Hoe is dit moontlik dat mense gay mense kan veroordeel maar hulle neem verlief en is vriende met mense wat veelwywery pleeg. Hoe kan n mens getroud wees met n persoon en dan nog verhoudings met ander mense aanknoop en dan moet jou vrou dit nog aanvaar ook?
Dan word daar Bybel deeltjies aangehaal om te wys dat die Bybel gay mense ook oordeel en dat die Bybel se gay mense moet gedood word, maar my Bybel se ook dat hoereerdery met die dood gestraf moet word, en my Bybel se ook dat n mens nie mag egbreek nie en ook nie jou naaste se vrou mag begeer nie, en dat melaatse mense uit gewerp moet word, en met klippe gestenig moet word net soos prostitute. Maar dankie tog dat my Bybel ook al die mense vry spreek van al hierdie vreeslike sondes, omdat Jesus aan die kruis gesterf het juis daarvoor. Want as ons nog so streng volgens die Bybel moes gelewe het, dink ek nie een van ons sou ooit die Hemel dan gehaal het nie, want hoeveel "melaatse" mense loop vandag tussen ons in die samelewing rond, en hoeveel prostitute is daar openlik in die openbaar, hulle word eintlik geadverteer, en hoeveel getroude mense is daar wat van hulle dienste gebruik maak? So ek glo net soos wat daar vergifnis is vir al die ander sondes is daar ook vergifnis vir gay mense. Ek ken n hele paar gay mense en was al voorheen ook vriende met n paar, en hulle doen niemand skade aan nie, tensy jy jouself beter ag as ander mense, en verhewe voel bo gewone mense, en nie wil he niemand moet sien dat jy eintlik vriendelik is met gay mense nie, of dat jy gay mense ken nie, miskien is jy bang dat ander mense na jou sal kyk en sal se dat jy met gay mense meng, maar dit voel ek geld ook vir soos ek gese het, prostitute en mense wat veelwywery doen. Dit is ok as mense weet dat jy vriende is met veelwyweraars voordat mense moet weet dat jy iemand ken wat gay is.
Ek kan dit nie verstaan nie, ek het lank daaroor gedink, en ek kom nogsteeds tot die selfde gevolgtrekking, gay mense het ook hulle spesiale plekkie in die son, en God sal nooit Sy rug op hulle draai nie, hulle sondes is net so vergeefbaar soos al die ander mense sin.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ek stem groot en deels saam, tog dink ek, mens kan geen een oordeel en ook probeer om geen mens te haat. Volgens Psm. 101 v 3, kan mens net dade haat, wat teen God se woord gaan.
ReplyDeleteVolgens die "Onse Vader", kan een wat vergewe, vergifnis ontvang.
In Rom. 6 v 4, wil dit voorkom of ons opgewek word tot 'n nuwe lewens wandel, anders het die doop en kruisiging nie werklik vir ons waarde gehad?
Ek stem saam met jou. Geen mens is sonder sonde nie, daarom het Jesus aan die kruis gesterf vir ons, sodat ons deur Sy bloed skoon gewas kan word. Ons mag nie oordeel nie want dan is ons alreeds veroordeel.
ReplyDeleteDit wil vir my voorkom of jy die Bybel ken?
Ek het ook n stukkie geskryf oor re-inkernasie, wat dink jy daarvan?