Tuesday, May 12, 2009

Dag 10: Vrydag 08.05.2009

Toe ek my oe vanoggend oop maak sit ek met hierdie hol kol op my maag, my blaas sit onder my oe, en ek voel baie emosioneel en bang, ek dink die bang is die ergste...
Eindelik is ek en my man in die kar oppad na my kind toe, dit is stil in die kar terwyl die kilometers onder die kar se bande verby fluit. Dit is koud en mistig buite, en dit is presies hoe dit binne in my hart voel, koud, dood, mistig, en alleen.....
Terwyl ons nog so ry, toe ons hierdie klein dorpie uit ry, kyk ek op en sien die son agter n wolk, wil, wil deur breek. En ek sien dat die wolk n mooi silver randjie het, en skielik besef ek dat alle hoop nie verlore is nie, want elke wolk het tog maar n silver randjie, en wanneer die nood op sy grootste is, is die uitkoms gewoonlik baie naby. Ek onthou ook dat iemand al vir my gese het dat Ons Hemelse Vader jou nie oor n afgrond sal gooi, en jou dan net los nie, een van twee dinge sal gebeur, Hy sal vang wanneer jy val, of Hy sal jou leer vlieg....
Toe kry ek nuwe moed. Ek bid die hele tyd oppad soontoe sonder ophou, en smeek in gebed dat die Here my kind tog genadig moet wees, dat hulle hom nie te hard sal straf nie, maar dat Sy wil moet geskied, ek sal vrede maak daarmee.

Ons kom by die hof en die oomblik van waarheid het nou aangebreek, ek moet my kind nou sien.
Ek stap in by die hof en daar op die trappe wat na die "holding cells" lui staan hy, geklee in n swart lang broek en n leer baadjie wat my skoon suster gister vir hom gevat het. Hy is so maer, sy gesig lyk vervalle, sy hare is kort geskeer op sy kop, en sy oe is verward. Toe hy my sien gaan staan ek stil, en steek my arms na hom uit, hy loop in die kring van my arms in, en dan sluit ek my arms styf en beskermend om hom, terwyl die trane saggies oor my wange rol. Hy kyk verward rond en sien dan my man staan, skielik los hy my en stap na sy pa toe, dan wil hy sy pa om die nek val maar steek eerder sy hand uit, omdat hy nie seker is hoe om te reageer nie.
Ek sien die trane oor sy wange rol.
Die polisie beampte vat ons na n klein kamertjie langs die hof saal, en se dat ons daar so rukkie met hom mag praat. Nou kom die woorde vinnig sonder dat ek dink wat ek se. Hy moet skuldig pleit sodat ons die ding agter die rug kan kry.
Hy verstaan wat ek vir hom se, en ek verduidelik vir hom dat as hy tronk toe moet gaan hy nou sterk moet staan vir my, en sy kop hoog hou, sy straf uit dien sodat dit agter die rug kan kom. Ek verseker hom seker n honderd maal van my liefde vir hom, en dat ek daar sal wees wanneer hy sy straf klaar uitgedien het, sodat ek hom kan huis toe vat. Sonder dat ek besef wat ek doen, want ek het nie vir my man toestemming gevra nie, maar op daardie stadium het dit nie aan my saak gemaak nie, ek wou net my kind huis toe vat en hom n ordentlike bord kos gee, n warm bad , skoon klere en n warem bed om veilig in te slaap, met baie liefde daarby....
Maar ek het geweet dat dit nie moontlik is nie, want daar is nie n boete vir dit wat hy gedoen het nie, dit is tronk straf, het die staats aanklaer vir my gese die oggend, sy het dit ook duidelik gemaak dat sy borg gaan teen staan omdat hy ontsnap het, volgens hulle. En die hele tyd terwyl ek daar by hom is, se hy net dankie omdat sy pa saam gekom het, en dat hy nie wil tronk toe gaan nie. Hy sal enige iets doen, hy wil net nie terug gaan tronk toe nie, en my hart breek.
Dan sit ons uiteindelik in die hof en wag vir sy saak om voor te kom.
Toe sy saak van minagting van die hof klaar is, is hy gelukkig om weg te kom met n boete van R1150.00, wat ek toe vir hom gaan betaal, anders sou hy 2 maande tronk straf moes uit dien. Die verligting dat dit agter die rug is, was groot, dit voel asof die berg Arrarat van my skouers af is.
Toe is die hof verdaag. Ek staan weer by die trappies, en my kind vra of ek asb vir hom n vleis pasteitjie en n koeldrank sal gaan koop. Ek vra toestemming en hulle se ja ek kan maar vir hom gaan koop. Ek kom terug met die koeldrank en die vleis pasteitjie in my hande, ek staan onseker rond en weet nie wat ek nou moet doen nie. Dan kom daar n ouerige swart polisie man na my toe, en vra of ek dit self vir hom wil gaan gee, ek stap die trappies agter hom af, dit word donker en koud soos ons na onder gaan, hy sluit die deur oop en dan vang die stank my, ek snak na my asem maar se niks en stap gewillig agter hom aan na die "holding cells". My hart wil breek toe ek daar kom en my kind ager trallies sien. Die simpatieke polisie man sluit vir my die deur oop sodat ek die koeldrank en die vleis pastei vir hom kan gee. Hy verslind dit terwyl ek met hom praat, en in my hart is n gebed, sodat ek net my kind hier kan uit kry.
Genade bo genade laat die hof toe my kind gaan op n waarskuwing, die verligting was groot vir my en vir hom.....
Eindelik is ek en my man vyf uur die aand op pad huis toe nadat ons sy klere gaan haal het waar hy gebly het, en my hart weereens wou breek toe ek sien in watse klein hokkie my kind soos n hond in die jaard agter by mense moes bly, die deur kon nie eers op knip nie, wat nog van sluit, daar was nie eens n venster in die vertrekkie nie, dit het ingereen want die dak was van sinkplate, en daar was nie n ceiling nie. Sy enkel bedjie moes hy in die helfte deur sny sodat sy bed in sy kamertjie kon pas. Ek was woedend, en is dankbaar dat die eienaar van die huis nie op daardie stadium daar was nie, want ek dink ek sou hom dan te lyf gegaan het.
Ek is net dankbaar dat ek my kind daar kan weg vat. Hy sal nou eers by my skoon suster moet bly sodat ons by korrektiewe dienste toestemming kan kry sodat hy na ons toe kan kom, omdat hy onder huis arres geplaas is, hy moet elke dag by die polisie stasie aanmeld. Maar dit gaan goed met hom, en ons sal seker teen volgende week, die regte toestemming he om hom huis toe te bring.
My man was nie baie ingenome met my besluit nie, maar dit is hoe die hart in my borskas klop en hoe ek voel, op hierdie stadium is ek bereid om n leeu aan te vat vir my kind se veiligheid, en gesondheid.
Ek wil hom heel maak voordat ek hom weer die wereld laat aan pak, hy het dit nodig.
Al wat nou moet gebeur is ek moet vir hom n werk kry, voordat sy saak voor kom die 10 Junie.
Dan gaan hy gevonnis word vir ontsnapping en regsverydeling.
EK bid elke dag en glo dat daar n uitkoms sal wees vir hom dat hy iewers by iemand n werkie sal kan kry sodat hy nou ook stabiliteit in sy lewe kan kry. Hy is nou reg om aan te beweeg, en reg te maak waar hy gefouteer het......
Baie dankie aan almal wat my onder steun het deur hierdie moeilike tyd in my lewe.
n Woordjie van ondersteuning, bemoediging, gebed en geloof.......
Dankie aan almal ek waardeer dit opreg en weet dat hy dit ook waardeer al weet hy nie hoeveel ondersteuning ons gekry het nie.....

Dag 9: Donderdag 07.05.2009

My senuwees is aan flardes, ek weet nie wat om more te verwag wanneer ek en my man gaan vir die hof saak nie. Ek weet nie hoe om dit te hanteer nie, ek weet nie hoe ek hom in sy oe sal moet kyk en vir hom moet vertel dat hy nou sterk moet wees wanneer hy tronk toe gaan nie, want orals om my hoor ek almal se dat hy defnetief tronk straf gaan kry.
Ek kry hom jammer uit die diepte van my hart, my hart is stukkend, maar ek sal iewers krag vandaan moet kry om dit te kan verwerk, want ek dink nie dat dit vir enige moeder maklik is om te weet dat haar kind tronk toe moet gaan nie. Dit klink so koud en onpersoonlik, so hard en kil......

Dag 8: Woensdag 06.05.2009

My skoon suster het toe vir my seun gaan kuier, en sy se dit gaan goed met hom, hulle het hom dokter toe gevat en vir hom pille gekry, hulle se dit was n gal aanval.
Ek hoop en bid maar net dat dit nie ernstig is nie, ek bekommer my reeds dood oor hom, en nou met die wete dat hy nog siek is ook.....
My broer het ook gebel en my weer bietjie moed ingepraat, dit help darem, want ek weet daar is darem nog iemand daar buite wat omgee, ek is nie alleen in hierdie ding nie.
Ek het nou begin vrede maak daarmee dat hy dalk sal moet tronk toe gaan, en hoop en bid net dat dit vir hom n les sal wees, en dat hy uit sy pad uit sal gaan in die toekoms om nie met die gereg deur mekaar te raak nie.
Ek kan myself nie indink hoe dit vir hom moet voel nie.....

Dag 7: Dinsdag 05.05.2009

Ek hoor nou niks meer van my kind nie. Die Inspekteur het gese dat hulle sy selfoon by hom gekry het, en nou het hulle dit ook weg gevat. More sal my skoon suster weer gaan kuier, by hom en dan sal sy my bel en vir my se hoe dit met hom gaan. Ek kan nie wag nie. Ek is baie bekommerd, en bang, en baie emosioneel, met niemand om aan vas te hou nie. Alhoewel ek tussen mense is, is ek baie eensaam, dit voel vir my asof ek die enigste mens op aarde is, nes my seun wat daar in n sel sit, met niemand wat hy kan vertrou naby hom nie.
Ek mis hom......

Dag 6: Maandag 04.05.2009

Ek worstel nog elke oggend wanneer ek wakker word, en verlang my dood na my kind. In ons huis heers daar n stilte wat n mens met n mes kan deur sny, niemand praat nie, almal is dood stil. Vanoggend het my man die inspekteur gebel, en daar is nie veel hoop vir my kind nie. Sy hof saak kom die 8ste voor, ek sal maar dag vir dag vat, en dan hoop en bid vir die beste.
Ek kan net nie sy gesig uit my gedagtes kry nie, dit maak my so seer om te weet dat my kind alleen in n sel sit.....

Monday, May 4, 2009

Dag 5: Sondag 03.05.2009

Toe ek vanoggend my oe oopmaak toe lui my man se foon, en dit is weer my kind. Hierdie keer vertel hy vir my dat hy bloed opgooi en hy voel glad nie lekker nie. Ek voel hoe my hart weer sak tot in my skoene, nes ek vrede in my hart begin kry, dan is daar iets anders wat gebeur, en dan bloei my hart weer van voor af. Ek sukkel om te sluk en kan nie regtig met hom gepraat kry nie. Ek probeer troos en se dat hy daar vir hulle moet se dat hy siek voel, en hy toe vertel hy vir my dat hy dit reeds vir hulle gese het, maar al wat hulle se is:"Wat moet hulle daaraan doen?"
Ek voel hoe my bloeddruk al hoe meer styg, en die kwaad in my binneste dreig om deur my keel te ontplof. Ek weet ook dat ek hulle nie kan bel en se dat hulle moet gaan kyk wat is fout met my kind nie want hy is nie veronderstel om n selfoon by hom in die selle te he nie. Ek probeer maar weer troos, terwyl my hart self aan skerwe op die grond voor my voete le.
Hy lui af met:" Love you mom" en ek se:"Love you to my kind" en dan is dit stil in my ore. Terwyl ek nog so op die bed sit met die een foon in my hand lui my selfoon, en ek sien dat dit my broer is. Sy bemoedigende woorde het bietjie troos gebring nadat ek alles aan hom oor die foon verduidelik het wat aan die gang is, n paar helende woorde vir my stukkende hart.
Ek vertel my man wat my kind gese het, en hy is nogal ontstel, oor die hele affere.
En toe kom die groot verrassing, my man vra wat die polisie stasie se nommer is want hy wil hulle bel, ek het dit nie verwag nie, want ek worstel mos maar altyd so alleen deur al die probleme met die kinders.
Hy het toe wyd en suid gebel om nommers te kry sodat hy met die regte persoon kon praat i.v.m my kind, en kort-kort tussen al die gebellery deur lui sy foon en dan is dit weer my kind, net om te se dat hy nogsteeds siek voel.
Eindelik praat my man toe ook met hom, en al wat my kind vra is dat hy sy pa daar by hom soek, en my hart breek nog verder. Hoe kan iemand n kind sy ouers weier, en soos ek gese het is my man die enigste pa wat hy ooit geken het.
Nou begin wraak gedagtes besit neem van my, en al weet ek dat dit n sonde is, beplan ek moord, as ek sy regte pa sou raak loop iewers, ek is so kwaad en stukkend, en dit voel net asof ek nooit weer gaan heel word binne nie.
n Rukkie later sit ek voor die spieel kas en begin om maar my gesig in te kleur en my hare te doen want my vriendin het ons genooi vir ete, ek is haar ewig dankbaar want ek sien nie eers kans om my arms op te tel nie, ek is voel heeltemaal getap en geestelik en fisies gedreineer, al die bekommernis oor my kind, maak my siels moeg, en ek weet nie waar ek die krag vandaan gaan kry om deur die dag te kom nie.
Later het my gewese skoonsuster gebel en gese dat sy darem vir die kind warem skoon klere en wasgoed gevat het, dit is darem ietwat van n troos want nou weet ek dat hy ten minste kan stort en skoon kom en warem aantrek, dan sal hy dalk beter voel.
Toe die son begin sak, is ek dankbaar dat nog n dag amper verby is, en dat ek in die bed kan kom sodat ek net rus kan probeer kry vir my moee gedagtes, wanneer die slaap pil wat my vriendin vir my gegee sy werk kan doen.
My laaste gedagte is nogsteeds my kind se gesig iewers in n polisie sel....... en ek wonder of hy weet dat ek baie lief is vir hom, maak nie saak wat hy aangevang het nie, dit bly my kind en ek bly lief vir hom, ek bid vir hom, en vra dat Ons Vader hom sal toevou met genade en Sy warem liefde......

Saturday, May 2, 2009

Dag 4: Saterdag 02.05.2009

Vanoggend was geensins anders as die vorige 3 dae nie, ek het wakker geword met my kind se gesig voor my geestesoog. Soos die vorige drie dae het ek gewonder of hy lekker geslaap het? Of hy al wakker was, en of hy al ontbyt ge-eet het? So verloop my dag toe met hierdie gedagtes aan my kind nogsteeds iewers in n polisie sel. Vanmiddag het ek en my man besluit ons gaan n bietjie kuier vir sy familie. Terwyl ons daar sit, en ek nie regtig goeie geselskap is nie, lui my man se selfoon, ek hoor hom in engels praat en dink dat dit een van ons kliente is, maar toe hoor ek hy se praat met sy ma, en gee die telefoon vir my. Ek kon sommer sien hoe sy gesig uitdrukking verander. Ek neem toe die foon en aan die anderkant praat n konstabel van die polisie en vra toe vir my of ek asb vir my kind warem klere, en n tandeborsel en seep kan bring sodat hy kan was en warem aan trek. My hart het tot in my skoene gesak, en dadelik was die knop in my keel weer terug. Ek moes hard sluk daaraan sodat die mense waar ons gekuier het nie kon sien dat my hart eintlik op my baadjie sit nie. Ek het opgestaan en buite toe gestap met die verskoning dat ek nie goeie sein in die huis het nie. Daar het ek my gewese skoon suster probeer bel, maar haar ma het die foon geantwoord en gese dat sy slaap. Ek het gevra dat sy my asb moet bel, en toe begin die lang wag alweer. Nou wonder ek of my kind dink dat ek nie belangstel om hom te help selfs net met warem klere en wasgoed nie? My hart was weer aan flardes want nou was my grootste bekommernis, of hy warem en skoon is, werklikheid. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Die oproep wat ek verwag het net nie gekom nie. Die minute het soos ure gevoel en die ure het soos n ewigheid verby gesleep. Totdat ek maar weer probeer bel het. Die foon het hierdie keer net aan hou lui en niemand het geantwoord nie. Ten einde laaste het ek besluit om maar vir haar n sms te stuur, waarin ek die rede vir my oproep aan haar verduidelik het, nou het sy vir my gese dat sy ver van die huis af is, maar net n paar uur gelede het haar ma vir my gese dat sy slaap. Ek kon sommer aanvoel dat sy my nie eintlik wou help nie, ek kan nie verstaan hoekom nie want sy was so gewillig om te help en het nogal verstaan waardeur ek gegaan het want sy is ook n ma. Sy het wel gese dat sy more daarheen sou gaan en kyk of sy vir hom warem klere en wasgoed sou kon vat. Ek weet nou dat ek nog n nag nie gaan slaap nie, omdat ek sal weet dat ek skoon en warem in n sagte bed le terwyl hy iewers koud, en vuil in n polisie sel moet probeer slaap....
Hoe lank kan n nag se ure wees, wonder ek? n Minuut voel soos n uur, n uur voel soos n dag, en n nag voel soos n ewigheid.....

Friday, May 1, 2009

Dag 3: Vrydag 01.05.2009

Vanoggend het ek my oe oopgemaak met trane wat oor my wange rol. Ek kon dit nie keer nie dit het net vrylik gerol, met my man wat rustig geslaap het langs my. My eerste gedagte toe ek my oe oopmaak was my kind. Ek het gewonder of hy al wakker was, en wat hy doen, of hy al gewas het, of hy skoon klere het? Ek het maar opgestaan en gaan koffie maak, en kon nie vinnig genoeg terug kom in die kamer om n sigaret aan te steek nie, met die hoop dat dit my emosies bietjie meer in toom sal kry. Ek het op die bed gaan sit langs my man, en kon die waremte van sy liggaam teen my voel, maar steeds het ek so eensaam en alleen gevoel, dit het gevoel asof ek die enigste mens op aarde is, asof niemand saam met my op hierdie grote planeet was nie. My hart was nogsteeds so seer dat dit wou breek, en dit het nie gelyk asof enige iemand dit opmerk nie. Voor my het die dag lank en uitgestrek gele, en ek het nie geweet hoe ek die dag ooit gaan verby kry nie, ek het gehoop dat, soos altyd, tyd my wonde sou begin genees, en die seer minder sou maak, maar dit het nie, vanoggend was die pyn net nog meer pertinent as gister. Gaan die pyn wat in my hart is dan elke dag erger word in pleks van beter?
Ek was dankbaar toe my vriendin my bel en vra dat ek haar hare moet kleur, nou het ek darem die vooruitsig gehad van iets om my hande en my gedagtes mee besig te hou.
Uiteindelik het ek haar hare gekleur, haar man se hare gesny, my skoon seun se hare gesny en my oudste meisiekind se hare gedoen. Vier ure het verby gegaan, terwyl ek besig was, en my gedagtes het nog steeds gedwaal maar nie so baie as wanneer ek stil sit nie, terug daar na n polisie sel met my kind daar binne....
Nadat ek nog so sarsie trane gestort het, en my hart so bietjie meer leeg was, het my vriendin hulle gery, en het ek gaan kos maak vir my gesin. Terwyl ek voor die kos potte was het ek weer eens gewonder wat my kind vanaand ge-eet het, of dit darem n bord warem kos was om die koue te verdryf en of dit net brood en koffie was? Die knop het weer in my keel kom sit. Teen hierdie tyd het dit gevoel of daar twee poele vuur was waar my oe moes wees, en of daar n lee gat was daar waar my hart moes wees. Ek het darem so deur die loop van die dag vir my gewese skoon suster n sms gestuur en haar gevra om vir my n foto van my kind te neem as sy weer na hom toe gaan en dit vir my stuur, sodat ek net iets het van hom, want met n skok het ek besef dat ek nie eers n foto van hom het nie. Ek het soos n slegte ma gevoel, want watter goeie ma het dan nie n foto van haar kind nie?
Ek het maar net weer n paar happies kos in my keel afgedwing, en toe maar gaan bad. Terwyl ek in n warem bad water sit met seep borreltjies daarin, het die trane weereens vrylik oor my wange gerol en ek het gesien hoe my trane in die bad val en die seep borreltjies laat bars, ek het gewonder of het hy darem die voorreg om ook te kan bad daar in die polisie selle, en of hy dan ten minste kon stort as daar nie n bad is nie? Ek het ook gewonder of hy skoon onderklere het, en of hy warem kry? My hart is aan flardes en ek is net so alleen soos hy daar in die selle, want alhoewel ek in n huis tussen mense is, voel ek ver weg verwyder van hulle almal, want hulle deel nie in die pyn en seer wat al hoe groter word in n mamma se hart oor haar kind wat in die tronk sit nie, dis n pyn wat net ek en hy deel, want hy ken ook eensaamheid, en verlange, verlange na n ma se drukkie, en soentjie, die verlange van die waremte wat net n moeder se liefde kan bring....

Dag 2: Donderdag 30.04.2009

Vanoggend het ek my oe oopgemaak, dit was dik en bloedbelope van die min slaap van die vorige nag, en skielik het ek onthou wat ek gedroom het. Ek het soos n pyl uit die bed geskiet en is sommer dadelik badkamer toe om te gaan was sodat ek kon aantrek vir werk. Ek was bewerig en kon nie vinnig genoeg alles gedoen kry nie. Op pad werk toe het dit vir my gevoel asof my man ekstra stadig ry, omdat ek gou by die werk wou kom sodat ek die Inspekteur wat se nommer by die werk in my dagboek geskryf is, kon bel om te hoor wat aan die gang is met my kind.
Die wereld het sy kleur vir my verloor, skielik het die mooi gekleurde kosmos blommetjies langs die pad nie meer vir my so mooi gelyk nie, die wolke was dik en grys en dit was asof die son nooit weer gaan skyn nie. En deur dit alles heen het ek my kind se verwese gesig voor my gesien. Alhoewel hy amper 21 jaar oud is, bly hy nog my kind en sien ek hom nog as n kind wat nie agter homself kan kyk nie. Sien hy het ouer geword maar nooit groot geword nie.
By die werk het ek dadelik die no gekry en gebel, toe die Inspekteur se stem aan die ander kant opklink het die woorde ook in my keel opgedroog, ek het nie mooi geweet wat om vir hom te se nie. Ek het hom gevra wat my kind gedoen het, asof ek nie geweet het nie, en vir n tweede keer het ek die hele onsmaaklike storie weer gehoor.
My kind het kort-kort gebel om te hoor of ons al oppad was, want hy het met sy hele hart en siel geglo dat ek en sy stiefpa, maar die enigste pa wat hy ooit geken het, al oppad was na hom toe. My hart het vir hom gebloei en ek moes skaamteloos jok, toe ek vir hom se ek probeer net my werk afhandel dan sal ek kyk of ons kan deur kom, terwyl ek geweet het dat my man dit nooit sou doen nie. Sien ek het ook nie n lisensie nie en kon dit nie waag om sover alleen te ry nie, tensy ek langs hom in die selle wou gaan sit.
Hy het gesmeek en gehuil en gesoebat, en ek kon niks vir hom doen nie, behalwe om hom te probeer kalmeer en moed in te praat.
n Ruk later, wat soos n ewigheid gevoel het, het sy pa se foon weer gelui en dit was weer hy, nou was hy amper histeries, hy was klaar in die hof en hy is borg geweier omdat hy die vorige dag weggehardloop het, hy het nou besef dat hy in die selle sal moet bly tot die 8 ste Mei wanneer sy saak weer sal voor kom. Hy het vir my so deur die huilery deur vertel dat hy nou sy foon se sim kaart in n ander ou se foon gesit het omdat sy battery nou pap was en nou kan hy niemand meer bel nie. Ek het besef hoe magteloos hy moes voel, want ek het dieselfde gevoel van magteloosheid ervaar. My hande was afgekap, en ek het besef dat ek niks vir hom kan doen nie, nie as die hof besluit het dat hy nie borgtog mag kry nie. Ek het hom probeer troos maar dit het nie veel gehelp nie, intussen het die groot knop in my keel gedreig om my te versmoor, maar ek mag nie nou huil nie, dit sal nie goed wees vir hom nie. Daar het n duisend dinge deur my gedagtes geflits, en my wereld het donker en hopeloos gelyk, en skielik het ek gewonder as dit vir my so lyk hoe moes dit nie vir hom lyk nie?
Hy moes alles deur maak en dit nog alleen ook, ek kon nie sy ouboet bel om te help nie want hy was halfpad oppad Kaap toe. Ek kon nie meer reg dink nie, my brein wou nie funksioneer nie. Ek het alles vir my man vertel en gehoop dat hy die seer in my binne kant sou raak sien, en miskien, net miskien sou daar iewers n stemmetjie in sy hart praat, sodat hy my na my kind toe sou vat, dan nie vir my kind nie maar dan terwille van my, vrou en ma. Maar dit het nie gebeur nie. Ek het nou net so afgesny van die wereld gevoel soos hy, hy wat nou in die "holding cell" was by die hof, die enigste prentjie wat in my kop vasgesteek het was die een waar hy in hierdie donker sel onder in die grond gesit het, met geen kontak met die buite wereld nie, tot afgesny van sy ma af.
My binneste was aan duisend stukkies. Die enigste plan waaraan ek kon dink om iemand by hom te kry wat bekend is, is om sy eie pa se sussie te bel en ek was tot bereid om haar te smeek as sy dit nie wou doen nie, ek het haar gebel en die hele storie aan haar verduidelik en sy het ingewillig om na hom toe te gaan en dan sal sy my bel. Die laaste woorde wat hy vir my gese het voordat sy foon dood gegaan het, was "I love you mom" en voordat ek kon se "I love you to" was die battery pap en was die enigste konneksie wat ek met hom gehad het afgesny.
Ons is huis toe en hierdie knop in my keel wat my wou versmoor het al hoe groter geword. Ek het nie lus gehad om kos te maak nie en toe my jongste meisiekind vra of ons kan gaan uit eet het ek sommer gebel en n tafel bespreek. So het ek en my man en my jongste twee kinders toe in die Spur opgeland. Ek het angstig gewag op my gewese skoonsussie se oproep maar my foon was so stil soos die graf. Net toe ek begin wonder of sy haar belofte om my kind te gaan sien, gestand gaan doen, toe lui my foon en dit is sy. Ek het die foon met bewerige vingers geantwoord. Ek wou weet hoe lyk my kind en of hy ok is, maar in die selfde asem was ek bang vir die antwoord. Sy het vir my gese dat sy hom so jammer gekry het, want hy lyk so verwese, maer, en verwaarloos....
Ek het swaar gesluk daaraan, en kon nie die kos op my bord sien toe die trane my oe vul nie, maar ek wou ook nie opkyk nie want ek wou nie die verwyt in my man se oe sien nie.....
Ons het afgelui, met die belofte dat ek die 8 ste Mei daar sal wees wanneer sy saak weer voor kom. Ek het n paar happies van my kos ingewurg, en n paar keer gevoel hoe dit dik word in my keel, terwyl ek die prentjie van my kind met n koppie koffie en brood in sy hand voor my geestesoog gesien het, en die verwese kyk in sy mooi blou oe, die trane het nou vrylik oor my wange gerol, ek het opgekyk vas in my man se oe, en dit wat ek daar gelees het, het my nog meer eensaam en alleen laat voel. Ek het die mense om my bekyk, ouers met kinders, groot en klein was langs die tafels, terwyl daar gelag en gesels word, en hulle n maaltyd saam geniet, en ek het so gewens dat ek net nog een keer my kind ook by my kon he en hom ook so gelukkig kon sien, aan een ete tafel saam met my en sy pa en sy boeties en sussies, gelukkig met n vonkel in sy oog.....maar dit was onmoontlik want bo en behalwe dat hy in n koue sel sit, was daar nie baie liefde vir hom van my man se kant af nie. Dit was amper asof hy hom doelbewus van my af wou weg hou. Hy het eers geweier om saam met my te gaan die 8 ste Mei vir die hofsaak, en toe ek se dat ek dan alleen sal gaan, het enige hoop wat ek nog gekoester het dat hy saam met my sal gaan ook soos mis voor die son verdwyn toe hy se dat ek dan maar my vriendin moet vra om saam te gaan.
Ek kon nie glo wat ek hoor nie, hy het nie besef hoe nodig ek hom nou het nie, my hart was aan flardes, ek het sy arms om my nodig gehad, maar inteendeel het ek eenkant alleen gesit en na binne gekyk soos na n foto. Dit was asof almal en alles so ver van my verwyder was dat ek nooit weer aan iemand sou kon raak nie. Die volgende oomblik het ek my meisiekind se arm om my nek gevoel toe sy my nader trek na haar toe, ek het my kop gebuig en sy het in my oor vir my gefluister dat sy baie lief is vir my. Dit het die trane net nog meer oor my wange laat stroom sonder dat ek n woord kon uit kry, al wat ek kon doen was om haar hand wat om my nek was n drukkie te gee.
Ons is huis toe, en in die bed het ek gele, op my kant en my man op sy kant, so ver van mekaar verwyder soos die ooste van die weste.....
Lank nadat ek hom hoor snork het, het ek nog wakker gele met my kind se gesig in my gedagtes, verwese, koud, en alleen....
Ek het myself aan die slaap gehuil sonder dat my man dit geweet het.

Dag 1: Woensdag 29.04.2009

Ek het vanoggend opgestaan met die gedagte dat ek vreeslik na my oudste twee seuns verlang. Ek het besluit dat ek later daardie dag sal kyk of ek hulle aan die hande kon kry. By die werk gekom was dit baie besig en die gedagte om hulle te bel is vir eers op die agter grond geskuif, en toe lui my selfoon. Ek het nie die nommer herken nie, en toe ek antwoord kry ek n verassing, dit was my oudste seun. Ek was aangenaam verras. Ek het hom gevra waar hy is en wat hy maak, toe hy vir my vertel dat hy iewers in die karoo op n baie lang eensame pad was wat lood reguit loop sonder einde, oppad Kaapstad toe. Vir n oomblik het ek besef dat daar wel so n ding soos telepatie was, en dat hy darem seker vir n breek deel van n sekonde aan sy ma moes gedink het en toe besluit het om my te bel. Ons het nog so rukkie gesels en ek het toe gehoor dat hy oppad was om vakansie te gaan hou vir twee weke in die Kaap. Ek het hom beny, want ek was by die werk en enige vakansie vir my was glad nie in die vooruitsig nie.
Ons het afgelui, met I love you mom, en ek het gese I love you to.

Die gedagte wat ek die oggend gekoester het om my ander seun ook te bel, het soos mis voor die son verdwyn, want ek was nogal redelik besig, en voordat ek myself kon kry was dit half elf die aand en het ek en my man in die bed gele en tv kyk. Ek was dood moeg, my oe was bloedbelope en seer, en al waaraan ek kon dink was om te slaap, maar die tv was nog aan en ek het gele en rook in die bed, toe my man se selfoon lui. Hy het geantwoord, en sonder om veel te se het hy vir my die foon gegee en dit was my ander seun aan die ander kant. Toe ek sy stem hoor het ek geweet dat daar nou weer iewers moeilikheid is, want dit was al wanneer hy my gebel het, en gewoonlik as ek van sy ouboet die dag gehoor het, het ek die selfde dag nog van hom ook gehoor, sonder dat die een geweet het wat die ander een doen. Jy sien die kind van my was nog altyd my probleem kind, was altyd eerste in die ry as dit by seer kry gekom het, en niemand wou regtig iets met hom te doen gehad het nie, omrede hy nogal slegte gewoontes gehad het, maar dank die Vader hy het dit ontgroei, en jaag nou nie meer drugs na nie. Al wat ek kon uitkry was sy naam en toe het die laaste oproep wat ek van hom gehad het deur my gedagtes geflits, sien dit was n oproep om te se dat hy toegesluit was deur die polisie omdat hy in besit was van n ongelisensieerde vuurwapen. My hart het onder in my skoene gaan sit. Ek het hom gevra wat fout is, maar hy het aanhou se dat ek hom die volgende oggend agt uur moes bel, maar ek wou niks daarvan weet nie, ek het aangedring daarop om te weet wat aan die gang is, waarop hy toe vir my vertel het dat hy weer toegesluit is, hierdie keer omdat hulle hom gevang ry het sonder n lisensie, en toe het hy nooit die boete kaartjie gaan betaal nie en ook versuim om by die hof op te daag. Ek het net gesnak na my asem want ek het skielik nie woorde gehad nie. Verder het hulle hom toe gevang en hom toegesluit vir die nag en die volgende dag was hy by die hof waar hy nou moes verskyn vir minagting van die hof. In pleks van om die hofsaak by te woon het hy besluit om eerder sy dokumentasie te steel en weg te hardloop, omdat die polisieman onder wie se toesig hy was nie baie aandag aan hom gegee het nie, omrede dit nie so ernstige saak was nie. Hy het die hele dag by die Silo's weggekruip en daardie aand laat besluit om terug te gaan huis toe, waar die polisie hom toe weer gearresteer het. Hy was reeds in die selle toegesluit toe hy besef het dat hy nou in groot moeilikheid was, alhoewel sy vorige saak alreeds afgehandel was en hy klaar sy straf uitgedien het. "Community service"
Ek was sprakeloos en het nie geweet wat om te se nie. Die volgende oomblik het hy my begin smeek dat ek en sy stiefpa moes deur ry na hom toe, ek weet nie of hy regtig gedink het dat sy stiefpa half elf in die aand sou opstaan uit die bed uit en deur ry Bethal toe na hom toe nie, sien dit is omtrent n uur en n half se ry van waar ons bly.
Ek het hom probeer moed in praat en gese dat ek hom die volgende oggend sou bel, en dat ek dan met die Inspekteur wat aan sy saak werk sou praat om te hoor wat aangaan.
Natuurlik was my slaap nou daarmee heen. Ek het die hele nag nie n oog toegemaak nie, en het wakker gele en rondgerol en prentjies van hom in my gedagtes gevorm van waar hy eensaam en alleen en koud iewers in n polisie sel was. Ek het gewonder of hy darem n kombers het, en of hy warem aangetrek was?
Noodeloos om te se toe ek uiteindelik in die oggend ure aan die slaap raak het ek die vreeslikste nagmerries gehad van hoe hy in die einste sel met n tou om sy nek van iewers uit die dak hang.....

Jesus se liefde vir jou.


