Dit is nogal lank terug wat ek geskryf het, en wou net n “update” bring oor my kind waaroor ek geskryf het wat amper in die tronk beland het. Wonderbaarlik het hy los gekom met n opgeskorte vonnis, en kon hy saam met ons terug gaan huis toe. Nou het hy ook n huis met sy eie kamer, en bed en weet ek dat hy veilig en warm slaap elke aand. Ek weet ook dat hy elke aand n warm bad kan vat en n bord warm kos kry voordat hy gaan slaap. Ek gaan deur die fotos wat ons geneem het van waar hy gebly het, en my hart breek, dit was n hokkie en nie eers groot genoeg vir n hond om in te lewe nie, en die trane sit vlak in my oe. Dan kan ek net weereens dankie se vir Ons Liewe Vader dat ek en my man hom uit daardie omstandighede kon red en vir hom n veilige hawe gee. Hy het eintlik nou bietjie gewig opgetel en begin weer soos n mens lyk. Hy het n werk en het vir die eerste keer in n baie lang tyd saam met sy pa gaan inkopies doen en kon ook sy eie sjampoe en tandepaste en skeermesse koop. Daarna is hulle na n klere winkel waar hy vir hom klere gekoop het, en dit doen my hart so goed om te sien hy begin normale dinge doen wat enige normale mens as vanselfsprekend aanneem.
Ek is elke dag dankbaar dat hierdie kind van my nog n kans in die lewe gegun is. En ek bid en vetrou dat die Liewe Vader hom elke dag aan sy hand sal vat en hom op die regte pad lei. Maar ek glo ook met liefde en geduld en aanvaarding kom ons elke dag nader aan n normale lewe vir hom. N Lewe wat hom nog nooit voorheen gegun was nie. Ek wil vra dat elke een wat hierdie stukkie van my kind lees saam met my sal bid en glo dat alles van nou af net goed met hom sal gaan en dat hy nie weer sal struikel en val nie, maar as dit gebeur dat hy sal weet ek en sy pa en sussies en boeties is daar om hom weer op te tel.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment