Friday, July 3, 2009

Gaurdian Angels

Gister aand het ek en my man n gig gehad by n 21 ste verjaardag. Voordat ons ry bel my meisiekind se vriend en vra of sy saam met hom en n paar vriende kan uitgaan. Natuurlik wil ek toe weet waarheen hulle gaan en hy se toe dat hulle maar sommer oral gaan stop en bietjie kuier. Die hele tyd het ek n vreeslike gevoel op my maag, en kan nie die gevoel verklaar nie. Ek skryf dit toe maar toe aan die maag griep wat ek deur Vrydag nag ontwikkel het.
In ieder geval net voordat ek en haar pa toe ry kom sy by my en vra of ek vir haar geld het vir DVD’S wat ek toe sonder om twee keer te dink uit haal en vir haar gee, ook maar goed ek het dit gedoen, sien as ek nee gese het dan sou sy heel moontlik saam met haar vriende uitgegaan het. Vanoggend sit ons toe langs die braai toe sy by my kom en baie bleek en bekommerd lyk ek vra dadelik wat fout is en sy se toe dat haar vriend in n motor ongeluk betrokke was. Hulle was op pad terug van n club af in Boksburg toe n taxi oor n rooi robot ry en hulle motor tref, en dadelik word ek yskoud want as ek nie vir haar geld gegee het vir DVD’s nie en sy het saam met hulle uitgegaan was my kind betrokke in n motor ongeluk en wie weet hoe seer sy kon gekry het, en wie weet of sy dit sou oorleef het?
Dadelik het ek n dank gebedjie opgestuur om dankie te se dat Ons Hemelse Vader Sy hand oor haar gehou het en haar op die nippertjie laat besluit het dat sy liewer by die huis gaan bly en nie saam met hulle uit gaan nie.
Ek dink nie dat ek dit ooit sal kan hanteer as een van my kinders iets moet oorkom nie, ek dink nie dat ek dit sal kan hanteer as ek vier uur in die oggend n oproep moet kry wat se dat my kind in n motor ongeluk was en dat sy dalk seer gekry het of nog erger dat sy dalk dood is nie. Net die Here alleen weet hoe n ouer se hart op daardie oomblik moet voel. Ek wil myself nie eers daarin probeer dink nie want ek dink nie dat my hart daardie skok sal kan aanvaar of verwerk nie. Ek kan dit nie hanteer as een van my kinders seer kry nie, my hart kry saam met hulle seer. As hulle huil, huil ek ook, nie altyd met trane nie maar my hart huil saam, as hulle seer kry dan voel ek saam met hulle die fisieke pyn wat hulle ervaar, ervaar ek ook, die emosionele pyn wat hulle verduur, verduur ek ook.
Ek kan net bid en vra dat die Here my kinders vir altyd en ewig veilig en ongeskonde moet hou..

No comments:

Post a Comment