HOOFSTUK 1

My naam is Monique Smith, nee Human. Ek is gebore 25 Julie 1968, in Benoni, in die ou Transvaal.
Ek is die enigste dogter tussen vier seuns, en boonop die laat lammetjie. Natuurlik was ek so bietjie bederf, want hoe dan nou anders? Van wat ek kan onthou van my kinder lewe af, tot en met waar my lewe nou is wil ek graag met julle deel.
Ek is twintig jaar terug n taak opgele deur ons Hemelse Vader, wat ek nooit tot uitvoer gebring het nie, maar ek kan dit nie nou meer langer uitstel nie, my verhaal moet nou vertel word.
Jy sien dit het so begin, soos wat my ma my vertel het. My ouers was baie lief vir mekaar, en uit hulle liefde is vier seuns gebore. My pa het n dogtertjie begeer met sy hele hart, maar hulle het begin moed opgee en gedink dat dit hulle nie beskore was om n dogtertjie te kon he nie. Sewe jaar na my jongste broer is ek uiteindelik gebore, en soos my ma altyd vir my vertel het was dit n baie moeilike bevalling maar n heugdige dag toe ek uiteindelik my verskyning gemaak het. My pa het n paar keer my ma gemaak my doek af haal sodat hy kon seker maak dat ek wel n dogtertjie was, en so het my lewe begin, met meer as genoeg liefde en aandag van my ouers af. Ek was natuurlike my pa se oogappel, en op daardie stadium het ek dit nie besef nie maar ek dink dit het n wig tussen my en my boeties ingedryf.
My ouers het groot ideale vir my gehad, ek onthou hoe my pa altyd gese het dat ek eendag met n miljoener sal trou, en dat net die beste goed genoeg sal wees vir my, en dat hy daarvan sal seker maak. Ek het lang bruin blonde hare gehad, blou groen oe, en was my ma se ewe beeld. Elke aand wanneer dit tyd was vir my pa om huis toe te kom het ek in ons eetkamer agter die kas weg gekruip, dan sou my pa in kom en vir my ma vra waar is sy poppie? Dan sou my ma vir hom vertel dat ek kamtig nie daar is nie en dat sy nie weet waar ek is nie, dan sou hy kamtig in die kombuis en eetkamer soek, sonder om my raak te sien. Na n rukkie sal hy dan se dat hy dan maar die lekker wat hy vir my saam gebring het self moet eet, en dan kon my klein beentjies nie vinnig genoeg agter die kas uit kom sodat ek in my pa se arms kon in hardloop nie. Wanneer ek in die aand klaar gebad was en reg vir bed, het ek op my bed gaan sit en dan sou my pa agter my kom sit en my lang hare met stadige versigtige hale uit borsel, totdat dit blink om my gesiggie gehang het. Terwyl y dan my hare so borsel sou hy vir my vertel dat hy vir hom n hael geweer sal moet koop om al die “boy friends” van my af weg te hou. Dan sou hy vir my vertel dat hy n venster gaan deur breek in sy kamer wat aan ons sitkamer gegrens het, sodat hy sal kan sien wanneer my “boy friends” kom kuier, en as hy nie goed genoeg is vir my nie, en nie n miljoener was nie, of net sou probeer om aan my te raak sou hy hom dan met die geweer verwilder. Dan het ek te lekker gelag. Ek was toe net vyf jaar oud, en my pa en ma was alles in my lewe. Hulle sou my nie vir een oomblik alleen los nie. Toe gebeur dit so dat my ma gaan werk het. By die hospitaal, sien sy was n verpleegster. Nou moes ek kleuterskool toe gaan, maar ek was nie te vinde daarvoor nie. Ek het net dood eenvoudig geweier om alleen daar te bly wanneer my ma haar pligte moes gaan na kom. Omdat ek in die hospitaal se kleuterskool was waar my ma verpleeg het, was sy verplig om vir n verplasing te vra na die kleuterskool sodat sy naby my kon wees. Sy het toe ook die verplasing gekry, maar na die baba afdeling toe, met die gevolg dat ek nogsteeds nie by haar kon wees nie. Ek het soms buite die vensters gaan loer totdat ek gesien het in watter kamer my ma was, dan sou ek daar staan totdat sy vir my wys sy gaan nou na die kamer langsaan toe, dan het my kort beentjies vinnig na die venster langsaan gedraf, sodat ek weer daar vir haar kon staan en kyk, my ma was toe my alles, my begin en einde.
Soms het ek in geglip in die kamer waar sy was en dan het ek agter die deur weggekruip wanneer ek voetstappe in die gang hoor aan kom het. Gewoonlik het die matrone presies geweet waar ek was en dan het sy my soms met geweld daar weggevat omdat ek by die ander kinders van my ouderdom moes wees en dit nie toegelaat was vir my om by my ma te wees nie. Dit was vir my te veel, ek het my dae omgehuil en kon glad nie aanpas in die kleuterskool nie. Ek onthou een spesifieke dag wat my ma toe seker maar besluit het dat sy my in my boeties se sorg sou toe vertrou, my oudste boetie is elf jaar ouer as ek en my ma het seker gedink dat hy na my sou kon omsien. Ek onthou dat ek in die kamer moes bly, en hulle wou my nie toelaat om uit te kom nie. Ek onthou nog dat hulle in ons sitkamer gesit het, en plate gespeel het op my ma-hulle se plate speler. Ek onthou die een liedjie wat gespeel het so goed asof dit gister was. Groen en goud. Die liedjie het oor rugby gegaan, en groen en goud was die kleure van ons Springbok span, ek kon hoor hoe die musiek speel, tot vervelens toe, vat hom Dawie vat hom laag.......
Ek het in die kamer bly sit ek kan nie presies onthou of ek te bang was om uit te kom en of ek maar net gehoorsaam was toe hulle vir my gese het om daar te bly nie, maar ek onthou dat my hartjie baie seer was en dat ek baie na my ma verlang het, ek wou so graag deel wees van hulle kuier in die sitkamer maar ek was nie toegelaat nie, dit was asof hulle my verban het, asof hulle my weg gewens het, ek kon dit nooit verstaan nie, jare later sou ek wonder of dit was omdat my ouers so groot ophef van my gemaak het, miskien het hulle gevoel dat my ouers net vir my gelewe het, ek weet nie, daardie vraag is nog hangend, ek sal seker nooit die antwoord daarop ken nie.
Ek onthou baie dinge toe ek vyf jaar oud was. Op n stadium het my pa se een broer by ons kom bly, ek weet nie hoekom nie, maar hy het nie gewerk nie, hy was elke dag by die huis, gelukkig het my ma op daardie stadium nie meer gewerk nie, sy was ook by die huis, maar dit het niks aan die feit verander dat die oom my gemolesteer het nie. Hy het my maak glo dat ek die stout dogtertjie was en as ek vir enige iemand van ons geheim sou vertel, dat my ouers my nie meer sou lief he nie, en dat hulle my sal weg jaag. Ek het geswyg soos die graf, en vir die een of ander rede was die oom baie alleen saam met my. Soms moes hy my en my ma dorp toe vat met sy kar, en dan moes ek by hom in die kar wag terwyl my ma gou inkopies doen, en selfs dan het hy dit nie ontsien om my te molesteer nie. Ek het gemengde gevoelens gehad oor die oom van my, ek was bang vir hom, het gegril vir hom, hy het my met afsku vervul, en maak nie saak wat nie ek kon nie sy attensies wat hy op my af gedwing het keer nie. Wanneer ek weet dat ek alleen by hom moes wees het my hart vinnig in my borskas geklop, soms het ek gehuil wanneer ek alleen by hom die kar moes wag terwyl my ma gou die een of ander inkopie gaan doen het, soms het my gehuilery gehelp en het my ma my maar saam met haar laat uit klim en ander kere was ek nie so gelukkig nie en moes ek maar grootoog sit en wag sodat hy my soos n marionette kon gebruik.
Ek het hom met n passie gehaat, maar dit nooit in woorde uitgespreek of vir enige iemand daarvan vertel nie. Baie jare later kort voor sy dood sou ek hoor dat ek nie die enigste een was wat deurgeloop het nie, maar n paar van my niggies ook maar net soos ek was hulle ook te bang om te praat.
Eindelik het die dag aangebreek wat ek ook moes skool toe gaan, dit was n baie traumatise gebeurtenis vir my, want weereens moes ek alleen agter bly en my ma moes huis toe gaan, en vir my het die dag te lank gelyk sonder my ma, jy sien op daardie stadium dink ek was ek so verward en geknou deur my oom se attensies dat my ma vir my gevoel het soos die enigste person by wie ek veilig was.
Ek is ook nie seker wanneer het my pa begin terug trek uit my lewe uit nie, maar toe ek al heelwat groter was het ek besef dat my pa nie meer betrokke was in my lewe nie. Omdat my pa n gelowige was en ek so te se onder die kerk se banke groot geword het, het ek besluit om meer saam met my pa kerk toe te gaan, miskien sou hy my dan weer raak sien, want dit het vir my gevoel ek bestaan nie meer vir hom nie. Ek is elke Woensdag aand saam met hom bid uur toe, elke Sondag oggend sondagskool toe, elke Sondag oggend ere diens bygewoon Sondae aande weer kerk toe en Vrydae aande Jeugdiens toe. Ek het selfs by die Christen Veldwagters aangesluit en elke Dinsdag en Donderdag hulle byeenkomste bygewoon. Nou was ek elke dag van die week, behalwe Maandae en Saterdae betrokke by die kerk, maar nogsteeds het dit vir my gevoel ek bestaan nie by my pa nie. Ek was nou al in standard vyf, en het nie te sleg gedoen op skool nie. Ek het alles in my vermoee gedoen om my pa se liefde en aandag terug te wen, maar niks het gewerk nie. Soms wanneer ek alleen in my kamer was het ek vir ure net op die bed gele en na die dak gestaar sonder om enige iets raak te sien, dan het ek probeer terug gaan op my lewenspaadjie om te probeer onthou waar ek my pa verloor het langs die pad. Soms het ek hom in my gedagtes hoor se “jy moet nooit jou hare sny nie pop” en toe ek groter geword het, het ek aangehou huil en kla by my ma dat al my maatjies kort hare het en dat ek dit ook wou he. Ek onthou nog my pa se oe die aand toe hy by die huis kom en my hare is kort op my kop afgesny, ek onthou dat hy en my ma hard met mekaar gepraat het, nie dat ek hulle ooit hoor baklei het nie. Soms het ek gewonder of dit die rede was hoekom my pa nou met dowwe oe na my kyk, hoekom ek nie meer die glinster in sy oe kon sien nie, maar dit is ook n vraag wat nog hangend is en seker ook nooit beantwoord sal word nie, nie dat ek ooit oophou probeer het nie. Toe ek Hoerskool toe gaan begin ek toe rebels word, ek het my ouers oneindige probleme besorg veral vir my ma, want sy was die een wat baie betrokke was by my lewe.
Ek het geweier om skool toe te gaan, ek het altyd die een of ander verskoning gehad, en ek het begin rook om in te wees by my nuwe maats. Ek het altyd gedink dat ek dit kan los wanneer ek wou, dat dit nooit n houvas op my sal he nie, en toe het ek nie die begeerte gehad om op te hou nie, dit was lekker wanneer ek op partytjies saam met my vriende en vriendinne uitgehang het met n sigaret tussen die vingers, dit het my groot laat voel, en ek het gedink ek is in beheer van my lewe. Ek het net kerk toe gegaan wanneer ek so te se gedwing was om te gaan, verder het ek naweke in die inry of by partytjies uitgehang saam met vriende. Op n stadium was dit so erg dat die welsyn ingegryp het omdat die skool hulle ontbied het omdat ek amper nooit op skool was nie. My ma se hart was stukkend, maar my pa se oe was steeds dof. Niks wat ek gedoen het kon hom eers meer skok nie. Ek dink nie dat hy my eers raak gesien het nie, ek dink nie dat ek meer vir hom bestaan het nie en hoe seerder dit my gemaak het hoe meer rebels het ek geword. Totdat ek in n hulp skool beland het. Die skoolraad het my die oggend by hulle kantoor in Benoni gekry, ek het met my tas in my hand my ma gegroet en die trane het vrylik oor haar wange geloop, ek het my pa gegroet en daar was geen emosie op sy gesig nie, maar nadat ek so paar tree geloop het, het ek vasgesteek en omgedraai om vir oulaas na my ouers te kyk en ek het die trane duidelik in my pa se oe sien huiwer. Ek weet nie of hy gehuil het van blydskap dat ek nou uit hulle lewens sou wees nie, en of dit was omdat hy seer gehad het in sy hart vir sy klein poplap nie.
My pa se oe het die hele dag by my gespook. Ek het al die pad Potgietersrus toe agter in die vreemde kar gesit saam met twee vreemde mans wat my weggeneem het, en die trane het stil oor my wange geloop.
By die skool gekom het hulle my na die eetsaal geneem waar ek middag ete aangebied is maar ek kon nie die kos ingesluk kry nie die knop in my keel was te groot en my pa se oe gevul met trane het na my gekyk.
Ek het opgestaan en buite toe geloop ek het daar op die trappie gaan sit, en was in my lewe nog nooit so alleen soos op daardie oomblik nie. Omdat dit die begin was van die derde kwartaal was die kinders nog nie terug van hulle vakansie af nie, ek het net soos die onderwysers op hulle aankoms gewag. Alleen het ek op die trappie sit en wag, en al die emosies wat toe deur my gestroom het sal ek nooit in woorde kan sit nie. Ek weet net dat al wat n emosie is wat n mens moontlik kan ervaar ek op daardie stadium ervaar het. Ek het almal om my gehaat, ek het my self gehaat, ek was bang en opgewonde, ek was hartseer maar tog ook bly, want ten minste het ek n emosie by my pa ontketen, trane in sy oe al was dit net vir n paar sekondes. Daar het nog n seun opgedaag, Marius, blonde hare en blou oe, maar in sy oe het die duiwels ook gedans. Hy het vir my gevra of ek rook? Ek het net my kop geskud en hom nie regtig in woorde geantwoord nie, hy het iets gese van as ek sigarette saam gebring het ek dit nie in my tas of aan my moet weg steek nie want hulle deursoek alles van jou en alles aan jou. Jy moet so te se kaal uit trek sodat hulle kan seker maak jy vat niks onwettigs in die koshuis in nie, maar daarvoor het Marius ook n plan gehad, hy steek sy sigarette in die blom bedding weg in n plastiek sakkie wat hy onder die grond begrawe tussen die blomme sodat die tuin hulp dit nie dalk per ongeluk kan uitskoffel nie. Dit was ongeveer so twee uur die middag en ek wat nou verslaaf was aan sigarette het gesmag na een, want die hele dag het ek nie gerook nie. Hy het vir my gevra of ek saam met hom wil gaan rook en ek het sonder om te antwoord saam met hom geloop. Ons het om n hoek agter in die tuin gaan staan hy het n pakkie sigarette uit sy skoen gehaal en vir ons een op gesteek, ons kon nie elkeen een rook nie die kanse dat hulle ons sou vang was te groot, so ons het sommer een gedeel. My gemoed het rustiger geword, terwyl die sigarette my heeltemaal bedwelm het, op daardie stadium het ek nie omgegee wat met my gebeur nie. Ek was rustig. Nadat ons klaar gerook het, het hy vir my gese dat hy nou sy sigarette moet gaan weg steek want dit is nou haas tyd vir die bus om te arriveer met die kinders en dan sal hy nie weer die geleentheid kry om dit te gaan bere nie, en as hulle hom vang met dit is daar groot moeilikheid, hulle sal hom aanrand. Ek het op dieselfde trappie gesit waar hy my gekry het. Hy het opgestaan speels oor my hare gevryf en gese dat ek nie moet weghardloop nie hy is nou weer terug, en net daar het hy die saadjie in my kop geplant. Nadat hy om die hoek verdwyn het, het ek oor die groot rugby veld uitgekyk, die trekker wat net nou nog besig was om gras te sny het nou eenkant en verlate gestaan daar was geen siel in sig nie.
Ek het opgespring en so vinnig as wat ek kon na die hoe doringdraad gehardloop oor die rugby veld. Daar was twee groot hekke maar dit is bewaak deur twee wagte met weermag klere. Daar was nie n kans dat ek dit daar sou kon uit maak nie. Die enigste oplossing was dat ek maar my kanse sou moes waag en die draad moes klim. Ek het dit toe ook gedoen. Ek het my skoene uitgetrek en dit oor die draad gegooi, nou was daar nie meer omdraai kans nie ek was binne in die tronk en my skoene was buite. Ek het teen die draad begin op klouter en na n paar minute wat soos n ewigheid gevoel het was ek eindelik bo by die doring draad. Ek het my een been oorgegooi en nie omgegee toe die doring draad my stukken steek nie. Nou was my ander been ook oor en het net my twee hande nog bo vasghou, ek het reggemaak om af te klouter na my Vryheid, toe ek besef dat die wolromp wat ek aangehad het aan die doringdraad haak. Ek het my een hand laat los om my romp los te maak toe ek my balans verloor en die doringdraad my half oor my pols skraap en die volgende oomblik het ek hard met moeder aarde kennis gemaak, binne in n bos dubbeltjies. My hande en kniee was vol dorings, sonder om te dink het ek gaan sit en toe is my agterstewe ook vol dorings ek het opgespring en nou was my voete ook vol dorings, maar daar was nie tyd om dit uit te haal nie ook nie tyd om te dink nie, ek het my skoene opgeraap en so in die weghardloop het ek dit aan my voete getrek, dit was eers nadat ek so twee blokke verder gehardloop het dat ek besef het my bors brand so dat ek omtrent nie kon asem haal nie, dat ek op die sypaadjie gaan sit het, ek het die dorings uit my hande en kniee gekry maar tevergeefs gesukkel met die in my voete, ek het dit te diep weggetrap in my vleis om dit te kon uit kry. My voete het soos twee kole vuur gebrand, maar daar was steeds nie tyd om te dink wat ek volgende gaan doen nie. Eending het ek verseker geweet ek moes van die strate af kom want teen die tyd weet hulle seker al dat ek gehardloop het, en hulle gaan my kom soek want ek sou nie ver kom te voet nie. Skielik was hierdie groot dubbel verdieping huis voor my, hy het n groot koel tuin gehad en dit het vir my na rustigheid gelyk. Ek het nie eers die moeite gedoen om deur die hekkie te gaan nie ek het sommer oor die lae muurtjie geklim, en toe my skoene wegsak in die sagte dik gras is dit net asof daar n kalmte oor my gekom het. Ek het aangestap na die groot stoep, en geen idée gehad van wat ek gaan se as die mense by die huis is en die deur vir my oopmaak nie. Ek het die klokkie gedruk en nie lank nie of die deur gaan oop. Voor my staan n vrou met sagte bruin oe en sy vra vriendelik of sy my kan help, die volgende oomblik bars ek toe in trane uit en vertel vir die arme vrou die grootste sop storie ooit. Ek vertel vir haar dat ek saam met my broer Potgietersrus toe gekom het hy het kom besigheid doen, en toe het hy my iewers in die dorp afgelaai en gese dat ek net so bietjie vir hom moet wag hy sal my nou weer kom haal, en dit was die oggend tien uur al, my broer het my nooit kom haal nie, as ek asseblief net my ma kan bel sodat sy my kan kom haal.
Die vrou nooi my toe vriendelik binne en wys vir my waar die foon is. Ek skakel my ma se nommer en weet nie wat ek vir haar gaan se nie, maar eending het ek verseker geweet ek kon op haar staat maak sy sou my nooit in die steek laat nie. Toe ek my ma se stem aan die anderkant hoor het ek net vir een oomblik getwyfel en niks gese nie, en asof ek en my ma aan mekaar gebind is deur die een of ander onsigbare band het sy net geweet dat dit ek was en vir my gevra dat ek tog asseblief met haar moet praat, ek het vir haar gese dat ek weggeloop het en dat sy my moet kom haal maar as sy die mense by die koshuis bel en se waar ek is sal ek weer wegloop en dan sal sy ook nie weet waar ek is nie, ek het haar gesmeek om my net te kom haal, sy het gevra waar ek was en ek het haar vertel dat ek by die mense is maar nie weet hoe om haar te beduie nie, sy het gevra om met die vrou te praat. Ek het die vrou gaan roep en sy het met my ma oor die foon gepraat, nadat sy die foon neergesit het, het sy vir my gevra of ek dalk die badkamer wil gebruik, en of ek honger en dors is? Toe eers het ek besef dat ek nog niks ge-eet het nie, ek was honger, en op n lee maag lyk alles mos altyd erger as wat dit werklik is. Sy het vir my gese dat sy met my ma gereel het waar om my te kom kry en dat ek nerens heen gaan nie. Ek kan by hulle wag, maar ongelukkig gaan hulle die aand uit na n saal toe waar hulle gaan oefen vir die een of ander musiek konsert. My hart het wild in my keel geklop toe sy vir my meer vertel van die musiek konsert wat deur die hulp skool gereel word. Maar ek het niks gese nie, sy het vir my brood, tamatie eiers en worsies gebak, en vir my n glas vrugte sap daarby gegee, nadat ek klaar geeet het, het sy my bo na die TV kamer gevat waar ek gesit en TV kyk het terwyl sy gaan bad en haarself voorberei het vir die oefening van die musiek konsert.
Ongeveer so teen sewe uur die aand het sy vir my gese dat ons nou sal moet ry. Ek het met bewende bene in die kar geklim nie seker van wat ek moet verwag nie. Se nou maar net sy vat my terug na daardie tronk toe? Ek sal dit verseker nie oorleef nie, want alhoewel ek die indruk geskep het dat ek baie wild was, was ek eintlik maar net hierdie klein onseker dogtertjie wat beskerming en liefde nodig gehad het, en enige iets sou doen om die glinster terug te sit in haar pa se oe, wat enige iets so wou gee om net weer eenkeer te kon hoor dat sy, haar pa se poplap was.
Nietemin het ek maar in die kar geklim en het ons stadig in die rigting van die koshuis gery. Nie ver nie of ek sien dat daar n padblokade was, en nou was ek heeltemaal verboureerd, maar het myself gemaan om kalm te bly sodat hierdie mense met die goeie harte wat my sommer so sonder huiwer in hulle huis ingeneem het nie in die moeilikheid moet kom nie. Vir die eerste keer in n lang tyd het ek weer gebid. Woordeloos het ek gesit en bid dat Ons Hemelse Vader my moet help sodat ek kan huis toe gaan. Die polisie het ons afgetrek en met n flits in die kar gelig die vrou het vir hulle gevra waarna hulle soek en hulle het gese dat hulle na n leerling soek wat weggehardloop het, maar hulle het nie gese of dit man of vrou was nie. Omdat die vrou een van die polisie beamptes geken het, het hulle nie verder vrae gevra nie en ons het gery, die vrou het vir my gese dat sy hoop hulle kry die kind wat weggehardloop het want dit is tog so gevaarlik in die nag vir n kind daar buite in die donker alleen, en hoe bekommerd daardie kind se ouers moet wees. Ek het net stil geglimlag en gedink as sy maar net kon weet ek sit langs haar veilig en my ma weet presies waar ek is.
Ons het by die saal gekom en daar het my hart amper gaan staan toe ons instep en die vrou stel my voor aan van die onderwysers van die koshuis waarvan ek weggehardloop het, al wat my gered het was die feit dat nie een van hulle my nog ooit van te vore gesien het nie. Gelukkig was nie een van die onderwysers wat die middag by die koshuis was daar nie, almal wat daar was, was vreemd, niemand het my herken nie.
Ek het gewag en gewag en na n ewigheid het my ma, my derde oudste broer en sy vrou daar aan gekom en my kom haal. My ma het die vrou hartlik bedank omdat sy na my omgesien het, en toe het ons gery. Ek het met my kop op my ma se skoot aan die slaap geraak dit was n baie lang dag vir my gewees. Ons het omtrent eers twee uur die oggend by die huis gekom. Ons het in die jaard gestop en uit geklim min wetende dat ons buurman oor die pad ook vir die skoolraad werk, en dat hy aangese is om ons huis dop te hou, omdat hulle n vermoede gehad het dat ek sou huis toe gaan.
Ek het gaan slaap onwetende van dit wat die volgende dag op my gewag het. Salig en rustig in my eie bed, by my eie huis.
Die volgende oggend het my ma gaan werk en ek was by die huis. My ma was skaars weg of die tellefoon lui, sy se toe vir my dat die skoolraad haar gebel het en gese het dat hulle gesien het die vorige nag toe ons by die huis gekom het en dat hulle n saak teen haar gaan maak as sy my nie onmiddelik terug vat koshuis toe nie.
My ma het my toe kom haal en ons het die pad terug Potgietersrus toe aangepak. Die hele pad het ek stil sit en bid en nie geweet wat om te verwag wanneer ek daar kom nie. Dan het ek weer Marius se woorde gehoor, toe hy vir my gese het dat ek dit nie eers moet probeer om weg te hardloop nie want ek wil nie weet wat die gevolge sal wees daarvan nie. Dit is glo erg.
Daar gekom het die hoof my ingeroep kantoor toe, en daar het hy vir my gevra hoekom ek so dom ding gedoen het om weg te loop? Sonder om te dink wat ek se of om aan die nagevolge te dink het ek vir hom vertel dat ek swanger was. Sy oe het gerek en toe het hy sy foon opgetel en met iemand op die foon gepraat. Die volgende oomblik het n onderwyseres met weermag klere die kantoor binne gestap en my ferm aan my arm beetgekry. Die hoof het vir haar gese om my na die kliniek toe te vat vir swangerskap toetse. Hy het my ma in geroep en vir haar gevra of sy bewus was daarvan dat ek swanger is? My ma het nie n woord kon uitkry nie sy het net haar kop in verbasing geskud en na my gekyk met telleurstelling in haar oe. Ek het so gewens dat ek vir haar kon se dat ek nie swanger was nie maar dat ek dit gese het uit pure desperaatheid uit om nie daar te bly nie, ek wou huis toe gaan.
Toe is ek en die onderwyseres by die deur uit en in haar kar. Die paadjie na die kliniek was baie kort, en te gou het ek in die badkamer gestaan met n botteltjie urine in my hand sodat hulle dit kon toets.
Hulle het die botteltjie by my gevat en toe die uitslag kom was dit toe geplak in n bruin koevert wat na die hoof moes terug gaan, ek het nog steeds nie geweet wat die uitslag was nie. Maar ek het ook nie oophou bid nie.
