Saturday, July 4, 2009

Re-inkernasie of nie?

Ek sit op die bed met my skootrekenaar voor my terwyl my man langs my in die bed le. Hy is siek, het verkoue en voel glad nie goed nie. My kinders is in die sitkamer, ek is omring met my geliefdes maar tog voel ek eensaam en alleen....so vreeslik alleen, en dan kan ek nie help om te dink dat mens alleen in die wereld gekom het, en dat mens seker eendag ook alleen weer hierdie wereld moet verlaat nie.
Ek het in n Christelike huis groot geword, en glo dat daar n hemel en n hel is, en dat n mens die tydelike met die ewige verwissel wanneer jy eendag sterf, as jy n kind van die Here was sal jy dan hemel toe gaan maar as jy nie was nie, nou ja dan weet ons mos nou waarheen jy dan gaan.

Maar soms kan ek nie help om te wonder of daar werklik so iets soos re-inkernasie is nie. Ek het al verskeie kere in my lewe vir die eerste keer op n vreemde plek gekom, maar dit is asof ek die plek ken, ek weet as ek om die volgende hoek gaan, sal daar n spesifieke plek wees soos n winkel of wat ook al, en as ek dan om daardie hoek gaan is die plek inderdaad daar....
Hoe verklaar n mens dit?
Soms het ek al in n vertrek gesit met mense om my in n geselskap gewikkel, en dan weet ek presies wat die volgende persoon gaan se, en dan se daardie persoon presies wat ek nou net gedink het, so asof dit al voorheen presies so gebeur het... hoe verklaar n mens dit?

Dit is baie weird, om sulke goed te ervaar, en as daar iemand is wat al n soortgelyke ondervinding gehad het sal ek graag van dit wil hoor.

12 comments:

  1. Dis nou al n geruime tydjie dat ek my post oor re-inkernasie geplaas het, en ek het nogsteeds niks comments gehad daarop nie.
    as so iets al met enige iemand gebeur het en dit gelees het hier op my blog gesels asb saam?

    ReplyDelete
  2. Die eenigste ware re-inkernasie is, dat ons daagliks soos Paulus moet sterwe, dat Christus in en deur ons kan lewe.
    Dit is wel so, dat van jou voorgeslagte, wat nog aardsgebonde is, moontlik saam met jou is en van tyd tot tyd, jou gedagtegang be-invloed, derhalwe die "weird" ervaringe.
    Baie sal jou nie glo nie omdat jy die gebeure nie kan bewys nie en dit is maar hoe ek dit sien.

    ReplyDelete
  3. Waar is my komentaar van verlede week?

    ReplyDelete
  4. Hi Wollie,
    Ek is jammer ek het jou komentaar gekry verlede week maar ongelukkig het my ander pc gebom en moes ek alles oor sit op n nuwe een en ek het toe van my data verloor, as dit moontlik is sal jy dit asb weer publish
    dankie

    ReplyDelete
  5. Die ware re-inkernasie is, dat ons, ons wil afsterwe sodat Christus deur ons kan lewe.
    Daar is moontlik die geeste van ons voorgeslag by ons, wat inbreuk maak op ons gedagtes en daarom voel dit of ons al voorheen op 'n plek was, terwyl dit hulle is, wat voorheen daar was. Dit is maar hoe ek die saak sien.

    ReplyDelete
  6. Dit wil voorkom of my komentaar weer nie hier uitgekom het nie.

    ReplyDelete
  7. dankie Wollie vir jou komentaar wat jy weer vir my gestuur het ek het dit nou gepublish, as ek daaraan dink dan maak dit vir my sin, maar glo jy daarin dat geeste van ons voorvaders daagliks saam met ons is?

    ReplyDelete
  8. Daar is baie mense wat onder die "helm" gebore is wat die geeste van afgestorwenis sien. Daar is ook baie wat heen gaan wat nog aards gebonde is en ja, ek glo dit.
    Die Bybel waarsku ons om nie die geeste van afgestorwenis op te roep nie en dus is hulle daar. As hulle, hulle aan ons toon, dan het ons hulle nie opgeroep nie en dit is dus nie teen wat die Bybel ons leer.
    Lees Joh. 21 vanaf v 20 en sien, dat Judas saam met Jesus, aan Petrus verskyn het en hulle was albei reeds gesterf.

    ReplyDelete
  9. Dankie Wollie vir jou komentaar, ek waardeer dit, dit is vir my baie interesant, maar ek het nog n vragie, praat die Bybel dan nie van n bewaar plek waar mens heen gaan wanneer jy sterf totdat Jesus sy kinders kom haal nie?

    ReplyDelete
  10. Ek sou graag die verse in daardie verband wou lees, want ek moet nou in hierdie leeftyd in Christus (wie se liggaam Sy gemeente is Kol. 1 v 24)lewe en dit, dink ek, is die plek van bewaring.
    Volgens die "Onse Vader" sĂȘ dit "laat U Koninkryk kom" en nie, wag tot jy dood gaan en dan na 'n plek van bewaring of soek dan eers Sy Koninkryk.

    ReplyDelete
  11. Baie dankie vir jou terugvoering Wollie, ek is bly dat daar iemand is wat hierdie goed vir my kan duidelik maak, ek waardeer. Is jy in die bediening, of ken jy maar net jou Bybel goed?

    ReplyDelete
  12. Miskien ken ek maar net my Bybel goed en is verbonde aan 'n Christelike geloof.

    ReplyDelete