1 April 2009
Dis n spesiale dag vir my. Dis vandag my oudste dogter se 18 de verjaardag, en ek onthou haar geboorte nog soos gister. Ek onthou nog die pyn vir drie dae aan een, toe die dokters probeer om haar geboorte te keer omdat dit 3 weke te vroeg was, maar moeder natuur het daarteen besluit en sy is 18h05 Maandag aand 1 April 1991 gebore. Sy het soos n regte porselein poppie gelyk, so klein en fyn. Blonde haartjies en blou ogies, tien toontjies en tien vingertjies. Skaars 2kg by geboorte, n volle 1,425 kg, ja dis baie klein met n bo beentjie van haar heupie tot by haar kniegie n volle 2cm lank. Sy kon net 5 ml melk drink elke drie ure, en behalwe dat n mens haar nie kon hoor huil nie was alles anders perfek aan haar.
Ek kon nie ophou kyk na haar nie, daar waar sy in neo-natal gele het, het ek langs haar broeikassie gestaan vir ure en kyk hoe hulle haar voer met n buisie deur haar klein neusie, die doek wat onder haar gele het, het omtrent haar hele lyfie toegemaak, en hulle kon nie die doek vas maak nie want sy was te klein. Klein en breekbaar. Alhoewel sy my derde kind was, het ek hierdie onbeskryflike liefde vir haar in my hart gevoel, soos net n moeder kan. Op einde laas na n week in die hospitaal en baie goeie vordering van haar kant af, is ek met hierdie klein bondeltjie liefde in my arms huis toe. Soms het ek in die nag opgestaan by haar kotjie gaan staan my vinger nat gelek en voor haar neusie gehou om te voel of sy nog asem haal. Sy was n baie soet babatjie, en het nooit gehuil nie en wanneer sy wel gehuil het was dit net piep geluidjies soos n muis.
Ek was baie beskermend oor haar want sy was my enigste dogtertjie op daardie stadium, die ander twee was altwee seuntjies en ma se bulletjies.
Ek het net daar en dan gesweer dat ek nooit so toelaat dat enige iemand of enige iets haar seer maak nie, en ek het my woord goed gestand gedoen, totdat sy begin groter word het. Haar eerste skool dag sal ek ook nooit vergeet nie. Sy het so klein en weerloos gelyk in die myle te groot skool rokkie maar was so dapper, terwyl ek met n hengse knop in my keel toegekyk het hoe sy met haar tassie die klaskamer binnestap en terug kyk en vir my waai. Dit was n baie lang dag. Eindelik was dit tyd om haar te gaan haal by die skool. Sy het geskitter en was mal oor die skool met al die maatjies. Op daardie stadium het ek toe alreeds vir n hele paar jaar geweet dat sy moes gaan vir n hart operasie. Sy het ASD gehad. Atrial Septum Defect. Wat beteken dat haar kleppie tussen haar boonste twee hartkamers nie groot genoeg was om die bloed normaal deur haar hartjie en liggaam te pomp nie. Dit kleppie sou moes vervang word, maar ek het nie kans gesien vir dit nie. Eendag het ek per toevallig met my huis dokter gesels oor haar mangeltjies wat ek wou laat uit haal omdat sy konstant kroniese mangelontstekking gehad het. Hy het vir my gese dat n eenvoudige operasies soos n mangel operasie of n blinde derm operasie haar lewe kon kos. En toe het ek eintlik eers besef hoe noodsaaklik die operasie is want as ons bv in n ongeluk sou kom wat sou vereis dat sy narkose moes kry kon my kind sterf. Ek het dadelik reelings getref vir die operasie voordat my moed my begewe het. En so het dit toe gekom dat sy in die middel van haar gr 1 jaar moes gaan vir die hart operasie.
Ek en haar pa was baie angstig oor die operasie, maar dit was n ding wat moes gedoen word. Die Maandag oggend was ek en haar pa vroeg by die hospitaal in Sandton en het angstig met knoppe in ons kele en trane in ons oe in afwagting gewag dat hulle haar moes kom haal teater toe. Tien duisend goed het in elke sekonde deur my brein geflits, se nou maar net........
Tien uur het hulle haar kom haal en ons gemoedere het nou hoog geloop. By die teater kon ek en haar pa net tot voor die groot rooi streep gaan en toe die tyd aanbreek dat hulle haar moet weg vat het sy soos n klein apie opgespring en met armpies styf om haar pa se nek en haar beentjies om sy lyf gekrul het sy gesmeek dat hulle haar nie moes weg vat nie. Ek het die blink trane sien rol oor my man se wange en toe kon ek myne nie meer keer nie. Hulle het haar amper met geweld van hom af los gemaak en haar op die bed gesit terwyl sy nou histeries gehuil het. My hart het in twee geskeur en die trane het vrylik oor my wange gerol, so ook haar pa sin. Hy het my weggevat uit die teater uit, totdat ek nie meer haar histeriese gehuil kon hoor nie. Ons het gaan koffie drink by vriende in n kantoor, maar ek wou net terug hospitaal toe, my gedagtes, my hart my alles was op daardie stadium iewers in n groot hospitaal in n koue teater, waar my dogtertjie op n bed gele het terwyl hulle haar hartjie moes oopsny, dit het 10 000 maal deur my gedagtes geflits totdat ek wou gek word daarvan.
Eindelik is ons terug hospitaal toe, en daar het die minute soos ure gevoel en die ure soos dae, dit was die langste 4 ure van my lewe gewees. Eindelik het die dokter in die gang verskyn en my bene kon my nie vinnig genoeg na hom toe dra nie. Die operasie was n sukses het hy gese en toe knak my bene onder my en voel ek hoe alles wil swart word voor my, maar gelukkig was my man se sterk arms daar om my vas te hou, nou het die trane vrylik oor my wange gerol van blydskap dat die Liewe Vader my kind vir my veilig gehou het.
Sy is dadelik ICU toe maar was die volgende dag terug in die gewone saal en drie dae later is ons huis toe met haar. Sy het wonderbaarlik gou herstel, en het goed gevaar op skool en was my hart se trots. Sy was nog altyd n liefdevolle sensitiewe kind.
So het sy groot geword en was my staatmaker, koffie maak, kos maak, huis skoon maak, wasgoed was en stryk, ek kon haar enige iets vra en sy was daar om dit vir my te doen met n plesier.
Ek was baie trots op haar.
Toe kom die dag dat sy n "boyfriend" kry. My hart wou haar nie laat gaan nie maar my kop het gese dat ek haar nie vir ewig kon vas hou nie.
Sy is toe getroud met my beste vriendin se enigste seun. Soms wanneer sy huil of seerkry breek my hart nogsteeds vir haar, maar ek weet nie meer hoe om altyd te troos nie. Toe sy klein was en haar kniegie stukkend geval het kon ek n pleister op plak en n soentjie op haar voorkoppie druk terwyl sy styf in my arms gesit het, en dan sou die seer verdwyn, maar noudat sy groot is weet ek nie hoe om die seerkry uit haar hart te haal nie, behalwe om te bid en Ons Hemelse Vader te vra om haar toe te vou met Sy beskermende Hand van Liefde.
En wanneer ek haar oe sien blink en haar mooi glimlag sien, dan weet ek dat dit wat die afgelope 18 jaar gebeur het alles met n doel gebeur het, en dat ek vir ewig dankbaar sal bly vir n dogterjie met blonde haartjies en blou ogies...........

No comments:
Post a Comment