By die hoof se kantoor gekom het ek op die rusbank langs my ma gaan sit en ek het stil my hand in hare geplaas. Die hoof het die koevert baie te stadig oopgeskeur na my sin, en toe het hy merkbaar bleek geword, en toe vir my gese dat daar nou niks is wat hy kan doen nie, as dit dan nou maar so is dan is dit nou my ma se besluit of ek moet bly of moet huis toe gaan. My ma het net daar gesit met groot oe. Ek dink nie sy kon n woord uit kry nie. Die volgende oomblik was die neuroloog by my wat oor my aangestel is, en hy het gevra of hy asb alleen met my kon praat. Ek het net daar bly sit verstom oor die uitslag van die toetse want dit is absoluut onmoontlik ek kon nie swanger wees nie. My ma, die hoof en die onderwyseres het die kantoor verlaat en ek het alleen saam met die vreemde lang man agter gebly, hy het my gepeper met n klomp vra, van wie is die kind se pa, en hoe en waar het dit gebeur, maar ek het hom nie geantwoord nie want ek het nie antwoorde gehad nie, ek het net vir hom gesit en kyk, hy het so kwaad geword dat hy my hard deur my gesig geklap het, en toe het ek tot die werklikheid terug gekeer en het my lam lede mate in werking gekom. Ek het opgestaan en al huilend uit die kantoor uitgestorm en in my ma se kar gaan klim. Ek het geweier om uit te klim. Hulle het toe my klere gaan haal en in die kattebak gelaai, en ons het die pad terug huis toe aangepak. My ma het nie n woord gese nie net daar gesit en bestuur, totdat ek besluit het dat ek nou iets sou moes se, ek het vir haar vertel dat daardie toetse nie die waarheid is nie ek het sommer net so gese met die hoop dat hulle my sou laat huis toe gaan ek het nie gedink dat hulle my vir toetse sou stuur nie, en hoekom die toetse positief was weet ek ook nie want dit is onmoontlik. Soos ek alreeds gese het alhoewel ek die indruk geskep het dat ek baie wild was, was ek eintlik baie skaam en terugetrokke, en was defnetief nie seksueel aktief nie.
My ma het gese dat sy my die volgende dag na haar dokter toe sou vat vir verdere toetse. Ek het net gehuil en kon nie glo dat my ma my nie geglo het nie, maar het ek vir myself gese dat die tweede toetse negatief sou wys en dan sou sy my glo.
Die volgende oggend vroeg het ek en my ma in die dokter se spreekkamer sit en wag om hom te sien. Sy het vir die dokter vertel dat sy graag n swangerskap toets wil laat doen maar nie gese hoekom nie. Hy het weer n urine toets gedoen en toe die uitslag negatief kom was my ma maar baie skepties, en het sy vir hom gevra om my asseblief sommer te ondersoek ook, wat hy toe wel gedoen het. Ek was nie swanger nie. My ma kon dit nie verstaan nie. Terug in die kar het sy weer met ongeloof na my gekyk en vir my gese dat sy nie verstaan hoekom hulle dan gister gedink het dat ek swanger was nie. Ek kon dit nie verklaar nie. Agterna het ek gewonder of hulle nie dalk my urine omgeruil het met iemand anders sin in die kliniek nie. Dit was die enigste logiese verklaring. Nietemin het ek nou weer met n probleem gesit want ek moes nou terug skool toe, maar hoe? Daarvoor het my ma toe die oplossing gehad ons sou net vir hulle vertel dat ek n miskraam gehad het. So gese so gedaan ons het dit so gedoen en nou is ek na die skool waar al my vriendinne was. Eindelik het dit nou weer beter gegaan met my. Of so het ek gedink. Toe een aand op n partytjie ontmoet ek toe my een vriendin se broer. Jaco. Hy was die breker van die seuns skool op ons dorp, en al die meisies was gaande oor hom, maar hy het my verkies, dit het wondere vir my ego gedoen en natuurlike het ek nie nee gese toe hy my vra om sy meisie te wees nie. Die eerste Vrydagaand wat hy toe vir my kom kuier was hy te bang om alleen na ons huis te kom omdat hy geweet het dat ek vier boeties het, alhoewel hy hulle nie geken het nie, en hulle seker nie regtig omgegee het wat in my lewe aangaan nie. Ek het toe vir my ma gese dat ek hom op die hoek n entjie van ons huis af moet gaan ontmoet, en my ma was nie baie ingenome met dit nie. Sy het geen geheim daarvan gemaak dat sy dink hy is ruggraatloos nie, want hoekom kan hy dan nie soos n normale seun aan die deur kom klop en dan vir my kom kuier nie. Ek het weer rebels geraak.
Ek het hom op die hoek gaan haal en ons is hand aan hand huis toe. My ma het my nie toegelaat om met seuns vriende uit te gaan nie, en wanneer hy kom kuier het, mag hy net gebly het tot tien uur, wanneer die horlosie tienuur slaan het sy net eenkeer na my geroep en dan het ek geweet dat hy nou moet loop, en dit het toe ook so gebeur. Na n paar maande se kuier by die huis het hy een Vrydagaand by my ma gekom met n boksie sjokolade en toe vir haar gevra of ek maar saam met hom mag inry toe gaan? Sy het die sjokolade gevat en vir hom gese dat hy my pa moes gaan vra. Ek kon sien hoe sy moed tot in sy skoene insink, maar hy het toe maar in elk geval gaan vra, en my pa het vir hom gevra hoekom gaan ons nie eerder jeugdiens toe nie? Hy het toe belowe dat ons die volgende Vrydagaand sou gaan, maar daardie Vrydagaand het nooit gekom nie. Ons is elke Vrydagaand inry toe, en my pa het nooit weer gevra nie.
So het die tyd te vinnig verby gegaan, en was dit tyd vir hom om weermag toe te gaan. Ek onthou nog die dag wat ons hom op die lughawe gaan afsien het, my hart was aan flardes en dit het gevoel asof my hele lewe tot stilstand kom, maar die keuse was nie ons sin nie en hy moes doodeenvoudig net gaan. Met beloftes aan mekaar van ons sal elke dag skryf en vir mekaar wag is hy daar weg en moes ek alleen terug huis toe.
Ek het my belofte nagekom en elke dag vir hom n briefie geskryf, soms het ek drie vier keer n week n briefie in die pos vir hom gegooi en gewoonlik het ek die selfde hoeveelheid terug ontvang. Ek kon nooit wag om sy blou koeverte oop te skeur en te lees nie.
Dit het goed gegaan by die skool alhoewel ek in baie moeilikheid beland het omdat ek die voorbok was om alles te doen wat my vriendinne my gese het om te doen.
Na ongeveer drie weke het sy briewe al hoe minder geword. Hy het my ook elkeVrydagaand gebel, en skielik het die oproepe ook gestop. Daar het weke verby gegaan wat ek op die foon gesukkel het om hom aan die hande te kry, ek sou bel na die foonhokkie in die kamp en boodskappe los en soms vir n half uur aanhou sodat hulle hom kon gaan roep. Sonder sukses. Ek kon hom doodeenvoudig net nie aan die hande kry nie. My briewe het ook onbeantwoord gebly. Ek het na drie maande op hou probeer, en ook nie meer so gereeld geskryf nie. Natuurlik het was ek jonk en nie lus om elke naweek by die huis te sit en wag op iets wat dalk nooit gaan gebeur nie.
So het dit dan gekom dat ek n ander ou ontmoet het. Hy was saggeaard en liefdevol en het geweet hoe om my spesiaal te laat voel. Ek het hals oor kop verlief geraak. Hy het my kom haal by die huis en dan sou ons vir ure sommer net by die padkafee sit en gesels met n melkskommel in die hand. Anders as Jaco het hy glad nie gedrink nie ek het die hele tyd in beheer gevoel. Soms wanneer Jaco gedrink het, het hy losbandig geraak en soms aggresief. Dit het my vreeslik gepla maar ek het nooit daaroor gepraat nie. Omdat ek in n Christelike huis groot geword het waar daar nie drank was nie, het dit my vreeslik gegrief. Ek het gevoel dat ek nie in beheer was nie, en dan het ek heeltemaal verboureerd geraak. Ek wou dit nie gehad het nie. Maar soos ek gese het, Johan was n ander storie hy het glad nie gedrink nie ek het daarvan gehou. Hy het wel gerook.
Om van n lang storie n korte te maak het Jaco my weer een dag uit die bloute uit gebel, en ek het nie woorde gehad nie. Ek het nie geweet wat om vir hom te se nie. Toe ek hom vra hoekom hy nie meer vir my skryf en bel nie was sy antwoord eenvoudig hy is baie besig. Ek het by my self gedink as hy nou al te besig is vir my hoe sal dit wees wanneer hy weer terug is. Ek het belowe dat ek vir hom n brief sou skryf, en dit is presies wat ek toe ook gedoen het. Ek het vir hom vertel dat ek iemand anders ontmoet het, en dat ek en hy nog vriende kan wees maar ek kan nie meer so sit en wag vir hom om terug te kom nie dit is te lank en ek is jonk en wil my lewe geniet.
Ek het nie antwoord gekry op my brief nie en ook nie weer n tellefoon oproep nie. My hart was aan die eenkant baie seer daaroor, maar my lewe het aangegaan en kort voor lank het Johan my gevra om met hom te trou. Ek was natuurlike nog baie jonk en my ouers sou nooit toestemming gee daarvoor nie. Ek was maar net sestien. Saam het ons planne beraam oor hoe ons dit sou doen want net soos ek het hy ook geglo dat die huwelik n heilige instelling is en dat ons niks sou doen om dit te verander nie, en dat ons ook niks sou doen om te moes trou nie, maar die antwoord was eenvoudig ons moes mense maak dink dat ons moet trou. Ek het n vriendin gehad wat swanger was en skielik het ek met die briljantse idée ooit tevore gekom. Ek het hom gebel en vir hom gese dat hy my moet kom haal sodat ons kon praat. Hier is wat ons sou doen, ek sou met my vriendin gaan praat en ek weet dat sy my sou help. Dan sal ek na my ma toe gaan en vir haar vertel dat ek dink ek is swanger, my vriendin sou dan vir my van haar urine gee wat ek sou wegsteek, wanneer ons by die dokter kom sou ek dan haar urine in die botteltjie sit inpleks van myne. En dan sou die uitslag mos positief wees, en dan moet ons net so gou as moontlik trou, en daarna kan ons mos vir almal vertel dat ek n miskraam of iets gehad het. Ons het nooit aan die nagevolge gedink nie, maar so gese so gedaan en dit was presies wat ons toe ook gedoen het. My ma was baie telleurgesteld in my, my pa was nogsteeds kul en koel teenoor my en het nogsteeds gemaak asof ek nie bestaan nie.
Nou het alles gou gebeur en voordat ek weet wat om my aangaan is ek en Johan in my ma-hulle se sitkamer getroud die 14 de September 1984. Sy ma het glad nie van my gehou nie en het geen geheim daarvan gemaak nie. Ons het oneindige probleme gehad.
Drie maande later is ons geskei, nadat ek aangerand, verneder, verkrag en verkleineer is. Hy het net een goeie dag vir my kom se dat hy in die moeilikheid is by die polisie en dat hy nou moet vlug, en toe is hy daar weg sak en pak. My lewe was aan skerwe, dit het gevoel asof my wereld tot stilstand gekom het, ek kon dit nie aanvaar nie. Intussen was dit alles die toe doen van sy ma. Ek het aanhou baklei om hom terug te kry, want ek was lief vir hom, of so het ek gedink. Inieder geval het die tyd my wonde begin heel, en het ek stadig maar seker weer begin kerk toe gaan en my sorge en pyn in my geloof geberg. Dit het gehelp. Op n stadium het dit vir my gelyk asof ek en my pa amper weer besig was om n verhouding op te bou want ek het weer gereeld saam met hom kerk toe gegaan, en my lewe het weer vorm aangeneem.
Ek het by my pa hulle se drukkery begin werk, en het dit geniet. Die geld was nie baie goed nie maar dit het nie saak gemaak nie want ek het steeds by my ouers gebly en het nie regtig geld nodig gehad nie, behalwe vir persoonlike goed. Maar ek het steeds gerook.
So het die tyd verby gegaan en so het Oktober 1985 aangebreek. Jaco se suster het my uit die bloute gebel en my oorgenooi, ons het lekker gekuier en ek was bly om te weet dat hulle nie meer vir my kwaad was vir dit wat ek aan haar boetie gedoen het nie. Een Vrydag aand het ek weer daar gekuier toe hulle telefoon lui, en dit was Jaco. Hy het nie geweet dat ek daar is nie, en die volgende oomblik het sy suster vir hom gevra of hy met my wil praat? Toe druk sy die foon in my hande, en ek het nie geweet wat om vir hom te se nie. Hy het vir my vertel dat hy die volgende naweek huis toe kom vir n pas.
Ek het nie geweet wat om vir hom te se nie, ons het afgelui en ek is later huis toe. Die volgende week het sy suster en sy ma my gebel om vir my te se dat ek hom n verrassing moet gee ek moet saam met hulle lughawe toe gaan wanneer hulle hom gaan haal die Vrydag aand. Ek was baie gespanne, en opgewonde en het nie geweet wat om te verwag nie. Ek het nie geweet of hy daarvan sal hou om my weer te sien nie.
Al my vrese is verdryf die oomblik toe ons op die lughawe voor die groot glas deure staan en wag vir die passasiers om daar deur te kom. Hy het deur die deure geloop met n glimlag op sy gesig en ek het gevoel hoe my binneste week word, ek het trane in my oe gekry want toe eers het ek besef dat ek hom op n baie sensitiewe tyd in sy lewe gelos het en dit nog deur middel van n brief ook. Ek het hom jammer gekry.
Die volgende oomblik het hy voor my gestaan sy arms na my uitgesteek en ek het in die kring van sy arms ingeloop en hy het my omhels asof hy te bang was om my te laat gaan. Hy het in my oor vir my gefluister dat ek nog mooier is as wat hy onthou. Dit het wondere vir my eggo gedoen. Ons is huis toe met my hand stewig in syne, hy het nie my hand vir een oomblik gelos nie. Dit het vir my gevoel asof hy bang was as hy my hand los sou ek weer weg gaan. Daardie aand het ek en hy n belofte aan mekaar gemaak, dat ons mekaar nooit weer sal los nie, maak nie saak wat nie.
Hierdie keer was ek vasberade om by my woord te hou. Te gou het die tyd verby gegaan en moes hy terug kamp toe. Ek het weer alleen agter gebly en die gevoel van verlies wat ek nou ervaar het was vir my baie erger as die eerste keer toe ek alleen moes agter bly.
Die dae het lank en traag verby gesleep, maar ek het getrou by die huis op sy tuis koms sit en wag. Een Vrydagaand het ons telefoon gelui en dit was hy, sommer so uit die bloute uit het hy vir my gese dat hy vir n pas huis toe kom en as ek wil sou hy graan aan my wou verloof raak. Ek het dadelik ja gese want dit het net reggevoel. Ek het na my ma toe gehardloop om vir haar die goeie nuus te gaan gee, sy het my net woordloos aan gekyk en niks gese nie. Ek het nie eers die moeite gedoen om dit vir my pa te gaan se nie, hoekom weet ek nie, miskien was ek bang om die telleurstelling in sy oe te sien, miskien omdat ek geweet het dat dit nie sy goedkeuring sou weg dra nie. Dit het toe ook so gebeur ons het verloof geraak en kort daarna is hy weer terug kamp toe. Hy het my gebel en vir my gese dat hy vir die volgende agtien maande moes grens toe gaan, dit het gevoel asof my hart besig is om te gaan staan. Hoe sou ek agtien maande om kry sonder om hom te sien, maar gelukkig was dit nie so erg nie hy het driemaande gegaan en dan het hy vir n sewe dae pas huis toe gekom en weer drie maande gegaan en so het dit aangehou totdat die agtien maande klaar was. Die tyd het gesloer maar eindelik was dit ook agter die rug, en was hy terug by die kamp. Hy het my gebel en vir my gevra of ek met hom sou trou die 17de Augustus 1985. Ek het natuurlik ingestem ek was darem aan hom verloof en dit het vir my beteken dat ek myself aan hom belowe het. Ek was die volgende drie maande baie besig met trou reelings en alles wat daarmee gepaard gaan. Dit het gehelp dat die tyd vinniger verby gegaan het.
Twee weke voor ons troue het ek en my pa een aand in die sitkamer voor die TV gesit, skielik het my pa met my begin praat, ek was verstom want gewoonlik kon ek daar sit en doen net wat ek wou hy het my nie eers raak gesien nie, maar wanneer een van my skoonsussies in die vertrek sou instap was hy die ene vriendelikheid en glimlagte vir hulle, dit het my baie jaloers en seer gemaak. My pa het vir my gevra of ek seker is dit is wat ek wou he? Natuurlike het ek geantwoord. My pa het my baie skepties aangekyk, en omdat my en Jaco se geloof soos dag en nag van mekaar verskil het, het my pa nie gedink dat ons huwelik sou werk nie. Ek was nie bereid om my geloof op te gee nie en ook nie hy nie. My pa het vir my gese dat ek hom nie sou kon verander nie, en ek was eie wys en baie hardkoppig ek het vir my pa gese dat liefde enige iets kan oorwin. My pa het toe vir my gese dat ek nog my besluit kan verander dat ek nie nodig het om met hom te trou as ek nie wou nie, maar ek het voet by stuk gehou en ons is twee weke later in hulle kerk getroud. Dit het my pa baie seergemaak maar hy het niks gese nie, hy het soos dit n pa betaam my in die paadjie afgelei en ek kon my selfs verbeel dat ek n traan in sy oog gesien het toe hy my aan Jaco gee. Asof dit die laaste was van sy dogter.
Ons lewens het goed geloop vir die eerste jaar van ons huwelik en ek was gelukkig. Soms was daar tye wat sy gedrinkery my kwaad gemaak het, maar dan het hy gese hy is jammer en sal nie weer so baie drink nie, net tot volgende keer dan het hy homself maar weer aan die drank vergryp.
Ek was swanger met ons eerteling toe ons probleem begin hand uit ruk het. Soms het hy vyf uur in die oggend werk toe gery en dan eers elf uur half twaalf die aand weer terug gekom. Soms het ek geruik dat hy gedrink was wanneer hy by die huis kom, en soms was hy iesegrimmig en het ek nie eers probeer om hom te vra waar hy was, en hoekom hy so laat was nie. So het ons lewens maar net voortgeploeter, en het ek nie werklik iets gehad om na uit te sien nie. My ma het my gehelp om klere vir die nuwe baba by mekaar te maak want ons het net doodeenvoudig nooit geld gehad om kleertjies te koop nie, maar wat ek nie op daardie stadium besef het nie is dat dat daar altyd geld was vir drank.
Ons het baie baklei, ek het nie meer kerk toe gegaan nie, want daar was altyd bakleiery daaroor ook, want hy wou nie saam met my kerk toe gaan nie en het my ook nie toegelaat om alleen na my kerk te gaan nie. As ek wou kerk toe gaan moes ek saam met hom na sy kerk gaan. Ek was bang want ek het nie regtig hulle geloof verstaan nie. Ek wil en sal nooit teenoor iemand anders se geloof diskrimineer nie, maar ek kon nie verstaan dat die priester op die preekstoel staan en preek en dan vertel hy gaan nou eers n breek vat om te gaan rook nie. Dan het hy afgeklim van die preekstoel af buiten toe geloop en gaan rook, terug gekom en verder gepreek. Dit het my dwars in die krop gesteek maar ek het niks gese nie.
So het ek dan swanger geraak met ons tweede kind in 1987. Ons het baie rondgetrek van die een huis na die ander, want hy was nie baie standvastig in sy werk nie en het baie van werke verwissel. Dit het my ouers ook gegrief dat hy nie sy verantwoordelikheid as n pa en man wou aanvaar en insien nie. Hy wou ook nie gehad het dat ek moes gaan werk nie want n vrou se plek is by haar kinders en in die huis. So gese en so gedaan. Ek het dit na n tyd begin aanvaar, en soms het ek kwaad geword wanneer ek honger was en daar was nie kos om te eet nie. Soms het ek gebid en vir die Here gevra hoekom ek so gestraf word? Hoekom Hy my dan nie help sodat ek ook beter kan lewe nie? Amper elke dag was ek moedeloos van hongerte, totdat my ma dan kom kuier het, en iets saam gebring het om te eet of my na my ouers huis gevat het en daar vir my en my kind kos gegee. Dan het sy gewoonlik vir Jaco ook kos saam gestuur huis toe. Soms het my ma sonder my pa se medewete vir ons kruideniersware gaan koop, maar dit het gewoonlik nie lank gehou nie, want Jaco sou in die nag opstaan en dan sommer twee soorte blikkies kos gaan oop maak en dit verorber. Wanneer ek dan die volgende dag soek na dit is dit weg dan sou ek die lee blikkies in die asdrommetjie kry.
Ek het nie geweet hoe ek dit moet hanteer nie, want hy is tog ook n mens en as hy honger is en eet sal ek nooit vrae vra nie, maar dit het my ma briesend gemaak want een blikkie was genoeg vir drie van ons om n ete uit te maak dan eet hy twee etes by homself op sonder om oor ons bekommerd te wees. Maar om met hom daaroor te praat het dit ook nie verander nie, hy het net aangehou om dit te doen. Ek was ver swanger met my tweede kind, toe hy een dag besluit dat hy n partytjie wou hou vir sy vriende. Hy het dit n “house warming party” genoem. Ek het geweet dit was net n verskoning om te kan drink. Ons het nie eers geld gehad om ons skuld te betaal nie, maar hy wou partytjie hou en al sy vriende ook nog nooi. Maar ek mag niks se nie. Sy woord was wet. Kort voor lank het ek met my swanger lyfie die wereld vol gedraf om hom en se dronk vriende te onthaal. Ek was tot die dood toe moeg en kon nie meer nie. My voete was geswel en my rug wou afbreek, maar ek durf nie kla nie want dan weet ek wat my voorland sou wees. Daardie aand ongeveer so teen agt uur kon ek die uitbundige klomp dronk mense om my nie meer hanteer nie en my humeur het totaal en al van my besit geneem. Ek het uitgestap na die motorhuis waar hulle harde musiek gespeel het, om te vra of die partytjie nie nou maar einde se kant toe kan staan nie, maar daar was geen sprake daarvan nie want hulle was nou besig om te dans. Die drank het vrylik gevloei, en daar was geen keer aan hulle nie.
Ongeveer tien uur het ek net gevoel dat ek nou genoeg gehad het, ek was oppad uit toe ek sien die polisie hou voor ons huis stil. Ek het stilletjies n dank gebedjie opgestuur want ek het geweet dat een van die bure die polisie gebel het vir rusverstoring. Ek het gedink dat dit nou die einde van die partytjie sou wees. Ek het by die motorhuis se deur ingestap met die polisie kort op my hake. Ek het vir Jaco gese dat hy asb die musiek moes afsit sodat die polisie met hom kon praat. Hy het geweier om dit af te sit maar het dit sagter gesit. Die polisieman het vir hom gese dat van die bure gekla het dat dit musiek hulle pla, en dat hy dit asseblief sagter moet sit. Hy het ewe stroperig belowe om die musiek sagter te sit, maar die oomblik toe die polisie motor om die draai verdwyn het die musiek weer oorverdowend uit die motorhuis opgeklink. Ek het maar weer eens met my swanger lyf die motorhuis aangedurf. Daar gekom was hy besig om met n ander vrou te dans, wat soos n rankplant aan hou vasgeklou het. Ek weet nie wie die dronkste was, hy of sy nie. Ek het na die radio gestap en dit afgesit, meteens het daar n doodse stilte geheers. Terwyl almal na my gestaan en kyk het, het ek vir hulle gese dat die partytjie nou verby was en dat hulle nou maar kan huis toe gaan, maar o wee dit moes ek nie gedoen het nie. Jaco was briesend, en het my aan my arm beet gekry en my behoorlik by die motorhuis uitgesleep. Hy het vir hulle gese om hulle nie aan my te steur nie en dat hulle maar verder kan “party”. Hy het die musiek weer aangesit en is met my aan my arm na die huis. Daar het ons woorde gehad, hy het my begin vloek en skel vir alles wat sleg was. Ek het in trane uitgebars, want op daardie stadium kon ek nie meer die deurmekaar spul hanteer nie. Hy het vir my gese dat ek asb my goed moet pak en moet padgee voordat hy my by die hek uit help. Hy het ook duidelik vir my gese dat sy vriende nerens heen gaan nie en dat hulle kon bly vir so lank as wat hulle wou. Op daardie stadium het sy sussie en haar kerel daar aan gekom. Ek het vir hom gese dat ek nerens in die middel van die nag heen gaan met my kind nie, en dat hy eerder kan loop as iemand moes loop. Hy het glad nie daarvan gehou nie en het my weer aan my arm beet gekry. Hy het my hek toe begin sleep. Buite kant het ek soos n steeks donkie vas gesteek, en geweier om een tree verder te loop. Hy was baie groter en sterker as ek en die volgende oomblik het hy so briesend kwaad geword dat hy my opgetel en my bo-oor die heining gegooi het. Ek het aan die ander kant hard met moeder aarde kennis gemaak. Swanger lyfie en al. Ek het gevoel hoe die pyn deur my heup been skiet, die trane het nou vrylik oor my wange gerol, ek het opgestaan en stadig begin terug stap hek toe. By die hek was daar so paar los bakstene wat veronderstel was om deel uit te maak van die drive way, ek het so kwaad geword toe hy my weer vloek en vir my se dat ek nie my pote by die hek sou insit nie, want my kind het binne in die huis gele en slaap, ek het een van die bakstene opgetel en was gereed om hom vol in sy gesig daarmee te kap toe ek skielik besef wat nie nagevolge daarvan sou wees. Hy sou my dood maak. Ek het die baksteen in die momentum laat val en dit het hom skuins teen sy enkel getref, die volgende oomblik toe tref sy hand my gesig. En toe ek weer sien het sy sussie se kerel hom teen die motorhuis se deur. Toe se hy vir hom as hy iemand wou slaan moet hy hom slaan, hy gaan nie toe kyk dat hy aan swanger vrouens slaan nie. Maar die lafaard wat hy was het hy gou omverskoning gevra en gese dat hy nie wou baklei nie. Ja, dit het ek geglo hy wou nie met n ander man baklei nie maar met sy vrou.
Die partytjie is toe gestop en sy dronk vriende is uiteindelik daar weg, maar hy het nog nie genoeg partytjie gehou nie en is saam met sy sussie hulle daar weg om verder iewers in n hotel verder te gaan partytjie hou. Hy het nie daardie nag huis toe gekom nie.
Die Sondag middag het iemand met n motorfiets hom by die hek afgelaai en hy het ingekom en gemaak asof daar niks gebeur het nie.

