteen besluit en sy is 18h05 Maandag aand 1 April 1991 gebore. Sy het soos n regte porselein poppie gelyk, so klein en fyn. Blonde haartjies en blou ogies, tien toontjies en tien vingertjies. Skaars 2kg by geboorte, n volle 1,425 kg, ja dis baie klein met n bo beentjie van haar heupie tot by haar kniegie n volle 2cm lank. Sy kon net 5 ml melk drink elke drie ure, en behalwe dat n mens haar nie kon hoor huil nie was alles anders perfek aan haar.
Ek kon nie ophou kyk na haar nie, daar waar sy in neo-natal gele het, het ek langs haar broeikassie gestaan vir ure en kyk hoe hulle haar voer met n buisie deur haar klein neusie, die doek wat onder haar gele het, het omtrent haar hele lyfie toegemaak, en hulle kon nie die doek vas maak nie want sy was te klein. Klein en breekbaar. Alhoewel sy my derde kind was, het ek hierdie onbeskryflike liefde vir haar in my hart gevoel, soos net n moeder kan. Op einde laas na n week in die hospitaal en baie goeie vordering van haar kant af, is ek met hierdie klein bondeltjie liefde in my arms huis toe. Soms het ek in die nag opgestaan by haar kotjie gaan staan my vinger nat gelek en voor haar neusie gehou om te voel of sy nog asem haal. Sy was n baie soet babatjie, en het nooit gehuil nie en wanneer sy wel gehuil het was dit net piep geluidjies soos n muis.
Ek was baie beskermend oor haar want sy was my enigste dogtertjie op daardie stadium, die ander twee was altwee seuntjies en ma se bulletjies.
Ek het net daar en dan gesweer dat ek nooit so toelaat dat enige iemand of enige iets haar seer maak nie, en ek het my woord goed gestand gedoen, totdat sy begin groter word het. Haar eerste skool dag sal ek ook nooit vergeet nie. Sy het so klein en weerloos gelyk in die myle te groot skool rokkie maar was so dapper, terwyl ek met n hengse knop in my keel toegekyk het hoe sy met haar tassie die klaskamer binnestap en terug kyk en vir my waai. Dit was n baie lang dag. Eindelik was dit tyd om haar te gaan haal by die skool. Sy het geskitter en was mal oor die skool met al die maatjies. Op daardie stadium het ek toe alreeds vir n hele paar jaar geweet dat sy moes gaan vir n hart operasie. Sy het ASD gehad. Atrial Septum Defect. Wat beteken dat haar kleppie tussen haar boonste twee hartkamers nie groot genoeg was om die bloed normaal deur haar hartjie en liggaam te pomp nie. Dit kleppie sou moes vervang word, maar ek het nie kans gesien vir dit nie. Eendag het ek per toevallig met my huis dokter gesels oor haar mangeltjies wat ek wou laat uit haal omdat sy konstant kroniese mangelontstekking gehad het. Hy het vir my gese dat n eenvoudige operasies soos n mangel operasie of n blinde derm operasie haar lewe kon kos. En toe het ek eintlik eers besef hoe noodsaaklik die operasie is want as ons bv in n ongeluk sou kom wat sou vereis dat sy narkose moes kry kon my kind sterf. Ek het dadelik reelings getref vir die operasie voordat my moed my begewe het. En so het dit toe gekom dat sy in die middel van haar gr 1 jaar moes gaan vir die hart operasie.
Ek en haar pa was baie angstig oor die operasie, maar dit was n ding wat moes gedoen word. Die Maandag oggend was ek en haar pa vroeg by die hospitaal in Sandton en het angstig met knoppe in ons kele en trane in ons oe in afwagting gewag dat hulle haar moes kom haal teater toe. Tien duisend goed het in elke sekonde deur my brein geflits, se nou maar net........
Tien uur het hulle haar kom haal en ons gemoedere het nou hoog geloop. By die teater kon ek en haar pa net tot voor die groot rooi streep gaan en toe die tyd aanbreek dat hulle haar moet weg vat het sy soos n klein apie opgespring en met armpies styf om haar pa se nek en haar beentjies om sy lyf gekrul het sy gesmeek dat hulle haar nie moes weg vat nie. Ek het die blink trane sien rol oor my man se wange en toe kon ek myne nie meer keer nie. Hulle het haar amper met geweld van hom af los gemaak en haar op die bed gesit terwyl sy nou histeries gehuil het. My hart het in twee geskeur en die trane het vrylik oor my wange gerol, so ook haar pa sin. Hy het my weggevat uit die teater uit, totdat ek nie meer haar histeriese gehuil kon hoor nie. Ons het gaan koffie drink by vriende in n kantoor, maar ek wou net terug hospitaal toe, my gedagtes, my hart my alles was op daardie stadium iewers in n groot hospitaal in n koue teater, waar my dogtertjie op n bed gele het terwyl hulle haar hartjie moes oopsny, dit het 10 000 maal deur my gedagtes geflits totdat ek wou gek word daarvan.
Eindelik is ons terug hospitaal toe, en daar het die minute soos ure gevoel en die ure soos dae, dit was die langste 4 ure van my lewe gewees. Eindelik het die dokter in die gang verskyn en my bene kon my nie vinnig genoeg na hom toe dra nie. Die operasie was n sukses het hy gese en toe knak my bene onder my en voel ek hoe alles wil swart word voor my, maar gelukkig was my man se sterk arms daar om my vas te hou, nou het die trane vrylik oor my wange gerol van blydskap dat die Liewe Vader my kind vir my veilig gehou het.
Sy is dadelik ICU toe maar was die volgende dag terug in die gewone saal en drie dae later is ons huis toe met haar. Sy het wonderbaarlik gou herstel, en het goed gevaar op skool en was my hart se trots. Sy was nog altyd n liefdevolle sensitiewe kind.
So het sy groot geword en was my staatmaker, koffie maak, kos maak, huis skoon maak, wasgoed was en stryk, ek kon haar enige iets vra en sy was daar om dit vir my te doen met n plesier.
Ek was baie trots op haar.
Toe kom die dag dat sy n "boyfriend" kry. My hart wou haar nie laat gaan nie maar my kop het gese dat ek haar nie vir ewig kon vas hou nie.
Sy is toe getroud met my beste vriendin se enigste seun. Soms wanneer sy huil of seerkry breek my hart nogsteeds vir haar, maar ek weet nie meer hoe om altyd te troos nie. Toe sy klein was en haar kniegie stukkend geval het kon ek n pleister op plak en n soentjie op haar voorkoppie druk terwyl sy styf in my arms gesit het, en dan sou die seer verdwyn, maar noudat sy groot is weet ek nie hoe om die seerkry uit haar hart te haal nie, behalwe om te bid en Ons Hemelse Vader te vra om haar toe te vou met Sy beskermende Hand van Liefde.
En wanneer ek haar oe sien blink en haar mooi glimlag sien, dan weet ek dat dit wat die afgelope 18 jaar gebeur het alles met n doel gebeur het, en dat ek vir ewig dankbaar sal bly vir n dogterjie met blonde haartjies en blou ogies...........