Ek sit op die bed met my skootrekenaar voor my terwyl my man langs my in die bed le. Hy is siek, het verkoue en voel glad nie goed nie. My kinders is in die sitkamer, ek is omring met my geliefdes maar tog voel ek eensaam en alleen....so vreeslik alleen, en dan kan ek nie help om te dink dat mens alleen in die wereld gekom het, en dat mens seker eendag ook alleen weer hierdie wereld moet verlaat nie.
Ek het in n Christelike huis groot geword, en glo dat daar n hemel en n hel is, en dat n mens die tydelike met die ewige verwissel wanneer jy eendag sterf, as jy n kind van die Here was sal jy dan hemel toe gaan maar as jy nie was nie, nou ja dan weet ons mos nou waarheen jy dan gaan.
Maar soms kan ek nie help om te wonder of daar werklik so iets soos re-inkernasie is nie. Ek het al verskeie kere in my lewe vir die eerste keer op n vreemde plek gekom, maar dit is asof ek die plek ken, ek weet as ek om die volgende hoek gaan, sal daar n spesifieke plek wees soos n winkel of wat ook al, en as ek dan om daardie hoek gaan is die plek inderdaad daar....
Hoe verklaar n mens dit?
Soms het ek al in n vertrek gesit met mense om my in n geselskap gewikkel, en dan weet ek presies wat die volgende persoon gaan se, en dan se daardie persoon presies wat ek nou net gedink het, so asof dit al voorheen presies so gebeur het... hoe verklaar n mens dit?
Dit is baie weird, om sulke goed te ervaar, en as daar iemand is wat al n soortgelyke ondervinding gehad het sal ek graag van dit wil hoor.
Saturday, July 4, 2009
Friday, July 3, 2009
Christen Veldwagters
Toe ek nog n jong meisie in die huis was het my pa my gaan inskryf by die Christen Veldwagters. Dit was amper soos die Voortrekkers van jare gelede behalwe dat dit n Christelike organisasie was. Ons het allerhande dinge geleer daar, soos hoe om te dril, hoe om in die veld te oorleef, hoe om n nagmars aan te pak met net leidrade om weer terug te kom by die kamp. Hoe om n kamp te bou met riete, en miere te eet wanneer daar nie ander kos was nie. Dit was baie lekker, ons het noodhulp geleer en verskillende knope met toue gemaak. Ons goue leuse was: “Doen aan ander mense wat jy wil he hulle moet aan jou doen”
Ons het n wapen gehad met 7 blou punte en 4 rooi punte. Elke punt het iets anders beteken, my verstand is so bietjie verroes en ek kan nie meer al die punte so mooi onthou nie. As iemand dalk hierdie stukkie lees en ook deel was van die Christen Veldwagters beweging wil ek graag van julle hoor. Ek sal baie daarvan hou as ek my kinders ook aan die Chirsten Veldwagters kan laat behoort. Dit is baie leersaam en leer n mens baie van die Bybel.

Gaurdian Angels
Gister aand het ek en my man n gig gehad by n 21 ste verjaardag. Voordat ons ry bel my meisiekind se vriend en vra of sy saam met hom en n paar vriende kan uitgaan. Natuurlik wil ek toe weet waarheen hulle gaan en hy se toe dat hulle maar sommer oral gaan stop en bietjie kuier. Die hele tyd het ek n vreeslike gevoel op my maag, en kan nie die gevoel verklaar nie. Ek skryf dit toe maar toe aan die maag griep wat ek deur Vrydag nag ontwikkel het.
In ieder geval net voordat ek en haar pa toe ry kom sy by my en vra of ek vir haar geld het vir DVD’S wat ek toe sonder om twee keer te dink uit haal en vir haar gee, ook maar goed ek het dit gedoen, sien as ek nee gese het dan sou sy heel moontlik saam met haar vriende uitgegaan het. Vanoggend sit ons toe langs die braai toe sy by my kom en baie bleek en bekommerd lyk ek vra dadelik wat fout is en sy se toe dat haar vriend in n motor ongeluk betrokke was. Hulle was op pad terug van n club af in Boksburg toe n taxi oor n rooi robot ry en hulle motor tref, en dadelik word ek yskoud want as ek nie vir haar geld gegee het vir DVD’s nie en sy het saam met hulle uitgegaan was my kind betrokke in n motor ongeluk en wie weet hoe seer sy kon gekry het, en wie weet of sy dit sou oorleef het?
Dadelik het ek n dank gebedjie opgestuur om dankie te se dat Ons Hemelse Vader Sy hand oor haar gehou het en haar op die nippertjie laat besluit het dat sy liewer by die huis gaan bly en nie saam met hulle uit gaan nie.
Ek dink nie dat ek dit ooit sal kan hanteer as een van my kinders iets moet oorkom nie, ek dink nie dat ek dit sal kan hanteer as ek vier uur in die oggend n oproep moet kry wat se dat my kind in n motor ongeluk was en dat sy dalk seer gekry het of nog erger dat sy dalk dood is nie. Net die Here alleen weet hoe n ouer se hart op daardie oomblik moet voel. Ek wil myself nie eers daarin probeer dink nie want ek dink nie dat my hart daardie skok sal kan aanvaar of verwerk nie. Ek kan dit nie hanteer as een van my kinders seer kry nie, my hart kry saam met hulle seer. As hulle huil, huil ek ook, nie altyd met trane nie maar my hart huil saam, as hulle seer kry dan voel ek saam met hulle die fisieke pyn wat hulle ervaar, ervaar ek ook, die emosionele pyn wat hulle verduur, verduur ek ook.
Ek kan net bid en vra dat die Here my kinders vir altyd en ewig veilig en ongeskonde moet hou..

28 Junie 2009
Dit is nogal lank terug wat ek geskryf het, en wou net n “update” bring oor my kind waaroor ek geskryf het wat amper in die tronk beland het. Wonderbaarlik het hy los gekom met n opgeskorte vonnis, en kon hy saam met ons terug gaan huis toe. Nou het hy ook n huis met sy eie kamer, en bed en weet ek dat hy veilig en warm slaap elke aand. Ek weet ook dat hy elke aand n warm bad kan vat en n bord warm kos kry voordat hy gaan slaap. Ek gaan deur die fotos wat ons geneem het van waar hy gebly het, en my hart breek, dit was n hokkie en nie eers groot genoeg vir n hond om in te lewe nie, en die trane sit vlak in my oe. Dan kan ek net weereens dankie se vir Ons Liewe Vader dat ek en my man hom uit daardie omstandighede kon red en vir hom n veilige hawe gee. Hy het eintlik nou bietjie gewig opgetel en begin weer soos n mens lyk. Hy het n werk en het vir die eerste keer in n baie lang tyd saam met sy pa gaan inkopies doen en kon ook sy eie sjampoe en tandepaste en skeermesse koop. Daarna is hulle na n klere winkel waar hy vir hom klere gekoop het, en dit doen my hart so goed om te sien hy begin normale dinge doen wat enige normale mens as vanselfsprekend aanneem.
Ek is elke dag dankbaar dat hierdie kind van my nog n kans in die lewe gegun is. En ek bid en vetrou dat die Liewe Vader hom elke dag aan sy hand sal vat en hom op die regte pad lei. Maar ek glo ook met liefde en geduld en aanvaarding kom ons elke dag nader aan n normale lewe vir hom. N Lewe wat hom nog nooit voorheen gegun was nie. Ek wil vra dat elke een wat hierdie stukkie van my kind lees saam met my sal bid en glo dat alles van nou af net goed met hom sal gaan en dat hy nie weer sal struikel en val nie, maar as dit gebeur dat hy sal weet ek en sy pa en sussies en boeties is daar om hom weer op te tel.

Subscribe to:
Posts (Atom)