My tweede kind is gebore, en was baie sieklik, alles wat kon verkeerd gaan met hom het. Hy het asma gehad, alergiese sinuses, ekseem en was gereeld in die hospitaal met brongitus. Ons het Bethal toe getrek, en daar by sy ma-hulle gaan bly. Nou was ek verplig om elke Sondag saam met hulle kerk toe te gaan. Soms ook deur die week. Stadig maar seker het ek begin wonder of hulle geloof tog nie maar die regte een was nie, en dalk het ek al die jare groot geword om te glo dat daar n Lewende God was wat Sy kinders eendag gaan kom haal, en in werklikheid was daar dalk nie n God nie, want hoekom het ek gebid en gevra en nooit iets ontvang nie? My Bybel waarmee ek groot geword het, en dit is hoe ek geglo het van kleintyd af, as jy vra sal jy ontvang. Maar ek het dan so baie vir die Here gevra om my te help uit hierdie verknorsende situasie waarin ek was maar dit het net al hoe slegter gegaan met my. Toe begin ek siek word. Jaco se gedrinkery het nie opgehou of verbeter nie, maar dit het vererger. Soms het ek nie meer geweet hoe om dit te hanteer nie, ons het baie baklei, maar niemand wou my punt insien nie, niemand aan sy kant van die familie het verstaan wanneer ek se dat ek dit nie meer kan hanteer nie. Soms was ek opstandig en het begin glo dat daar werklik nie meer n God was wat na my geluister het nie.
So het dit gekom dat ons plaas toe trek en daar het my sorge net nog erger geword. Hy het in die dorp gewerk, en het soms vir dae aaneen nie eers huis toe gekom nie. Ek en my twee kinders was gestrand daar op die plaas sonder n kar en sonder n telefoon. Soms was daar net n klein bietjie mielie meel sodat ek dan maar vir die kinders pap gemaak het wat so slap was dat hulle dit uit n bekertjie moes drink, en soms was daar net n stukkie droee brood vir hulle om te eet. Wanneer die honger pyne aan my begin knaag het, het ek maar die een glas water op die ander een gedrink om die lee kolletjie te probeer toe maak. Daar was ook nie altyd koffie of tee en melk en suiker nie. Wanneer my ma kom kuier het en eetgoed saam gebring het dan het ek dit versigtig weggesteek sodat Jaco nie daarin moes vaar nie, dan het my kinders darem vir die volgende week kos gehad om te eet, al was dit dan net blikkies kos, of eiers en pap. Ek het myself nie die luukse gegun om saam met hulle te eet nie, wanneer my oudste seuntjie dan vir my sou vra of ek nie ook honger is en wou saam eet nie, het ek maar altyd net gese dat ek nie honger is nie. Kort voor lank het die honger pyne ook gewyk en het ek gelukkig nie meer honger geword nie. Geluk was vir my om te sien dat my twee kinders onderskeidelik 4 jaar en 1 jaar oud, eet. Deur die dag wanneer my werk binne in die huis klaar was het ek buite op die stoep gaan sit en kyk hoe hulle op die grasperk speel. Hulle was nog so klein en totaal en al afhanklik van my, dan het my hart weer in opstand gekom omdat die Here my dan nie help sodat ek vir my kinders n beter lewe kon gee nie. Driemaande later was ek te siek en te swak om op my eie twee bene te staan, ek kon nie meer my daaglikse verpligtinge na kom nie, maar gelukkig het ek toe n bruin bediende gehad wat na my gestuur is. Sy het basies my twee kinders se opvoeding op haar geneem, en goed agter hulle gekyk terwyl ek amper heeltyd in die bed gele en krul het van pyn. Ek het gewig verloor maar dit nooit besef nie. Hierdie ondraaglike pyn wat ek amper heeltyd op die krop van my maag gehad het, het my hele wese gedreineer en ek het nie meer die krag of die wil gehad om iets te doen nie. Ek het nie meer omgegee hoe ek lyk nie want ek het inelkgeval nie die krag gehad om eers te probeer om mooi te lyk nie. My oe het diep in hulle kaste gesit, ek het swart kringe onder my oe gehad, my bene was te maer om sonder ondersteuning te kon loop. Ek was siek en ek het nie geweet wat fout is met my nie. Omdat daar nie geld was om die huur van die huis te betaal nie is ons weereens uitgesit en moes ons dorp toe trek, dit was vir my n verligting want nou sou ek darem naby mense wees al sou ek nogsteeds niemand he wat vir my kom kuier nie. Ek het bitter min by Jaco se ma-hulle gekom omdat ek op die plaas gesit het, en wanneer hy soms klaar gewerk het, het hy vir hulle gaan kuier en dan sommer aand ete daar genuttig, en nooit omgegee of ek en die kinders iets het op die plaas om te eet nie.
Male sonder tal wanneer ons rusie sou he sou hy vir my se: “Kyk hoe lyk jy! Jy is nie meer vir my mooi nie. Jy is so maer as jy skeef draai sal mens sou nie eers kan sien nie” en omdat hy my so wysgemaak het, het ek geglo dat ek lelik en maer was. Die tye wat ek wel kos gekry het om te eet in my eie bord, kon ek nie die kos afgesluk kry nie, dit het dik geword in my keel, en wanneer ek dit wel gesluk gekry het, het my maag so seer geword dat ek dit in elk geval net weer opgegooi het. My skoon ma het toe met Jaco gepraat en hom laat insien dat ek nie so by die huis kan sit en niks doen nie dat ek moet gaan werk. Ek het gedink dat dit die oplossing is waarvoor ek gewag het.Ek het toe ook werk by die OK in Bethal gekry, ek was baie dankbaar vir die werk, en die geldjies was ook nie te sleg nie. Maar ek was swak en siek. Ek het met my eerste dag wat ek daar begin werk het inmekaar gesak, en toe wakker geword in die Bestuurder se kantoor op die rusbank. Hulle het my gevra wat aan die gang is, maar ek het gese dat ek seker maar griep of iets onderlede het, en dat ek na n koppie koffie met melk en suiker in beter sal voel. Ek het my werk hervat. Jaco het net oorkant die pad by Checkers gewerk waar hy sekuriteit was. Hy het nooit eers met sy etenstyd by my kom inloer nie, hy is reguit na n pub toe waar hy snooker saam met sy vriende gespeel het. Ek het twee weke by die OK gewerk toe ek weer eendag in mekaar sak van pyn. Die bestuurder het vir Jaco gebel en gese dat hy my moet kom haal en dokter toe vat want hy dink ek is baie sieker as wat ek wil voorgee. Hy het toe maar sy suster gestuur om my te kom haal. Ek is toe van die een dokter na die ander dokter en elkeen van hulle het n ander diagnose gemaak. Die een sou se dat dit my maag senuwees is die ander een het gese dat ek n rouseer het, die ander een het weer gese dat ek my dit alles verbeel want hy kry niks fout met my nie. Nou het Jaco ook begin glo dat ek aansit en niks makeer nie. Male sonder tal sou hy my uitskel en se dat ek te sleg is om uit die bed uit op te staan daarom maak ek of ek siek is. Dat ek my vinger uit my agterent uit moet haal en moet wakker word want ek is nie die enigste vrou op aarde nie.
Dit het my baie kwaad gemaak en gefrustreerd gemaak soms sou ek in die oggend wakker word en voel asof ek berge kan versit om net vyf minute later agter te kom dat ek te swak is om regop te staan. Ek kon nie eers meer water drink nie dan sou die pyn my so erg beet kry dat my kop sou draai en dan sou ek maar weer op die bed bly le. Later kon ek nie eers meer die smaak van tandepaste in my mond verduur nie dan sou ek opgooi.
So het dit gekom dat hulle my een Sondag in my toestand kerk toe vat sodat die Priester vir my kon bid, so gese so gedaan, hy het my selfs gesalf en gese dat ek nou gesond was. Ek is huis toe met die vreeslikste pyne op my maag. Later het n dokter my in die hospitaal opgeneem omdat ek aanhou menustreer het, en dit wou doodeenvoudig nie oophou nie. Sy het my geskraap en my toe dadelik huis toe gestuur, ek was nog half bedremeld van die narkose, maar ek onthou dat Jaco my van die bed af opgelig het asof ek n poppie was en my kar toe gedra het, hy het my op die agter sitplek laat le en my by die huis weer opgetel en bed toe gedra en is toe terug werk toe.
My ma het toe kom kuier en ek dink sy het geskrik toe sy sien in watse toestand haar dogter is. Sy het vir my gese dat sy vir my n afspraak by n ginekeloog in Kempton Park gaan maak en dan gaan sy my die volgende naweek kom haal sodat ek die Maandag die dokter kan sien en dan sal sy my weer die volgende naweek terug bring. Sy het my altyd probeer troos wanneer die pyn so ondraaglik was, dan het sy vir my gese dat as ek eers gesond is gaan ek en sy en die twee kinders see toe, en ons gaan roomys op die strand eet, en ons gaan in die son le en ons gaan elke aand by n restaurant eet en dan mag ek kies wat ek wil eet. Dit het my iets gegee om aan vas te hou om na uit te sien want ek is baie lief vir die see, maar in vyf jaar wat ek by Jaco was, was ek nog nooit weer by die see nie, my kinders het ook nog nooit die see gesien nie.
Die volgende Vrydag oggend het my skoonma hulle die Priester se vrou na my gestuur ek moes haar hare doen vir die een of ander funksie wat hulle aangehad het. Ek was so siek ek kon nie deur my twee oe sien nie, maar ek het wonder bo wonder haar hare gesny en geblaas en toe het ek net so op die bed langs die droeer gaan le, en nie meer mooi gefokus wat om my aan die gang was nie, met rukke het ek flou geword van die pyn, ek het my oudste seuntjie geroep en vir hom gevra om vir my n glas water en pynpille te gee, ek het gehuil dit was so seer ek kon nie meer die pyn hanteer nie, ek wou net he die pyn moet weggaan. Ek het die pyn pille gedrink wat hy vir my gegee het, maar vyf minute later het dit net weer so uitgekom, eintlik was dit net die bietjie water wat ek gedrink het wat uit gekom het, want binne in my liggaam was daar niks. Wanneer ek bygekom het na n floute het ek gesien dat hy nogsteeds langs my bed op sy kniegies sit en vir my kyk met trantjies wat oor sy wangetjies rol. Ek het sy handjies in myne gehou en dit was vir my n troos dat ek nie alleen was nie dat sy klein asempie ook nog hier was by my. Toe ek weer by kom het ek net gehoor hoe hy vir my bid dat Liewe Jesus sy mamma moet gesond maak want hy en sy boetie is baie lief vir my en het my baie nodig, dat ek asseblief nie moet doodgaan nie want dan is hy en sy boetie alleen. Dit het my hart gebreek en ek het besef dat ek nou hulp moet kry want ek kon voel hoe die dood sy arms uitsteek na my, en dit sou so maklik wees om dit net te vat en dan ontslae te wees van die vreeslike pyn. Dan het ek weer verval in hierdie donker gat wat my ingelsuk het. My skoonma-hulle se huis was ongeveer vyf blokke verder af in dieselfde straat as ons huis. Toe ek weer uit die donker gat terug keer na die vreeslike pyn, was my skoonma en skoonsuster langs my bed. Hulle het vir my vertel dat my oudste seuntjie hulle kom roep het en gehuil het en gese het dat hy bang is ek is besig om dood te gaan. Toe hulle sien in watter toestand ek is het Jaco se suster my in haar arms opgetel soos n babatjie en my na haar kar gedra en met my hospitaal toe gejaag. Daar gekom het alles nou vinnig gebeur die dokter daar aan diens het my ondersoek en die skerm om my bed getrek en ek het gehoor hoe hy vir my skoonma se dat hy nou dadelik gaan reel dat n ambulans my moet kom haal Trichardt toe na die Medi-Cross hospitaal toe dat ek daar n ginekeloog kan sien want ek sal dit nie deur die nag maak nie ek sou nie die son sien opkom die volgende oggend nie. Ek is besig om te sterf. Ek het dit gehoor en na hulle geroep, hulle het met groot oe na my gekyk, en ek het gese dat geld en tyd gaan mors om n ambulans te ontbied want my ma is oppad om my te kom haal, na n ginekeloog, ek wil huis toe gaan saam met my ma. Die dokter het daarop aangedring dat ek n brief saam neem na die ginekeloog toe en dat hulle my asseblief so gou as moontlik by hom moet kry want hy sien nie hoop vir my nie, en hy het nie eers geskroom om dit voor my te se nie. Ek het my twee seuntjies se gesiggies voor my gesien en die trane het vrylik oor my wange gestroom, ek kan nie nou dood gaan nie wat sal van hulle word? Hulle het niemand nie, my ma en skoonma is al oud en sal nie kans sien om hulle groot te maak nie, nie dat my skoon ma ooit regtig ooghare gehad het vir een van hulle twee nie. My ma sou hulle vat en na hulle kyk asof hulle haar eie is, maar sou hulle gelukkig kon groot word sonder n mamma? En net daar het ek besef dat ek nou sal moet baklei dat die donker gat my nie weer insluk nie. Die dokter daar het my n sterk morfien inspuiting gegee en nogmaals gevra of hy nie maar die ambulans moet ontbied nie, dat hy nie dink die ver geryery in n kar is goed vir my nie.
Maar ek wou niks weet nie ek het voet by stuk gehou dat ek na die ginekeloog in Kempton Park toe gaan saam met my ma nie saam met n ambulans nie. My skoonsuster het my toe weer opgetel soos n poppie en my terug gedra na haar kar toe. Die inspuiting het nie eers n bietjie die pyn verlig nie, maar ek wou niks weet as om saam met my ma te gaan nie. By die huis gekom het my ma en Jaco daar gewag op my. Toe my skoonma vir Jaco sien begin sy huil en se dat hy maar mooi na die twee kinders moet kyk want dit is nou al wat hulle oor het, het my ma briesend geword en vir hulle gese dat hulle behoort skaam te kry want ek is nog nie dood nie en ek sal ook nie doodgaan nie, ek sal my eie kinders groot maak. Vinnig het my ma vir my klere en nagklere en vir die kinders in n tassie gepak en sommer dat my bediende ook vir haar klere pak want sy sou moes saam om na die kinders om te sien. Jaco het my in ons kar agter op die sitplek laat le met n kussing en n kombers terwyl my kinders saam met my ma in haar kar gery het. Ons het die lang pad van Bethal af na Kempton Park aangepak. Skielik het my ma se ligte op haar kar nie gewerk nie, en toe begin dit nog reen ook, en daar wil haar ruitveers toe ook nie werk nie, maar deur gebed, geloof en genade van God het ons Kempton Park veilig gehaal twaalf uur daardie aand. Ek het gevoel dat ek naby aan my einde was, want ek kon die vreeslike pyn nie meer hanteer nie. Wanneer die groot donker gat my ingesluk het kon ek voel hoe ek elke keer dieper en dieper wegsink in die gat en hoe dit elke keer moeiliker en moeiliker was om weer my weg na die lig terug te kry. Maar ek moes aanhou baklei teen hierdie donker gat want ek het twee kinders wat my baie nodig het, en ek kon nie nou vir hulle alleen los nie. Ons het tot by my tweede oudste broer se huis gery en sy vrou het haar ginekeloog gebel en vir hom vertel wat die dokter in Bethal gese het, hy het gereel dat ek moes opgeneem word in Hydromed in Kempton Park en vir haar gese dat sy nie bekommerd hoef te wees nie hy sal vir hulle presies se wat hulle moet doen, en as hulle hom in die nag nodig het sou hy van Pretoria af kom na my toe anders sien hy my die volgende oggend vroeg. Jaco het my uit ons kar uitgetel en my op my skoonsuster se kar se agter sitplek neergele, my op my voorkop gesoen in ons kar geklim en terug gery Bethal toe.
By die hospitaal het alles net so vinnig gebeur toe ons daar stilhou was hulle daar met n rolstoel, en so het hulle die gange vinnig afgehardloop met my, my bed was klaar oop en reg en die monitors en drip sakkies het klaar reggestaan vir my. Gewoonlik vul mens eers vorms in, maar nou het hulle weerskante van my gestaan en twee drie naalde in my arms ingedruk, die hart masjien op my gesit en so ander masjientjie wat alles monitor. Die drips het nie gedrip nie dit het vrylik deur my are gehardloop, hulle het my opgeneem as dood, ek het gehoor hoe die een suster vir die ander een se sy kan nie my pols kry nie, dan het die ander suster weer probeer sonder sukses, hulle het in my oe gelig maar dit was klaar gebreek, dit was glaserig, hulle het my bloeddruk probeer vat maar ook sonder sukses, ek was 98% ontwater, medies gesproke was dit klaar met my, dit was nog net die asempie wat in my keel was, verder was daar niks. Ek het ook gehoor hoe die een suster vir die ander een gese het dat sy die dokter maar gaan bel sy dink hy moet maar kom want sy sien nie hoop nie, ek dink nie hulle het besef dat ek elke woord wat hulle gese het kon hoor nie. Die een suster is vinnig uit die kamer uit, terwyl die ander een maar weer probeer het om my pols te kan hoor, maar natuurlike sonder sukses. Die ander suster het terug gekom en gese dat sy die dokter gebel het en dat hy vir haar gese het om my in te spuit, en dat sy hom weer moet bel die oomblik as daar n verandering in my toestand is. Toe het my ma langs my bed kom sit en my hand in hare toegevou. My skoonsuster het gese dat hulle moet huis toe gaan want hulle kan tog niks vir my doen nie, maar my ma het voet by stuk gehou dat sy nerens heen gaan nie dat sy net daar by my gaan bly. My skoonsuster het toe maar gery en my ma het agter gebly. Kort-kort was die susters in my kamer om te sien of hulle nou al n bloeddruk en pols kan kry maar nogsteeds niks nie. Ek het gesien toe my ma vra of alles reg is het die suster net haar kop geskud en gese daar is niks meer wat hulle kan doen as wat hulle doen nie, en net gebed en genade van bo kan my nou help.
Met rukke het die donker gat my nogsteeds ingesluk, en na al die pynstillers wat hulle my ingespuit het, het ek nie meer so mooi geregistreer wat om my aan gaan nie, maar ek was deurentyd bewus van my ma wat langs my bed gesit en pleit het by God om my te spaar vir haar en my kinders.
Die donker gat het my weereens ingesluk......

Ek het my oe oopgemaak en die son se strale het deur my venster na my geloer ek het die voeltjies hoor fluit, en diep in my hart het ek geweet dat die dokter verkeerd was ek het die son sien op kom en ek gaan hom nog lank sien op kom, en langs my bed het my ma nogsteeds met my hand in hare gesit en al wat ek hoor toe ek my oe oopmaak is Dankie Here, Amen. En toe weet ek dat ek die son se strale sien opkom het en die voeltjies hoor fluit het, omdat ek n gelowige moeder het wat in n Lewende God glo, die grootste Geneesheer ooit. Toe is die dokter daar en die pyn weer ondraaglik, die dokter het my ondersoek en toe vir my gevra of ek n vorm sal kan teken wat hom toestemming gee om alles wat nie reg is nie te verwyder onder operasie. Ek het nie eers twee keer gedink nie ek wou net ontslae wees van die alewige pyn en gesond word. Ek het dit gedoen en hy het vinnig gereel vir n noodoperasie. Binne die volgende half uur was ek reg en het ek voor die teater gele en wag om in te gaan. Die narkotiseur was n dame en sy het by my kom staan en vir my gese dat ek nie bekommerd hoef te wees nie dat die pyn nou gaan weg wees en dat ek lekker gaan slaap, en as ek wakker word gaan ek gesond wees. Die trane het vrylik oor my wange geloop en ek kon nie praat nie my tong het dik gevoel in my mond so ek het maar net my kop geskud en met my hele hart geglo dat die pyn nou gaan weg wees vir ewig.
Tien ure later het ek my oe oopgemaak en oral om my was masjiene en my hele liggaam was vol dreineerings pype selfs in my neus. Ek het verskrik om my rond gekyk en my ma getrou langs my bed sien sit. Ek het vir die eerste keer in n lang tyd besef dat ek honger is, en het vir my ma gese dat ek melk en droee wors wil he. Sy het geglimlag en vir my gese dat sy my belowe die oomblik as die dokter se ek mag eet gaan sy vir my melk en droee wors bring, maar vir nou mag ek nog nie eet nie, en ek moet belowe om nie die pype te probeer uittrek nie, ek moet net stil le want ek het n baie groot operasie gehad, maar dat ek nou gesond gaan word, en dan kan ons see toe gaan. Ek het gevra waar is my kinders en sy het gese dat ek nie oor hulle bekommerd hoef te wees nie dat Anna by hulle is en baie mooi na hulle kyk. Ek het gevra waar is Jaco, en sy het my nie antwoord gegee nie.
Toe het die suster my kom inspuit en ek het vir die eerste keer in baie maande geslaap soos n babatjie. Maar wanneer ek my oe oopmaak was daar nog pyn maar dit was nou n ander pyn, nie meer dieselfde pyn wat ek vir soveel maande moes verduur nie. Dit was nou pyn van waar die dokter die siek derm afgesny het, en die abses verwyder het wat gevorm het asgevolg van my derm wat ophou werk het omdat ek nie ge-eet het nie. Maar ek was nou op die pad na herstel.
n Week het verby gegaan, en dit het elke dag net beter en beter gegaan met my, die pyn van die operasie was nou ook al baie minder en niks wat ek nie kon hanteer nie, maar ek mag nog nie vaste kosse ge-eet het nie, al wat ek mag eet was Jellie en Sop. Ek mag ook net water gedrink het. Ek was so dankbaar dat daardie vreeslike pyn nou iets van die verlede was, ek het sommer weer nuwe moed en krag gehad, en my ma het nie geskroom om vir my te vertel dat Liewe Jesus my lewe gespaar het vir haar en my twee kinders nie, dat daar nog krag in gebed is, en ek het dit met my hele hart en siel geglo want hier was ek dan besig om te herstel nadat hulle gese het ek is dood. My ma was elke dag vroeg by die hospitaal en het die hele dag daar gebly tot laat in die aand en dan is sy eers huis toe, soms het sy net by my gesit, ander kere het ons lekker gesels, soms het sy vir my gelees. Maar elke dag wat verby gegaan het kon ek voel dat ek al hoe beter en beter word. Na twee weke in die hospitaal het ek nog nie n dooie woord van Jaco gehoor nie, en ook nie van sy familie nie. Die enigste van my familie wat kom kuier het was my derde oudste broer en sy vrou, my kinders, my bediende, en my jongste broer en sy vrou. Ek het dit opreg waardeer want dit is baie eensaam en alleen in n hospitaal, en wanneer n mens so na aan die dood was, besef jy eers wie werklik vir jou omgee en lief is.
Na twee weke is eindelik ontslaan maar die dokter het gese die verste wat ek mag ry in na my ma se huis tien kilometres van die hospitaal af. Ek mag vir ses weke nie ry nie, en niks doen nie ek moet net rus sodat daardie derm gesond kan word. Ek kon nie wag om by die huis te kom nie, ek het dadelik vir my ma gevra of ek mag bel en ek het na my skoonma se huis gebel met die hoop dat Jaco daar sal wees, ek het na hom verlang, en het iemand nodig gehad om my vas te hou en vir my lief te wees, sodat ek vinniger kan gesond word. Ek wou weer vir my kinders n behoorlike ma wees en n ordentlike vrou vir my man. Ek wou alles wat ek die afgelope maande nie vir hulle kon doen gaan doen. My skoonma het geantwoord en gese dat Jaco nie daar is nie maar sy is seker hy sou soontoe kom en dan sal sy vir hom se om my te bel.
Later daardie aand het my ma se telefoon gelui en toe sy antwoord was dit Jaco wat gevra het om met my te praat. My ma het my na die foon gehelp want ek was nog bietjie swak en moes eers nog weer my kragte bymekaar kry en gewig aansit want dit het behoorlik gelyk asof my bene sou breek as ek op hulle sou probeer loop. Ek het geantwoord en was bly om sy stem te hoor. Hy was baie koel teenoor my en het net gevra hoe gaan dit? Ek het gese dat ek nou sterk oppad was om te herstel en dat dit nou net n kwessie van tyd is voordat ek heeltemaal gesond gaan wees. Ek wou natuurlik weet wat hy alles doen en hoe dit by die huis gaan, maar hy het my baie ontwykend geantwoord. Ek het vir hom gevra hoekom hy dan nooit eers vir my kom kuier het nie, waarop hy geantwoord het dat hy baie besig is by die werk, en n dol tyd gehad het. Hy het belowe om die volgende naweek te kom kuier. So het dit dan ook gekom dat hy die volgende naweek daar opgedaag het, maar nie om te kom kuier nie hy wou my terug vat Bethal toe, en hoe meer my ma vir hom gese het dat ek nie nou al so ver mag ry in n kar nie hoe meer het hy daarop aangedring dat hy my die volgende dag gaan huis toe vat, my ma moes maar naderhand instem, maar op een voorwaarde en dit is dat sy saam gaan sodat sy na my en die kinders kan kyk terwyl ek nog moet aansterk. So het ons toe die volgende dag die lang pad terug Bethal toe aangepak. Ek was doodmoeg toe ons uiteindelik by die huis kom, en my ma het dadelik my bed gaan reg maak sodat ek in die bed kon gaan rus. Jaco was nie baie ingenome daarmee nie en het vir my ma gese dat sy my te veel op piep ek sal nooit gesond word nie. En toe baklei hulle, dit het my vreeslik ontstel, en ek het gehuil. Ek kon nie glo dat hy so iets kon se nie. Hier le ek drie weke nadat ek amper my lewe verloor het, en hy se my ma piep my te veel op.
Die week het stadig verbygesleep, maar gelukkig was my ma daar en het sy seker gemaak ek en die kinders eet gereeld, die dokter het beveel dat ek vyf keer n dag moet eet om my derm aan die gang te hou, sodat hy nie weer moet gaan le nie, want omdat ek vir n lang tyd nie ge-eet het nie het die derm lui geword en sal maklik weer gaan le as hy nie heel dag aan die gang gehou word met kos nie. Jaco was ook nie baie ingenome met dit nie, en het gese dat ek hom bankrot sal eet, maar my ma het die kos gekoop want daar was net geld vir drank by hom, hy het nie omgegee of daar kos is nie en wanneer hy honger was het hy by sy ma gestop en daar ge-eet. Gedurende daardie week terug op Bethal het ek in die middae buite op ons stoep gaan sit terwyl my kinders op die gras gespeel het, oorkant ons huis was daar n pub. Elke middag het ek gesien hoe Jaco by ons huis verby loop saam met vriende en vriendinne na die pub toe dan waai hy net vir my en dan gaan hulle daar snooker speel. Wanneer hulle klaar gespeel het stap hulle weer terug werk toe en dan waai hy net weer vir my. Wanneer hy saans by die huis gekom het, was hy nie in n goeie bui nie en het altyd die een of ander plek gehad om heen te gaan, ek kon nooit verstaan hoekom hy so baie vir sy werk iewers heen moes gaan nie, omrede hy net die sekuriteit was by Checkers. Maar ek sou nie met die beste wil in die wereld probeer het om hom te keer nie want dan sou ek net n klap op twee kry, en daarvoor het ek ook nie meer kans gesien nie. Dit was asof ons twee nou in twee verskillende werelde geleef het, want dit wat met my gebeur het was vir my die grootste wonderwerk ooit, en hy het dit afgemaak as “all in the mind”. Ek kon dit nie verstaan nie, en nog minder kon ek verstaan en aanvaar dat dit nie aan hom saak gemaak het hoe ek voel en of ek gesond word nie. In ieder geval het die Vrydag aand weer aangebreek, en soos gewoonlik het hy weer die een of ander plek gehad om heen te gaan. Jare daarna sou ek hoor dat hy by n ander vrou gaan kuier het. Dit was nie baie laat nie ongeveer so teen sewe uur, voel ek dat ek weer vreeslike pyn het, en toe begin my maag om die vreeslikste geluide te maak. Ek kon nie verstaan wat aan die gang is nie, my maag het opgeblaas en dit het gelyk asof ek swanger is so rond en groot was my maag opgeswel. My ma het pyn pille gebring maar dit het nie juis veel gehelp nie, my geloof wat op daardie stadium nie baie groot was nie, het heeltemaal ingekonk en ek het geglo dat alles nou weer van voor af begin. Ek het gehuil en by my ma gepleit dat dit tog asseblief nie weer met my moet gebeur nie, want ek sou dit nie kon hanteer nie, en al wat my ma gedoen het was om vir my te vra waar is my geloof. Sy het vir my n gebed gedoen en ek het eindelik aan die slaap geraak. Die volgende oggend het ek wakker geword weer met hierdie vreeslike pyn, en Jaco was nie daar nie, hy het nooit die vorige nag huis toe gekom nie. Ek het by my ma gepleit om vir Jaco te gaan bel en vir hom te se dat hy moet af vat by die werk en my terug bring na die dokter in Kempton Park want ek het geglo dat my derm nou weer gaan le het en dat ek nou weer daardie vreeslike pyn sal moet verduur. Sy het na my skoonma se huis gestap en vir haar gevra om vir Jaco te bel sodat sy met hom kon praat. Hy het vir my ma gese dat hy nie nou by die werk kan afvat om my terug te ry Kempton Park toe, en dat hy sal sien of hy my die volgende dag sal kan vat, hy weet nie. My swaer het die hele gesprek gehoor, en was briesend, hy het net daar en dan in sy kar geklim en na Jaco se werk gery, daar het hy vir hom gaan se as hy nie nou huis toe kom en my terug vat na my dokter toe nie sal hy met hom te doen kry. Jaco se baas wat die hele petalje staan en aanskou het, het gaan vra of daar fout is, waarop my swaer toe vir hom vertel het wat met my gebeur het, en dat Jaco nou konsuis nie by die werk kan afvat om my terug te vat dokter toe nie. Jaco se baas het hom daar en dan beveel hom huis toe te gaan en my terug te vat dokter toe. Hy het by die huis aangekom in n vreeslike bui, en die hele tyd gemompel dat ons dink hy het tyd vir nonsens en tyd om op en af te ry, tussen Bethal en Kempton Park. My ma het toe vir hom gese dat ons almal vir hom gese het die dokter het gese ek mag nie so ver ry nie maar hy wou nie geluister het nie. Intussen was ek weer besig om te krul van pyn, soms wonder ek of hy nie regtig geglo dat ek net aansit om aandag te kry nie?
Ons het toe weer die pad aangepak terug Kempton Park toe, maar hierdie keer het my bediende agter gebly. Hy het so woes en rof gery seker van kwaadheid, dat my ma hom n paar keer aangespreek het om mooi en versigtig te ry, uit vrees dat ek sou seer kry.
Eindelik was ons by my derde oudste broer se huis, my ma het met my twee kinders aan die hand uitgeklim en vir hulle gevra om asseblief na hulle om te sien want ons is oppad hospitaal toe. Ons het toe gery, by die hospitaal gekom het ek sukkel-sukkel uit die kar geklim want die pyn was so erg dat ek letterlik inmekaar getrek het elke skoot as die pyn my gevat het. Hy het my tassie uit die kattebak gehaal, dit oopgemaak en my onderklere in my hande gedruk, my op die wang gesoen in die kar geklim en met n skreeuende bande weggetrek en gery. Terug Bethal toe. Daar het ek en my ma met verbasing in ons oe op die sypaadjie gestaan en nie mooi besef wat nou gebeur het nie. die trane het vrylik oor my wange gerol, op daardie stadium het ek nie geweet of dit van pyn of van hartseer is nie. Ek kon nie glo dat hy my sommer net so afgelaai het vir die tweede keer sonder om oor my bekommerd te wees nie. My ma het na binne gedraf en n rystoel gekry, my na binne gestoot en daar moes ons toe hoor dat hulle nie n ongevalle afdeling het by daardie hospitaal nie, en dat my dokter met verlof is en nie beskikbaar is nie. Ek was nie eers in staat om regop te sit nie wat nog van te loop. Die suster by die hospitaal kon sien dat en in vreeslike pyn verkeerd, het toe gereel dat hulle vir my n bed met wiele aan bing sodat ek kon le en wag vir die ambulans wat sy vir my ontbied het. Later het die ambulans opgedaag en my na die Union hospitaal in Alberton geneem. Die pad het vir my baie lank gevoel. Die pyn was erg en ek was naar en duiselig. Eidelik was ons daar, hulle het my opgeneem en my ma het die alles wat dokter Kruger gedoen het in die operasie aan hulle verduidelik, die dokter het my ondersoek en gevind dat ek infeksie in my wond gekry het, omdat ek te gou so ver gery het. Dit was drie dae voor nuwe jaar 1990. Ek het siek en sleg gevoel maar was terug op drips, ek het alweer nie lus gehad om te eet nie, en wanneer ek ge-eet het, het ek opgebring. Gelukkig het die drips en die antibiotika my vinnig reggeruk en op nuwe jaar is ek ontslaan en kon ek huis toe gaan. My ma het geweier dat ek nou weer terug gaan Bethal toe, inelk geval moes ek in Januarie weer terug na die dokter toe vir my ses weke ondersoek. By die huis het ek vir Jaco gebel om vir hom te se dat ek terug is by die huis en dat ek nou beter voel, en om hom te vertel wat die oorsaak was van my pyn. Gelukkig was hy by sy ma se huis toe ek bel en kon ek dadelik met hom praat. Toe ek hom vra of ek maar weer kan huis toe kom na my ses weke ondersoek se hy toe so sonder enige seremonie dat ons nie meer n huis het nie hy het ons huis vir sy suster gegee. Ek was so geskok ek het nie geweet wat om te se nie, ek het hom gevra waar ons dan nou gaan bly en hy het vir my gese dat hy by sy ma-hulle gaan bly, en dat hy nie weet waar ek en die kinders wil bly nie. Toe ek vir hom vra wat hy bedoel se hy toe vir my dat ek mos by my ma kan bly want dit is mos waar ek graag wil wees. En toe is die foon dood. Toe ek later weer terug bel se sy ma toe vir my dat hy nie daar is nie hy het gery en sy weet nie waarheen hy is of hoe laat hy terug kom nie. Ek het die volgende dag weer probeer, en toe se hy vir my dat ek asseblief net my goed moet kom haal want hy sien nie meer kans vir n lewe saam met n alewige siek vrou nie. My hart was stukkend en my lewe het aan skerwe voor my voete gele. Ek het nie geweet waar ek die stukkies van my lewe eerste moet begin bymekaar maak nie. Gelukkig was my ma daar vir my en het sy my baie ondersteun.
Januarie het verby gegaan en Februarie 1990 het gekom. Alles het goed gegaan en een oggend het ek wakker geword en die pyn was weer terug. My hart het vinnig geklop ek was bang want ek het net geweet dat alles nou weer van voor af gaan begin. Ek het gehuil en weereens gevra hoekom dit met my moet gebeur? Ek wou so graag gesond wees en nie meer pyn he nie, ek wou net n normale gelukkige lewe lei maar ek kon nie. My ma het dadelik die dokter gebel en hy weer vir my kortisoon voorgeskryf en gese dat ek dit moes drink en as die pyn na n week nog daar is moet ek hom laat weet dan gaan hy my na n chirurg verwys. n Week het verby gegaan en die pyn het al erger geword, en soos die pyn erger geword het, het my vrese al hoe groter geword, totdat ek die pyn nie meer kon verduur nie. Ek het n afspraak gekry by dokter Kremer in Kempton Park, en ek en my ma is soontoe om hom te gaan sien. Hy het vir my medisyne gegee wat ek moes drink en dan moes ek die volgende dag terug kom vir toetse. Die medisyne het my baie siek laat voel, en dit het my binnegoed skoon laat uitwerk. Die volgende dag is ek weer terug vir die toetse. Daar gekom het hulle n pyp in my neus afgedruk tot in my derm sodat hulle een of ander middel in my derm kon inpomp om x-straal foto’s van my derm te kon neem, dit was seker die moeilikste en ongemaklikste toetse wat ek nog mos deurmaak. Maar ek het nie n keuse gehad nie. Ek het nog sieker gevoel nadat ek klaar was met die toetse. Twee dae later het dokter Kremer my by die huis gebel en gese dat hy my so gou moontlik wou sien. Die volgende dag is ek en my ma weer terug na sy spreek kamer toe. Daar gekom het hy vir my die x-straal plate gewys en toe het ek duidelik gesien waar die abses in my derm weer gevorm het. Hy het gese dat hy my so gou as moontlik wou opereer om die abses te verwyder voordat dit erger word. Ek het in trane uitgebars want ek het geweet wat op my wag, maar die dokter was baie simpatiek teenoor my en het my gerus gestel. Almal wat dokter Kremer geken het, het my verseker dat hy die beste is en dat ek niks het om voor bang te wees nie. Twee dae later was ek weer in die hospitaal en het ek gewag om die volgende dag weer geoppereer te word. Dit was Valentyns dag en ek was in die hospitaal met niemand vir wie ek spesiaal was nie. Net my ma was die hele tyd by my.
Ek en my ma het in die wagkamer gaan sit en gesels, en die volgende oomblik het daar n man ingestap met twee miniatuur angeliertjies in sy hand, hy het rond gekyk in die wag kamer asof hy iemand gesoek het en die volgende oomblik het hy reguit na my toe gestap en dit vir my gegee, ek het nie die man geken nie, en hom net verbaas aangestaar toe hy die twee klein blommetjies na my toe uit hou en vir my se dat dit vir my was. Ek het dit gevat en sonder om n woord verder te se het die man omgedraai en by die deur uitgeloop. Tot en met vandag toe weet ek nie wie hy is of hoekom hy die twee blommetjies vir my kom gee het nie, maar dit was net of ek toe verseker geweet het dat ek nog deur iemand raakgesien is en dat ek tog spesiaal was op my eie manier, al was my selfbeeld baie laag en al het dit nie vir my gevoel asof ek ooit beskore sal wees om liefde in my lewe te he nie. Ek het toe nog nie besef dat God n plan het met my lewe nie.
Daardie aand nadat my ma huis toe is en ek alleen op my hospitaal bed gesit en by die venster uit gestaar het na die vliegtuie wat laag oor die hospitaal gevlieg het om te kom land en op te styg, het ek skielik die begeerte gehad om te bid. Ek het nie op my kniee gegaan nie maar sommer so op die bed gesit en bid. Ek weet nie hoe lank ek so gesit en bid het nie, maar die volgende oomblik het ek bewus geword van n sagte hand op my arm. Dit was die suster, sy het my gerus gestel en gese dat dokter Kremer een van die beste dokters in die land is en dat ek nie bekommerd hoef te wees nie hy sal goed na my kyk en my gesond maak. Sy het vir my n slaap pilletjie gebring en ek het in diep rustige slaap weggesink.
Die volgende oggend vyf uur was my ma weer daar. Ek het gaan stort en is toe terug na my bed waar ek gewag het dat hulle my moet kom haal vir nog n operasie. Ek was bang. Toe het die narkotiseur my kom sien en nie lank daarna nie het hulle my weggestoot op die bed teater toe. Ek was so gespanne en bang vir die operasie dat die narkotiseur my drie keer moes inspuit voordat ek aan die slaap geraak het. Vier ure later het hulle n half uur lank gesukkel om my by te kry, van al die narkose wat hulle my moes gee. Ek het bygekom en die pyn was weer onuithoudbaar. Hulle het my ingespuit met pynstillers en anders as my eerst operasie was ek bly dat ek net een dreinerings pyp gehad het en glad nie een in my neus nie. Ek was baie bang vir die pyp in my neus, want dit wou al voel asof ek wil versmoor.
Hierdie keer het ek ook baie gouer herstel as die eerste keer en net n een week was ek weer terug by die huis. Ek het sommer stukke beter gevoel en elke dag wat verby gegaan het, het ek gevoel hoe ek my kragte weer herwin. Ek het nie werk gehad nie en Jaco wat my toe al geskei het sonder dat ek dit geweet het, het ook nie vir my of sy twee kinders onderhoud betaal nie. Ek was afhanklik van my ma wat op daardie stadium R800 n maand van my pa afgekry het want my ouers is ook intussen geskei. Dit was nie maklik vir haar om vier van ons te onderhou met R 800 nie, maar ons het oorleef.
Skaars twee weke na my tweede operasie het my tweede oudste broer een middag in my ma se woonstelletjie waar ons in sy jaard gebly het ingestorm en hy het op my begin skreeu en gese dat ek my slegtheid moet laat staan en gaan werk soek. My hart was baie seer want ek was nog nie gesond nie. Ek het elke dag beter en beter gevoel maar het nog nie die krag gehad om te gaan werk nie. Geen werkgewer sou my in elk geval in diens geneem het in die toestand wat ek was nie. Ek was nog baie maer en het sommer sieklik gelyk, van al die antibiotika en kortisone het my hare ook bietjie uitgeval en was baie verdroog, my vel was baie dun en dit het gelyk asof mens dwarsdeur my kon sien. Ek was baie seergemaak nadat hy ons letterlik weggejaag het. Ons het ons maar beroep op my derde oudste broer en om hulp daar gaan vra. Hy het ons nie geweier nie. Daar het ek en my ma op een bed geslaap en my twee kinders op die grond in een kamer. Maar elke dag wat verby gegaan het, het ek al hoe beter en sterker gevoel. Eindelik was ek weer in staat om dinge vir myself te kon doen. Ek het gaan werk soek en werk gekry by n bottelstoor. Dit was nie wat ek wou doen nie maar op daardie stadium was dit die enigste werk wat ek kon kry, en ek moes maar tevrede wees daarmee.
Om van n lang storie n korte te maak dit het goed gegaan vir ongeveer n jaar lank, toe kom dit so dat Jaco se suster my weer bel en se dat ek tog asseblief moet kom kuier hulle verlang vreeslik na my en die kinders. Hulle het toe gereel om my sommer daardie naweek te kom haal. Ek het die breek kans verwelkom en hulle uitnodiging aanvaar. Jaco het ek toe gehoor het op daardie stadium in Witbank gewerk. Die Vrydag middag nadat ons by hulle huis in Morgenzon aangekom het, het sy vir my gese dat sy vir my n verrassing het. Natuurlik wou ek dadelik weet wat die verrassing was, en toe het sy vir my gese dat ons daardie aand na Jaco sou gaan om vir hom te gaan kuier. Hy verwag ons. Ek was opgewonde maar nog seergemaak, maar ons het toe maar gegaan. In ieder geval het hulle my toe daardie aand by hom gelos. Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar soos in die verlede was hy kamtig baie spyt dat hy my verloor het en nie beter na my en die kinders gekyk het nie. Ek het weereens my ore uitgeleen en terug gegaan na hom toe.
