Elke jaar September gaan ons met so klein vakansietjie vir so plus minus 5 dae, n wel verdiende blaaskans, en hierdie jaar sou geen uitsondering wees nie. Ons het almal uitgesien na die weg kom kans, maar toe verander alles op die laaste nippertjie, omdat een persoon sonder sonde op hierdie aarbol rond loop.
Ek het eers toestemming gevra om vir my twee kinders elkeen n vriend saam te nooi na die weg breek vakansietjie, omdat hulle dan nie soos al die jare van te vore verveeld sou wees en die hele tyd in my ore sou neul nie, en toestemming het ek toe ook gekry by die een persoon wat ek gedink het berge sou versit vir my, (maar soos gewoonlik het ek myself lelik misgis) en toe nooi ek hierdie gay vriend van my gay dogter saam.
Nadat ek dit met toestemming gedoen het, moes ek hoor dat my vriendin se man nie daarvoor te vinde is nie, en moes ek vir die kind se dat hy nie welkom is om meer saam te gaan nie, en my naam met n plank slaan want ek het mos nooit se in niks op hierdie aarbol nie, maar in ieder geval, gedane sake het geen keer nie en ek moes myself toe verneder om vir die kind in die oe te kyk en te se dat daar op hierdie aarbol mense rondloop wat so kleinlik en heilig is dat hulle geen sonde het nie, en dat hulle hom veroordeel omdat hy gay is en hy nie meer welkom is om saam te gaan nie, ek kon die seer in sy en in my dogter se oe sien, want het ek haar dan nie van klein tyd af geleer dat sy uniek is en dat daar nie nog so persoon soos sy op hierdie hele aardbol is nie, en dat die Here haar net so lief het soos al sy ander kinders, nou moet ek aan haar verduidelik dat my "beste vriendin" se man haar vriend veroordeel omdat hy gay is maar dit is ok as sy gay is, wat is die verskil?
Gay is gay!!!
Sy kan dit nie verstaan nie en is baie hartseer daaroor omdat die vriendin van my se man een van die min mans is in my kind se lewe vir wie sy vertrou.
Nou is daardie vertroue ook daarmee heen.
Ek wonder net hoekom daar mense is wat gay mense veroordeel? Weet hulle dan nie dat wanneer hulle iemand anders oordeel hulle alreeds veroordeel is nie? Laat die mense wat gay mense veroordeel omdat, hulle seksuele voorkeure verskil van ander mense sin, dan klippe optel en hulle stenig, as hulle sonder sondes is.
Wat maak gay mense se sondes groter as enige iemand anders se sondes?
Jesus het ook vir hulle sondes aan die kruis gesterf en niemand uitgesonder nie, ook nie gay mense nie, of is daar iemand wat dink dat God gay mense se sondes anders veroordeel as gewone mense? Is gay mense se seksuele voorkeure meer of groter sonde as ander mense wat losbandig lewe? Is gay mense se sondes groter as drug adics sin, of as moordenaars, en diewe, en leuenaars, en skynheilige mense, en mense wat drank misbruik?
Ek dink nie so nie, anders sou God dit in Sy woord so uiteengesit het, maar Hy het nie, want Hy het sy enigste Seun gegee om vir ons almal se sondes te sterf en daarom het gay mense net soveel vergifnis as wat enige iemand anders het.
Wat sou n ouer verkies? n Kind wat aan drugs verslaaf is? n Kind wat drank misbruik? n Kind wat ander mense se goed steel? n Kind wat oor die kleurgrens heen verlief raak? n Kind wat gay is? n Kind wat gebreklik is? Wat sou n ouer verkies om te he?
Ek weet dat dit nie aan my saak maak nie want my kinders is aan my geleen om groot te maak totdat God hulle weer wil terug he, en daarom maak dit nie aan my saak of my kind gay is, of normaal is nie, daar is vir hulle net soveel genade as vir die persone wat hulle so veroordeel, eintlik meer dink ek, want die een wat ander oordeel is alreeds veroordeel, by God.
Mense noem hulle skeef en moffies en mofgatte, en allerhande name, maar hulle is eintlik ook net mense met vlees en bloed en gevoelens wat kan seer kry, en meeste van die tyd is hulle baie oulike sensitiewe mense wat ander mense se gevoelens altyd bo hulle eie stel, en leer hoe om die pyn en seer van ongeskikte buffels wat hulle sleg se en veroordeel asof hulle God is, te kan vergewe en nie kwade gevoelens teenoor die mense koester nie.
Meeste van hulle is baie gelukkiger as normale mense, en hulle lag altyd, omdat dit die enigste manier is hoe hulle die seer van die lewe kan verwerk, en aanvaar...
En as die Hemelse Vader hulle kan aanvaar, hoekom nie ons mense ook nie?
Tensy daar mense is wat bo dit verhewe is, en so heilig lewe dat hulle eintlik nie hier op aarde hoort nie, dan wonder ek hoekom is hulle nog hier?
Dit was in die begin vir my ook maar n groot pil om te sluk, maar gelukkig het ek geleer om verby die uiterlike te kyk en die innerlike raak te sien, maar ek kan net nie glo dat ek gedink het ek het my vriende reg gekies, en dat hulle ook na die innerlike sal kyk in pleks van die uiterlike, maar moet ek erken ek het weereens n groot fout begaan, en die pot mis gesit, maar ten minste kan ek se dat ek nie kleinlik of skeinheilig is nie, en dat ek enige persoon kan aanvaar, omdat almal deur God geskape is, en dit nie in my sit om God se hande werk te kritiseer nie. Ek kan enige iemand aanvaar net soos wat hy of sy is. Ek ag myself nie beter as ander mense nie, want wie is ek? Ek is net n nietige mens in die oe van God, en n moeder wat haar lewe en alles wat daarmee gepaard gaan sal afle vir haar kinders se geluk.
My hart is net seer omdat ek soos gewoonlik, weer verkeerd gekies het, en geglo het dat ek nou iemand gevind het wat deur dik en dun by my sal staan en my nooit sal veroordeel nie, en ook nie my kinders nie, maar soos ek se ek is ook maar net n mens met foute....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment