Friday, July 3, 2009

Christen Veldwagters

Toe ek nog n jong meisie in die huis was het my pa my gaan inskryf by die Christen Veldwagters. Dit was amper soos die Voortrekkers van jare gelede behalwe dat dit n Christelike organisasie was. Ons het allerhande dinge geleer daar, soos hoe om te dril, hoe om in die veld te oorleef, hoe om n nagmars aan te pak met net leidrade om weer terug te kom by die kamp. Hoe om n kamp te bou met riete, en miere te eet wanneer daar nie ander kos was nie. Dit was baie lekker, ons het noodhulp geleer en verskillende knope met toue gemaak. Ons goue leuse was: “Doen aan ander mense wat jy wil he hulle moet aan jou doen”
Ons het n wapen gehad met 7 blou punte en 4 rooi punte. Elke punt het iets anders beteken, my verstand is so bietjie verroes en ek kan nie meer al die punte so mooi onthou nie. As iemand dalk hierdie stukkie lees en ook deel was van die Christen Veldwagters beweging wil ek graag van julle hoor. Ek sal baie daarvan hou as ek my kinders ook aan die Chirsten Veldwagters kan laat behoort. Dit is baie leersaam en leer n mens baie van die Bybel.

2 comments:

  1. Monique, in watter jare was jy by die veldwagters betrokke en in aan watter kerk of gemeente het julle toe behoort.

    louise pretorius

    ReplyDelete
  2. ek was in 1981 betrokke by die Christen Veldwagters en ons was by die AGS Cypress straat in Northmead Benoni
    ek wil so graag uitvind of hulle nog bestaan ek wil graag my twee kinders by hulle betrokke kry

    ReplyDelete