Ons is nie weer getroud nie het net saam gebly, intussen het ek nog n dogtertjie ryker geword. Ons het op daardie stadium in n karavaan park gebly onder haglike omstandighede. My ma het toe by haar broer gaan bly en dit het ook nie goed gegaan met haar nie. Drie maande later sit ek toe in n karavaan park sonder geld en werk met n pap babatjie en twee klouter seuntjies en hy los my weer. Op daardie stadium kon ek nie verstaan hoekom ek so gestraf word nie, maar eintlik is ek nie gestraf nie, sien want ek het aanhou bid en vir Liewe Jesus gevra om my uit my nood te help en vir my n beter lewe te gee, en dit is presies wat Hy besig was om te doen al kon ek dit nie op daardie stadium sien nie. Ek het so alleen en verwerp gevoel, dit het vir my gevoel asof die hele wereld sy rug op my gedraai het. Dit het gevoel asof ek nerens het om heen te gaan nie, ek was moeg tot die dood toe moeg, maar kon geen rus vind nie. My lewe was vol bekommernis en seer en verwyte. Soveel vrae wat nie vir my beantwoord kon word nie. Ek het geweet dat as daar een persoon was op wie ek kan staatmaak my ma. Ek het haar gebel en dit het nie twee ure gevat nie toe is my ma daar om my by te staan. Ons het daar in die karavaan gesit en nie geweet waar ons volgende bord kos vandaan gaan kom nie. Maar my ma se geloof het bly staan.
So het dit toe gekom dat ons uit die karavaan park weggejaag is omdat ons nie geld gehad het om te betaal nie, maar my ma het altyd gese as die nood op sy grootste is, is die uitkoms baie naby. Ons moes daardie aand die karavaan verwyder uit die karavaan park anders sou die opsigter kom met sy kar en die karavaan uitsleep tot buitekant die hek, ek het nie geweet wat ons gaan doen nie want ons het nie eers n kar gehad om die karavaan mee te sleep nie en as ons n kar iewers kon kry om die karavaan weg te vat waarheen sou ons hom vat. Asof gestuur kom Jaco se suster se man en n vriend toe daar aan om vir Jaco te kom soek. Sien hy en Jaco se suster is toe ook intussen geskei en hy het nie geweet dat Jaco twee weke terug al weg is en ons net so gelos het nie, my ma het begin om hom van ons verknorsing te vertel, en daar was niks wat hy vir ons kon doen nie want hy het self nie blyplek gehad nie, maar sy vriend wat saam met hom was, het ook gehoor wat my ma aan hom vertel het, en hy het aangebied om die karavaan vir ons na sy huis te vat, en dan kon ons agter in sy jaard kom bly. Hy sou ons nie geld vra nie, maar inruil vir die staanplek vir die karavaan moes ek hom in die huis help. Skoon maak en kos maak en wasgoed doen. Ek het nie juis n keuse gehad nie en het toe maar ingestem. So gese so gemaak, daardie aand slaap ek en my ma en die kinders toe in die karavaan in n wild vreemde man se jaard.Ons was net dankbaar dat ons nie op straat gesit het nie.
So het die dae en weke verby gegaan, en ons het mekaar beter leer ken. Die man was dolverlief op my en het alles in sy mag gedoen om my te kry om sy meisie te word. Hy het kos en geskenke aangedra en my en die kinders soms hasie park toe gevat in Benoni sodat die kinders bietjie kon uitkom. Kort voor lank het hy gese dat die huis groot is en dat ons nie nodig het om in die karavaan te bly nie ons kon maar in die huis intrek daar was meer as genoeg kamers. Een kamer was syne, een vir die kinders en een vir my en my ma. Ons het dit verwelkom want dit was baie ongemaklik met die kinders in die karavaan. Elke aand moes ons in elkgeval in die huis gaan bad, en wanneer ons die toilet wou gebruik moes ons hom wakker klop in die nag. Ek en my ma en die kinders het toe maar in die huis ingetrek. My broer het sy karavaan kom haal en dit het gelyk asof ons lewens weer begin koers kry. Nie lank nie of my ma besluit sy wil nou haar eie woonstel he, sy het toe n woonstel in Benoni gekry en uitgetrek. Nou het ek darem n kamer op my eie gehad en my kinders n kamer op hulle eie. Ons het nie een aand honger gaan slaap nie alhoewel ek nie gewerk het nie. Sy huis was altyd skoon en sy klere netjies gewas en gestryk, elke aand wanneer hy van die werk af gekom het was daar n bord kos op die tafel vir hom.
Dit was nie lank nie, toe vra hy my of ek nie maar met hom wil trou nie? Ek het geen gevoelens vir hom gehad nie en wou nie instem daartoe nie, maar hy wou dit nie aanvaar nie en het nie een oomblik laat verby gaan om aan te hou nie. Eindelik het ek nie meer die krag gehad om aan te hou nee se nie, en toe hy my weer eendag vra om verloof te raak aan hom het ek sommer gese ja. Hy was buite homself van blydskap, en het vir my gevra watse ring wou ek he? Ek het toe sommer gese ek soek die baby Angel ring, eintlik weet ek nie hoekom ek dit gese het nie, miskien het ek gehoop dat hy nie die geld sou he om so duur ring vir my te koop nie en dan kon ons dalk die verlowing nog langer uitstel, maar die volgende naweek het hy die een of ander funksie gehad by die Vrymesselaars vereniging waaraan hy behoort het. Dit was blykbaar n groot funksie en almal moes uithang vir die geleentheid. Ek moes n mooi rok kry, maar soos gewoonlik wou ek nie een gaan koop nie ek wou een maak. Hy het selfs n naaimasjien gehad en toe het hy vir my geld gegee vir material vir die rok wat ek self wou maak, my ma het my kom help en kort voor lank het ek vir die eerste keer in my lewe die mooiste rok gehad. Hy het gereel dat n taxi ons daardie Vrydag aand by die huis kom haal na die aangeleentheid toe iewers in Johannesburg, en dan sou die taxi ons weer huis toe bring ook. My ma het toe by ons kom oorslaap sodat sy die kinders kon oppas terwyl ons uitgaan. Hy het my behoorlik soos n prinses behandel. Voordat die taxi opgedaag het, het hy ewe galant op sy knieg neergesak n boksie uit sy sak gehaal dit oopgemaak en terwyl ek teen die baby Angel ring vasgekyk het binne in die boksie het hy my weer gevra om aan hom verloof te raak. Ek was stom geslaan en het net my kop ja geskud, ek kon nie glo wat ek gesien het nie. Ek kon nie glo dat ek vir iemand belangrik genoeg was sodat hy elke wens van my tot op die laaste letter sou uitvoer nie. Hy het die ring aan my vinger gesteek en my toe vir die eerste keer gesoen. Ek het nie regtig daarvan gehou nie maar die koeel was nou deur die kerk en sy ring het aan my vinger gesit. Hy het werklik die grond aanbid waarop ek geloop het. Ons is toe na die funksie toe, en daar was allerhande tipe mense, maar almal was deftig aangetrek en die vrouens daar is soos koninginne behandel. Ek weet tot en met vandag toe nog nie wat hulle elke week by die vergaderings gedoen het nie, maar ek het daardie aand verstaan dat hulle een keer n jaar so funksie het vir al die vrouens en meisies van die vrymesselaars, sodat hulle nie afgeskeep voel nie, en die mense het geweet hoe om n vrou spesiaal te laat voel. Elke vrou het n bos blomme gekry met aankoms, en is behoorlik op die hande gedra.
Dit was lekker om weer vir n wyle spesiaal te voel, dit het weer sin aan my lewe gegee. Maar nie lank nie of hy begin ook drink, en wanneer hy gedrink het, het hy n heel ander persoonlikheid gehad. Dit was soos dag en nag. Net so liefdevol as wat hy kon wees wanneer hy nie gedrink het nie, net so aggresief en ongeskik kon hy raak wanneer hy te veel gedrink het. Skielik het ek n vrees vir hom begin ontwikkel, en wou nie meer daar wees nie, maar hy het my nie vir n oomblik alleen gelos nie. Selfs wanneer daar iemand in die aand agt uur aan die deur sou klop sou hy die deur oopmaak en maak nie saak wie voor die deur was nie hy sou hulle letterlik weg jaag want dit is nou my en sy tyd saam. Dit het my gegrief maar ek het nie durf waag om iets te se nie, want ek het toe alreeds n paar keer gesien waartoe hy in staat is wanneer hy kwaad word.
Nie lank nie of die pyne begin weer. Ek het in die bed bly le en krul van pyn, en hy het besluit om my ma te laat kom. Saam het hulle besluit om die ambulans te bel om my hospitaal toe te vat. Dit het toe ook so gebeur, by die hospitaal het hy vir alles betaal omdat ek nie geld, werk of n mediese fonds gehad het nie. Ek wou dit nie so gehad het nie, maar die pyn was so erg dat ek nie n keuse gehad het nie. Ek is opgeneem in Glynwood hospitaal in Benoni en dokter Dewar is ontbied om my te kom sien. Weereens is daar toetse wat op my gewag het. Eers het hy my gestuur vir n Catscan, en die goed wat ek moes drink voor die tyd het my weereens nog sieker gemaak. Daarna het hy gese dat hy verplig is om weer die toetse te doen waar hulle die pyp in my neus moes afdruk tot in my derm om fotos te kon neem. Ek het begin huil want ek was so siek ek het nie kans gesien vir dit nie. My ma het hospitaal toe gekom vir ondersteuning, en nadat die dokter gesien het hoe bang ek vir die toets was het hy ingestem om my half te verdoof voordat hy die toetse doen. Omdat ek op die een sy en dan weer op die ander sy moes draai kon hulle nie die toetse onder narkose doen nie. Die toetse is toe gedoen en my grootste vrees bewaarheid, ek moes weer geoppereer word, en nog n stuk van my derm moes verwyder word. Ek het nie geweet hoe ek dit gaan oorleef nie, ek het nie meer kans gesien nie, en soms het ek gewonder hoekom ek nie maar met my eerste operasie liewer dood gegaan het nie, maar Liewe Jesus het n plan met my lewe gehad al het ek dit toe nog nie besef nie. Die operasie is gedoen en die pyn na die operasie kan ek nie in woorde omskryf nie. Die pyn was so erg dat hulle my soveel pyn inspuitings gegee het dat dit my sig belemmer het en ek eintlik blind was daarvan maar die pyn wou nie weg nie. Drie dae het ek so in hierdie vreeslike pyn verkeer dat ek wou gek word daarvan, ek het letterlik my dae en nagte soos n babatjie omgehuil. Na twee weke in die hospitaal is ek ontslaan en die pyn was nogsteeds daar, nou darem n bietjie meer draaglik maar die pyn wou nie weg nie. Ek het op pyn pille gelewe. My ma het weer by ons kom bly sodat sy agter my kon kyk. Een aand het ek in die bed gele vol pyn en die trane het oor my wange gerol, toe ek vir my ma vra hoekom Liewe Jesus my dan nie gesond maak nie? Ek het geweet dat Hy die mag het om dit te doen maar ek kon nie verstaan hoekom Hy dan nie die pyn weggevat het nie. My ma het toe vir my gevra of sal omgee as sy vir my n gebed doen. Ek het op die bed bly le met die trane wat teen my slape afrol en in my hare verdwyn terwyl my ma langs my bed gekniel het. Sy het gebid en vir Jesus gevra om my pyn weg te vat, en ek het onder haar gebed aan die slaap geraak en die pyn het elke dag minder en minder geword totdat dit naderhand nie meer daar was nie.
Een aand het ek en Louis baklei, en hy het my in my maag gestamp sodat ek hard op die bed geval het, ek het gevoel hoe die pyn deur my lyf skiet en het net so bly le en gehuil soos n babatjie, hy het sy vuis teen die deur geslaan en by my kamer uitgestorm. Gelukkig het my kinders al geslaap en weet hulle van niks nie. Net daar en dan het ek besluit dat ek hier moet weg kom dat ek nie weer moet toelaat dat n man my mishandel en my dwing om goed te doen waarvoor ek nie reg was nie en wat ek nie wou doen nie. Maar ek was so bang vir hom dat ek niks gese het nie, maar ek het die hele nag wakker gele en gedink hoe ek kan wegkom. Die volgende oggend is hy weg werk toe, en net daar en dan het ek vir my en die kinders die nodige klere ingepak dit in die kar gesit wat hy by die huis gelos het vir my om mee te ry, en toe het ek vir hom n briefie geskryf en gese as hy die kar wil he moet hy hom by my ma se woonstel gaan haal. Ek sal die sleutels en die kar daar los vir hom. Ek het die deur gesluit en die sleutels deur die kombuis venster gegooi, in die kar geklim en gery asof die duiwel self agter my aan was. Ek was so bang dat hy op my sou afkom, en dan weet ek nie wat hy sou doen nie, want hy toe alreeds in die verlede vir my gese die dag as ek hom los sal hy my kom dood skiet. Ek het by my ma aangekom in n toestand van angs. Ek het aan haar gese dat ek asseblief by haar wil kom bly want ek was bang vir Louis. Sy wou weet hoekom ek dan nou skielik vir hom bang is maar ek het haar nie vertel wat hy gedoen het aan my en hoe besitlik en jaloers hy was nie. Ek het net vir haar gese dat ek baie bang is vir hom en dat ek hom nooit weer wil sien nie. Ek het ook vir haar gese as hy kom om die sleutels te kom haal moet sy dit deur die venster vir hom gee sy moenie die deur vir hom oopmaak nie want ek is bang dat hy my gaan skiet. Hy was die tipe mens wat gedoen het wat hy gese het hy gaan doen, en daardie woorde van hy gaan my skiet het deur my kop bly maal. Ek het al voor my geestesoog gesien dat hy my werklik sal kom skiet en dan omdraai en loop asof niks gebeur het nie. Daardie aand het ek die kinders vroeg laat bad en het self ook vroeg gebad en toe in my ma se kamer gaan sit met die kinders wat oral om my op die enkelbedjie le en slaap het. Ek wou net my kinders naby my he sodat ek hulle kon probeer beskerm wanneer hy dalk iets sou probeer. Kort voor lank was daar n klop aan die deur en my hart het vinnig in my keel geklop ek was so bang. Ek het met groot oe na my ma gekyk en haar gesmeek om nie die deur oop te maak nie. Sy het voor die deur gaan staan en gevra wie is daar. Hy het gese dat hy net sy kar se sleutels kom haal het. Sy het in die gangetjie langs die voordeur die venster oopgemaak en vir hom die sleutels daardeur gegee. Hy was briesend net soos ek vermoed het, hy wou by my ma weet waar is ek en die kinders, en gelukkig het my ma gedink en vir hom gese dat ek nie daar is nie ek is by my een broer se huis. Hy het nie geweet waar my broers bly nie so hy kon nie daar vir my gaan soek nie. Ek het steeds in die kamer gesit stokstyf gespanne, en stil-stil gebid dat hy tog net die sleutels moet vat en moet ry, ek het geen begeerte gehad om hom ooit weer te sien nie, en was baie bang. Hy het toe vir my ma gese om vir my n boodskap te gee en vir my te se dat dit nie die laaste is wat ek van hom gehoor het nie. My ma het ook die baby Angel ring wat hy vir my gekoop het vir hom gegee maar hy wou nie die ring vat nie. Hy het toe gery. Ek het lank daardie nag wakker gele en rondrol uit vrees dat hy dalk in die nag sou terug kom, maar gelukkig het hy nie.
n Week het verby gegaan, en toe is daar een oggend n klop aan die deur. Toe my ma die deur oopmaak was dit n vrou van die welsyn. Sy het vir my ma gese dat sy na my soek want sy het n klagte gekry dat ek my kinders verwaarloos. Dit het my baie seer gemaak want op daardie stadium was my kinders my hele lewe want hulle was al wat ek gehad het. My ma het haar na binne genooi en sy het die kinders daar gekry, skoon gewas en aangetrek, my twee seuntjies het op die bank gesit en pap eet en my meisiekind het in haar kot gele en slaap. Almal rustig en niks verkeerd met een van hulle nie. Ek het reguit vir haar gese dat ek weet wie haar gebel het en ook weet hoekom, ek het vir haar gese dat dit Louis is wat haar gebel het, en ek het haar vertel hoekom ek dink hy haar gebel het, met die hoop dat as ek dink ek my kinders gaan verloor omdat ek nie werk het nie, ek miskien na hom toe sou terug gaan. Sy het net vir my gese dit is waarvoor die welsyn daar is om mense soos ek te help, en dat sy kan sien my kinders word goed versorg, as ek enigsins kos nodig het vir hulle moet ek nie skroom om haar te kontak nie dan sal sy vir ons kos bring. Sy het in elkgeval elke week n kos pakkie kom aflaai by my ma se woonstel. En sodoende het Louis ook nie sy sin daarmee gekry nie. Maar wanneer daar n klop aan my ma se woonstel deur was het my hart n paar slae gemis en dan amper by my keel uitgespring van vrees, vrees dat Louis voor die deur sou staan. Dit was vreeslik om in so vrees te lewe. Ek was te bang om winkel toe te gaan want ek was bang dat hy dalk iewers vir my kon staan en wag.
Maar die weke het stadig verby gegaan en elke dag het ek sterker en sterker geword. Een oggend het ek opgestaan en vir my ma gese dat ek hof toe wil gaan. Ek wil die onderhoudsbeampte gaan sien sodat hulle kan kyk of hulle nie vir Jaco kan kry om onderhoud te betaal vir sy kinders nie. My skei brief het gese dat die hog beslis het dat hy R200 n maand vir die kinders moet betaal, maar dit het nooit gebeur nie, dit is net asof hy nie omgegee het wat van sy kinders word nie, of hulle veilig is en of hulle kos het om te eet nie.
Ek het toe vroeg hof toe geloop terwyl my kinders by my ma gebly het. Daar gekom was daar alreeds n klomp mense wat voor die hof staan en wag het om die onderhoudsbeampte te sien. Ek het maar in die ry ingeval en moes ook maar wag. Oorkant my het n man gestaan, kort en bles, maar met hierdie flets blou oe, wat gelyk het asof hulle dwarsdeur n mens kon kyk. Hy het my van kop tot tone bekyk en kort voor lank het ek ongemaklik begin voel. Ek het om die hoek gaan staan en toe gesien daar is n trappie, omdat ek nog nie baie lank kon staan na my operasie nie het ek besluit om op die trappie te gaan sit. Die volgende oomblik het n skadu oor my geval en die man het vir my gevra of ek sal omgee as hy ook daar sit. Ek het gese natuurlik gee ek nie om nie. Toe het hy met my begin gesels en ek het toe gehoor dat sy naam Bodo is en dan hy n duitser is. Ons het lekker gesels en ek het hom vertel dat ek werk soek, maar dat werk baie skaars is. Hy het vir my sy selfoon nommer gegee en gese dat ek hom moet bel hy sal bietjie vir my uitvind daar waar hy werk want hy dink hulle soek n ontvangsdame of iets. Ek was dankbaar, hy het gevra waar hy my aan die hande kon kry en omdat ek nie n telefoon gehad het nie het ek my ma se adres vir hom gegee. Hy het belowe om my te laat weet. Die volgende oomblik het n vrou om die hoek geloer en gese dat die onderhoudsbeampte geen mense vandag sal sien nie en dat die mense die volgende week moet terug kom. Ek het opgestaan om te loop en die man het iets gevra en ek het sommer net gese ja, omdat hy met n aksent gepraat het en die helfte van die tyd het ek in elk geval nie geweet wat hy se nie. Nadat ek ja gese het, het hy gevra of ek tee of koffie drink? Ek het nie mooi verstaan wat dit nou met die saak te doen het nie, toe het hy geglimlag en gese ek sien jou vanaand en onthou ek drink net tee. Toe eers het ek besef dat hy seker vir my gevra het of hy maar kan kom kuier en ek het toe sommer ja gese. Maar gedane sake het geen keer nie, en ek het gegroet en is huis toe. By die huis het ek my ma vertel wat gebeur het, en ek het vir haar gese as hy kom moet sy vir hom se sy weet nie wie ek is nie want ek wil nie he hy moet kom kuier nie, maar my ma was nie daarvoor te vinde nie. sy het vir my gese ek het hom oorgenooi en ek moet maar self vir hom se dat hy nie welkom is nie en dat ek hom nie daar soek nie.
Daardie aand sewe uur net soos hy gese het was daar n klop aan my ma se deur, en sy het die deur gaan oopmaak en toe hy na my vra het sy hom binne genooi. Daar sit ek toe met hom, maar ons het eintlik lekker gesels sommer net oor alles, en anders as ander mans was hy nie opdringerig nie. Kort voor lank was dit laat en tyd vir hom om huis toe te gaan, maar hy is daar weg met die belofte om weer te kom kuier, hy het ons vriendelik bedank vir ons gasvryheid en die tee, nag gese en gery.
Die daar opvolgende week het ons hom gereeld gesien, hy het elke aand kom kuier, en toe kom die Vrydagaand en hy het gevra dat ek saam met hom moet gaan kyk hoe een van sy vriende sing. Ek het nie regtig lus gehad nie en het elke verskoning in die boek probeer. Hy wou natuurlike nie een van my verskonings aanvaar nie en einde laaste het ek toe langs hom in die bakkie gesit oppad Springs toe om vir sy vriend te gaan kuier. Ek moet eerlik wees oppad soontoe het ek gewonder hoe ek ooit die tyd gaan omkry in hulle geselskap.
Ons het voor n huis stil gehou en hy het uitgeklim om te gaan hoor waar sy vriend was, ek het vervelige in die bakkie bly sit en toe ek op kyk sien ek toe deur hierdie oop venster die man van my drome. Ek het nie geweet wie hy is of wat hy was nie maar in my hart het ek geweet dat dit my man is. Dit was net asof n stem vir my gese het dit is jou lewe waarna jy nou kyk. My voete wou my nie vinnig genoeg dra toe hy my in die bakkie kom haal nie. ek het agter hom aangestap maar net met een doel voor oe ek moes weet wie daardie man was. Die deur het oopgegaan en my hart het skielik wild in my borskas geklop, my kniee het soos jellie gevoel en ek kon nie met een asemteug genoeg lug in my longe kry nie. ek het onbedaarlik begin bewe toe hy aan my voorgestel word as Wayne. Sy naam het in my kop bly vassteek en male sonder tal het ek sy naam in my gedagtes herhaal. Watter mooi naam vir n mooi man. Dit het gevoel asof Liewe Jesus n engeltjie aarde toe gestuur het en sy naam was Wayne. Daar en dan het ek hom in my gedagtes herdoop na “my engeltjie” toe, want dit is wat hy vir my is. Daardie aand is ek huis toe met n blonde blou oog man in my kop en n lied in my hart. Dit was te veel om weg te steek en die oomblik toe ek en my ma alleen is het sy dadelik vir my gevra wie die man is wat weer sterretjies in my oe gesit het. Al wat ek kon se was “Wayne”. Verder het ek niks van hom geweet nie, nie eers geweet of hy dalk getroud is of alreeds aan iemand anders behoort nie, maar eending het ek verseker geweet hy is myne, gestuur na my toe om my lewe vol te maak. Elke sekonde van die dag was hierdie mooi man met die blonde hare en blou oe en lagplooitjies om sy oe in my gedagtes, en snags in my drome. Hy was klaar deel van my hele bestaan al het ek nog niks van hom geweet nie. Dis net asof ek geweet het dat ek aan hom behoort en hy aan my. Ek het elke aand gebid en vir die Here gevra om die man na my toe te stuur as dit Sy wil is en as ons vir mekaar bedoel is. So het dit dan ook gebeur dat hy my kom haal het een goeie Donderdag middag. Dit was wel met n storie maar hy het gekom en toe het ek verseker geweet dit was reg. Hy is myne en ek syne.
So het ons lewe toe saam begin. n Jaar later is ons getroud en ek was baie gelukkig. Ek het die mooiste man op aarde gehad en hy was lief vir my en ek vir hom. Dit het vir my gevoel ek lewe vir die eerste keer. Ek was so gelukkig. n Jaar later het ons n pragtige dogtertjie gehad, haar pa se oogappel. Nog drie jaar later is daar vir ons n pragtige gesonde seuntjie ook gebore en nou was ons gesin volmaak.
Ons lewe was baie vol, met vyf kinders waarvan drie in die skool was, en sonder n bediende was my dae te kort om alles in te pas wat ek graag wou. Ons lewe het te gou by ons verby gevlieg en niks wat ons daaraan kon doen nie. Ons was baie bevoorreg om my moeder by ons te kon he vir elf jaar van ons lewe, sy het by ons gebly en my baie gehelp met die kinders. Ons lewe was natuurlik nie sonder probleme nie, maar nou het ek ten minste iemand gehad met wie ek my problem en sorge kon deel. Hy was baie bekommerd oor my Kroonse siekte en het elke dag gebel om seker te maak ek drink my pille wat die dokter gese het ek vir die res van my lewe sal moet drink. Ek het toe al reeds die pille vir tien jaar van my lewe elke vier ure van die dag gedrink. Eendag het ek besluit om die pamflet binne in die botteltjie te lees, en groot skrik gekry toe ek sien watter skade die pille alles aan my ander organe doen. Ek het net daar en dan besluit dat ek nie weer die pille gaan drink nie, tot groot ontsteltenis van my dierbare manlief. Hy was baie ongelukkig met my en het vir my gese dat ek met my gesondheid speel maar ek reken my geloof was toe al sterk want ek het net geglo dat ek die pille nie meer nodig het nie, en twaalf jaar later was ek nogsteeds van die pille af. Natuurlike was daar dae wat ek pyn en ongemak gehad het, maar dit het dan gewoonlik net vir so twee of drie dae aangehou en dan was ek weer reg. Dit het vir Wayne oneindige bekommernis veroorsaak, maar ek dink nie ek het dit regtig op daardie stadium besef nie. Hy was altyd baie besorg en opreg bekommerd oor my.

Toe kom die dag wat ek gevrees het, my ma sterf. Dit was n groot slag vir my omdat ek gewoond was my ma was maar net altyd daar, wanneer ek haar nodig gehad het, en sommer net vir lekker lag en gesels en sommer vir geheimpies deel, en alles. Skielik was sy nie meer daar nie. Dit het ons kinders nader aan mekaar getrek, vir n oomblik. Ek het n dierbare moeder verloor maar terselfde tyd het dit gevoel asof ek my broers in my lewe gekry het. So kom geluk en hartseer toe vir my op een slag. Ek was dankbaar dat ek geweet het dat my broers daar was vir my in die moeilike tyd, so ook my man en my kinders, maar ek het my ma baie gemis. Maar een troos was groot ek het verseker geweet dat sy vir ons in die Hemel gaan wag, saam met Jesus.
Voordat ek my storie verder vertel wil ek net eers vir julle vertel dat ek n droom gehad het van kleintyd af om n sangeres te word. Ek het altyd as klein dogtertjie by die swembad gestaan met of n borsel of n blikkie onderarm spuitgoed in my hand en dan het ek uit volle bors gesing en die water in die swembad was my toeskouers. Alhoewel ek in Laerskool in die koor gesing het dink ek nie dat ek ooit die moed sou he om alleen voor mense te sing nie. Wayne sou daardie droom ook vir my help bewaarheid. Toe hy eers hoor hoe ek sing en weet dat dit my droom was van kleintyd af het hy vir my begin goed koop soos n mikrofoon wat ek dan op ons radio ingesit het en dan het ek vir ure saam met cd’s gesing en my stem geoefen. Soms het hy my karaoke aande toe gevat, en dan moes ek sing, ek was so senuagtig maar dan het hy altyd voor die verhoog kom staan en het ek dan vir hom gesing, en dit het my laat kalmeer, so het hy my stadig maar seker gewoond gemaak om voor mense te sing en my self vertroue op gebou.
Maar in ieder geval was daar een liedjie wat ek altyd vir my ma gesing het, “Mamma, baie dankie” sy het elke keer wat ek die liedjie gesing het gehuil, maar dit was my manier om vir haar dankie te se vir alles wat sy vir my Wayne en die kinders gedoen het.
Die liedjie se woorde is as volg:
Mamma baie dankie vir al die jare se liefde teer
Niks was ooit vir jou te veel
Ek het my hart met jou gedeel
En al het ek jou soms gefaal
Het jy steeds by my gestaan
Jy’t al die antwoorde op my vrae
Baie dankie ma
Mamma jy is die beste ma vir my
Daar is geen ander een soos jy
En as hul medaljes uit moet deel
Sal jy wen ja elke liewe een
Ek weet die woord dankie hoor jy nie gereeld
En net ingeval ek weer vergeet
Se ek nou n honderd duisend maal baie dankie ma
Mamma baie dankie vir al die jare se liefde teer
Jy’t my die mooi in die lewe geleer
Jy nooit jou rug op my gekeer
En al het ek jou soms gepla
Het ek jou nooit hoor kla
Jy was maar net altyd daar
Baie dankie ma.
Die aand voor my ma se begrafnis het Wayne besluit dat ek die liedjie op my ma se begrafnis in die kerk moes sing. Ek het nie geweet hoe ek dit gaan reg kry sonder die musiek van die liedjie nie, maar my man het soos gewoonlik n plan gehad, en niks was ooit vir hom ook te veel moeite nie. Ons is na vriende van ons toe wat ook in die musiek bedryf is en tot in die nagtelik ure het hulle my help bou aan die musiek vir die liedjie. Die volgende dag het ek en Wayne op my ma se begrafnis op die verhoog gestaan en ek het die liedjie weer een keer vir my ma gesing. Dit het so baie vir my beteken dat ek my laaste eer op aarde aan haar op so n manier kon bewys.
Die Here het my sterk gemaak en my in sy arms gevat en vertroos, want na die begrafnis is almal huis toe en moes Wayne terug werk toe en het ek alleen oorgebly. My hart het baie na my ma verlang, en soms het ek sommer net vir ure gesit en staar terwyl die trane stil oor my wange geloop het. As ek maar net nog een laaste keer vir haar iets kon doen, of net nog een laaste keer vir haar kon se hoe lief ek vir haar is, maar daar was nie nog een laaste keer oor om dit te kan doen nie. Dit het my geleer, om nie uit te stel om vir die mense vir wie ek lief is te se dat ek lief is vir hulle nie, want more mag dalk te laat wees. Lewe elke dag voluit, want gister is onherroepelik verby, en more is nog net n droom, maar vandag is hier, werklik, en dit wat ek nie vandag doen nie, sal ek dalk more nie weer die geleentheid kry om te doen nie.
So het die jare maar weer aangestap, en my twee oudste seuns is uit die huis uit. Toe eers kon ek verstaan wat my ma altyd bedoel het wanneer sy gese het dat n moeder altyd oor haar kinders bekommerd is al is hulle hoe groot en oud. Ek het dit nou ervaar, om in die aand te gaan slaap en nie te weet waar my kinders is en of hulle veilig is nie. Al wat ek toe kon doen is om hulle aan die Here op te dra en te vra dat Hy hulle veilig moet hou.
Met my sang loopbaan het dit ook begin goed gaan, ek het baie vertonings gedoen, in “pub’s” en soms op partytjies en troues en op 21 ste verjaardae. Ek het n goeie geldjie gemaak. Eindelik het ek genoeg geld gehad om n country cd te laat opneem. Ek was so trots op die cd, en Wayne nog trotser, hy het harder aan my cd bemark as ek self, want hy het geloof gehad in my.
Dit het goed gegaan met ons. Die firma vir wie Wayne toe op daardie stadium twee jaar voor werk het hom bevorder na Depot Bestuurder, maar saam met sy bevordering het daar vir my ook n werk gekom, die kantoor werk. Ek is baie dankbaar daarvoor, want my kinders was nou al groot en ek het dit geniet om te werk. Dit is vir my n groot voorreg om elke dag hand aan hand saam met my man te kan werk. Finansieel het dit nou baie beter met ons gegaan as ooit tevore. Ons kon ook begin om bietjie weg te gaan n naweek, en self een keer see toe.
Maar die bekommernis oor my siekte het nogsteeds vas gestaan, en ek kon sien hoe my man elke dag ouer en ouer word as gevolg van bekommernis oor my siekte. Soos ek reeds verduidelik het, as die dokters ooit weer aan my dikderm moes sny sou ek wat hulle noem n kolostromie, moes kry, n sakkie waarin my maag sou moes werk omdat my derm dan hopeloos te kort sou wees. Die mediese tegnologie het so ver gevorder dat hulle amper elke organ kan oorplant, behalwe n derm. Dit is een ding wat nie oorgeplant kan word nie, en die siekte takel n mens se derms eerste. Wayne het baie vir my gese dat hy bid en vra dat die Here my derm volkome moet genees, dat dit sy grootste bekommernis is, dan het hy vir my gevra om ook daaroor te bid, wat ek natuurlike gedoen het, want ek wou nie siek wees nie, ek wou n gesonde normale lewe lei, ek het nog twee klein kinders wat ek moet groot maak, en ek wil nog eendag my kleinkinders ook sien groot word.
So het drie jaar toe verloop, met my maag wat my soms dae baie pyn en ongerief veroorsaak het.
Een dag bel my jongste broer nou n Pastoor, en se dat hy in ons dorp kom preek en ons is meer as welkom om die diens by te woon. Ons het toe ook so gemaak. Daardie aand in die kerk het daar vir my n lig opgegaan, die boodskap wat my broer oorgedra het aan die gemeente was vir my bedoel, hy het gese:” Die Here staan en klop by jou deur, daar is iets waaroor jy jare lank bid maar jy maak nie vir Hom die deur oop sodat Hy kan inkom en dit wat jy vra, vir jou te gee nie.” Ek en Wayne het dadelik besef dat dit oor my siekte gaan, dat die Here dit wat ons vir jare oor bid vir ons wil gee maar ons maak nie vir Hom oop nie. Ek is vorentoe sodat hulle saam met my kon bid.
Die Gees van God was so groot en tasbaar, dit het my van my voete afgehaal, en terwyl ek op die grond le, gevul met die Heilige Gees, voel ek hoe my maag in my binneste onbedaarlik begin ruk. Dit was n heerlike gevoel, ek kon voel dat daar iets aan die gebeur was in my binneste, en dit was lekker, ek het daar op die grond gele met my maag wat onbedaarlik ruk en die trane het vrylik oor my wange gerol.
Nadat ek opgestaan het, het dit vir my gevoel my voete loop nie op die aarde nie, dit het gevoel asof ek sweef, ek het so gebewe maar dit was n lekker bewe. Ek het langs Wayne in die bank gaan staan en vir hom gese dat hy nooit ooit weer bekommerd hoef te wees oor my siekte nie want die Here het my genees. Ek het so gebewe dat hy vir my gese het om te sit want hy was bang dat my bene my nie kan regop hou nie, maar ek wou nie sit nie, ek was so vol van die Heilige Gees dat ek net wou staan en sing en hande klap en God se Naam groot maak, want Hy is almagtig, en Hy het my so pas genees, die tweede groot wonder werk het in my lewe plaasgevind. Ek wou dit aan almal vertel wat wou en nie wou luister nie. Waarvan die hart vol is loop die mond van oor. Die Here het toe ook vir my gese dat ek n geseende stem het en dat ek my stem moet gebruik ter ere van Hom, dat mense onder my sang tot genesing sal kom, en dat my lippe geseend is dat ek moet praat, en dadelik het ek aan die dominee in die hospitaal gedink twintig jaar gelede, wat vir my gese het dat ek vir die die mense moet vertel wat die Here vir my gedoen het.
Ek was ongehoorsaam, maar die Here het n doel met my gehad, en kom wat wil ek sal dit na leef, ek het besluit om gehoorsaam te wees en vir die wereld te vertel wat die Here se liefde en genade vir my gedoen het. My beste vriendin en haar man was ook daardie aand saam met ons in die kerk, en dit wat daar plaas gevind het, het haar vreeslik ontstel, want dit was die eerste keer in haar lewe wat sy so iets sien gebeur het.
Wanneer die Here n mens genees van n hoofpyn of iets wat binne in jou liggaam aan die gang is, is dit soms moeilik vir die mens om dit te aanvaat, want mense wil mos sien, en dan sal hulle dit glo, maar dit wat onsigbaar is, is ongelooflik, en dan twyfel hulle. Ek het begin om vir almal te vertel maar niemand wou my glo nie, selfs nie Wayne of my kinders nie. Die siekte toestand was vir soveel jare deel van my menswees en bestaan dat dit amper vir my gelyk het asof die mense vir wie ek lief en dierbaar is nie wou glo dat ek nou genees is nie. Hulle het my aanhoudend gevra of ek nie meer pyn het nie. dan het ek keer op keer vir hulle gese dat ek nou gesond is en glad nie meer pyn het nie. Die pyn en ongemak wat ook gepaard gaan met die siekte van my, was ook al so deel van my en skielik was daar niks meer pyn nie. Soms het my maag so opgeswel dat dit gelyk het of ek swanger was, en nou was dit ook weg, ek het gevoel vir die eerste keer in twintig jaar kon ek n normale lewe lei. Maar omdat niemand my wou glo nie het ek gese dat ek selfs bereid was om vir toetse te gaan om vir almal wat twyfel te kan wys dat die Here my volkome genees het.
Pastoor Pieter Snyman het altyd gese dat n mens versigtig moet wees wat jy van die Here vra, want jy sal dit kry, en as jy n Mercedes kar wil he jy nie vir n fiets moet bid nie. ek het gebid en gevra dat die Here my moet help sodat ek vir die mense kan wys hoe groot en almagtig Hy is, sodat hulle ook kan glo dat wonderwerke nog gebeur. En dit is toe presies wat gebeur het.
Ongeveer twee weke nadat die Here my genees het, het ek n pyn in my regter sy begin ontwikkel, die pyn was soms ondraaglik, en ek is van die een dokter na die ander en elkeen van hulle het my vir iets anders behandel, en die medikasie wat hulle vir my voorgeskryf het, het nie gewerk nie. Eindelik was die pyn so erg dat ek feitlik op pyn pille gelewe het, en ek dit nie meer kon verdra nie. Een Donderdag oggend het ek wakker geword, en kon ek myself net nie so ver kry om aan te trek vir werk nie, die pyn was besig om my onder te kry, ek het besluit ek gaan nie werk toe nie, en het toe vir Wayne gese dat hy maar alleen moes gaan werk. So het Wayne en my oudste dogter toe die oggend alleen werk toe gery, nadat hulle weg is kon ek skielik nie meer die pyn hanteer nie en het begin huil. My ander dogter, het op daardie stadium in die kamer gekom en gesien in watter toestand ek is, en groot geskrik, sy het my vriendin gebel en gese dat sy moes help. My vriendin het n rukkie later teru gebel en gese dat sy vir my n afspraak by haar dokter gekry het en dat sy my kom haal.
Kort voor lank het ons in die dokter se spreekkamer gesit en wag en die pyn was nog daar. Eindelik was dit my beurt om in te gaan. Ek het vir die dokter vertel wat fout is en hy het my ondersoek, ek het vir hom gese dat die pyn so erg is en dat hy my asb net moet help. Sy diagnose was dit kon een van drie dinge wees, infeksie in my niere of nierstene of my dikderm. Ek kon nie glo wat ek hoor toe hy se dikderm nie. Dit het gevoel asof my hart wou gaan staan, maar in ieder geval het hy dadelik gereel dat ek opgeneem word in die hospitaal onder n uroloog, hy het my morfien gespuit en so ek weer saam met my vriendin huis toe, nadat sy vir Wayne gebel het om te se dat hy my hospitaal toe moet kom vat. Ek was deurmekaar van die morfien maar gelukkig was die pyn nou weg. Ek onthou nie veel van ons rit huis toe nie, die volgende wat ek kan onthou is dat Wayne gekom het en toe is ons oppad hospitaal toe. Daar gekom het hulle my opgeneem en die volgende ding was dat hulle vir my n drip in my hand gesit het. Die middag het hulle my kom haal met n rystoel sodat ek x-strale toe kon gaan vir n ct scan. Hulle het die scan gevat en ek is terug besorg in my bed. Besoektyd was Wayne en my kinders en my vriendin daar. Na besoektyd het die dokter my kom sien om na my x-straal plate te kyk. Ek het op die bed gele en Wayne het saam met die dokter in die gang af geloop tot by die groot wit lig sodat hulle saam na die plate kon kyk, en toe gebeur dinge te vinnig vir my. die dokter het terug gekom en vir my gese dat ek nie nierstene het nie, ek was verlig, maar toe kom die nuus van die abses. Ek het n abses tussen regter nier en my dikderm. Nadat die dokter toe gehoor het dat ek Kroonse siekte het, het hy gese dat hy dink dit hou verband daarmee, maar die ct scan se foto’s was nie groot genoeg vir hom om te se of die abses vas is aan my nier of aan my derm nie en hy kon ook nie sien of dit veroorsaak is deur die derm nie. Die volgende oomblik het ek begin huil, want dit het net vir my gevoel asof die Here my nou eenkant toe gestoot het, en van my vergeet het, maar Sy genade is so groot en Hy sal nooit ooit van niemand vergeet nie, nog minder jou een kant toe skuif. Wayne was daar om my te troos, en die volgende oomblik het ek gevoel hoe die naarheid in my keel opstoot, ek was koorsig en sop nat gesweet, dit het gevoel asof ek besig is om dood te gaan. Maar Wayne was daar, hy het net aanhou se dat ek net moet glo dat dit nie my derm sal wees nie, op daardie stadium was dit baie moeilik om te glo want ek was regtig siek, baie siek. Toe ek weer sien is my seun Theunis daar van Bethal af, my vriendin het hom gebel om te se dat ek in die hospitaal is en baie siek is. Nou het ek regtig begin glo dat ek besig is om die tydelike met die ewige te verwissel, want hoekom is al my kinders daar? Waar is Kobus het ek gevra maar toe se Theunis vir my dat hy nie kom kom nie want hy werk, maar Theunis het gery loop van Bethal af om vir my te kom kuier in die hospitaal.
Wayne het ook my broer Neels gebel en vir hom gevra om vir my te kom bid. Hy het ook aanhou se dat ek nie bekommerd hoef te wees nie dit sal nie my derm wees nie, maar ek was op daardie stadium net n nietige ongelowig mens. Ek kon dit nie glo nie want ek was so siek, ek het nie eers die krag gehad om regop te sit terwyl hy vir my gebid het nie. En toe is almal weg en bly ek alleen in die hospitaal bed agter. Die naarheid wou maar net nie wyk nie. Gelukkig kom maak die uroloog toe weer n draai by my en toe hy sien hoe naar en siek ek is toe besluit hy net daar en dan dat hulle vir my medisyne deur die drip moet gee om dit beter te maak. Toe kom die Chirurg wat nou oor my was en hy kyk ook na die plate. Hy se toe ook dat dit defnetief die Kroonse siekte is wat die abses veroorsaak het. Ek het weer gehuil want dit was nie wat ek wou hoor nie, en keer op keer het ek in my hart vir die Here gevra hoekom die dinge dan nou weer met my gebeur?
Die Chirurg het toe besluit dat ek die volgende oggend moet gaan vir nog n scan hierdie keer n cat scan. Die cat scan is toe gedoen die Vrydagoggend, en toe die uitslae kom was ek baie ontsteld.
Die abses was tussen 8 en 6 cm in deursnee, baie groot. Die chirurg het op die rand van my bed kom sit en toe vir my gese dat ons een van twee dinge kon doen, hy kon of opereer, maar hy wou dit nie graag doen nie want hy was bang dat hy dan weer van die dik derm sou moes afsny wat dan n probleem kon wees want dan kon ons sit met n kort derm sindroom wat sou beteken dat hy vir my n kolostromie sou moes gee, wat beteken dat ek n sakkie sou moes dra vir die res van my lewe. Ek het weer gehuil. Of het hy gese kan ons probeer om n dreineringspyp in te sit in die abses en kyk of ons dit nie so kan dreineer nie, maar die kanse dat dit sou werk was amper nul, want as die abses te dik is om deur die dun pypie te dreineer sou hy dan maar in elk geval moes opereer. Intussen was ek op antibotika en penicillin, en dit het my lewer aangetas en veroorsaak dat ek so naar was die hele tyd.
Die dokter het toe gese dat hy eers met die mense by x-strale sou moes gaan praat en hoor of dit moontlik is om so n dreineringspypie in te sit. Die Saterdagoggend het ek wakker geword, en gehoor dat ek sou moes gaan vir die dreineringspypie. Wayne was gelukkig daar toe hulle my kom haal het. Ek het in die rystoel gesit en wag sodat hulle die kamer waar die scan’s gedoen word kon regkry. Hulle het my toe n pethedene inspuiting kom gee, en natuurlik wou ek toe weet hoekom, hulle het my in die donker gehou en gese dit is maar net vir pyn, en toe het ek begin bang word, en besef dat dit seker seer gaan wees, maar hulle het ontwykend geantwoord elke keer wat ek gevra het of dit seer gaan wees. Toe het hulle my in hierdie klein donker kamertjie ingevat en ek moes op die bed gaan le op my linker sy. Toe ek vra dat Wayne by my moet kom staan het die dokter gese dat hy buite moet wag en nie mag inkom nie, toe ek vra hoekom hy dan nie by my kan staan nie het die dokter net geantwoord omdat hy moes konsentreer. Die volgende oomblik het hy my lokale verdowing gegee in my regter sy. Ek het gedink dat alles nou goed sal gaan en dat ek nou niks sal voel nie want ek kon voel dat dit dood is daar waar hy werk. Ek was ook baie lomerig van die pethedene inspuiting wat hy my gegee het. Ek het vir hom gevra of ek maar kan slaap en hy het gese as ek wil slaap is ek meer as welkom. Ek het my oe toe gemaak en gevoel hoe die slaap my wil-wil oorval, en die volgende oomblik was ek bewus van hierdie verskriklike brandpyn in my sy, en sonder dat ek beheer gehad het daaroor het ek gehoor hoe ek gil, dit het nie vir my gevoel asof dit ek was wat so gil nie die gille het net vanself uit my binneste losgebars toe hy die dreineringspyp in my sy af druk, ek het die bed se kopstuk vasgegryp en ek kon nie my hand los kry nie, hy het my beveel om doodstil te le en nie te beweeg nie en die volgende oomblik was die vreeslike brandpyn weer daar, die gille het weer uit my binneste losgeskeur en deur die kamer en in die gang af geweergalm. Wayne het voor die deur gestaan, en ek kan glo dat hy ook angsbevange moes gewees het want hy het nie geweet wat hulle met my doen dat ek so gil en huil nie. Die pyn was onuithoudbaar, ek het gehuil sonder een traan, ek het gegil sonder dat ek wou, en toe kom die vreeslike brandpyn weer toe hy die pyp nog dieper in druk. Op daardie stadium moes Wayne by die deur ingekom het, want hy het toe vir my vertel dat hy gesien het ek gryp my hare vas, terwyl ek gil van die pyn, maar ek kon hom nie sien nie omdat ek met my rug na die deur se kant gele het, en toe kom die laaste entjie waar die dokter toe die pyp tot binne in die abses moes druk, ek het nie gedink ek gaan dit oorleef nie, ek kan nie die pyn wat ek op daardie stadium gevoel het in woorde omsit nie. Ek het weer gegil en gesmeek dat dit asseblief net moet klaar wees, dat hulle my nie nog seer moes maak nie. Min wetende dat die dokter toe sukkel om die abses oop te kry sodat hy kan begin dreineer, en toe steek hy die pyp nog eenkeer dieper in, en dis toe dat die abses oop bars. Dit was so erg dat die dokter by die deur uitgestorm het by Wayne verby en in die gang begin opgooi het. Ek het net daar gele, verlam van die vreeslike brandpyn. En mense ek sal nooit in woorde daardie pyn kan beskryf nie.En skielik kon ek niks voel in my regter been of sy nie alles was dood, maar ek was die hele tyd bewus van die pyp wat iewers in my binneste ingesit is. Die dokter het na so rukkie terug gekom en met inspuitings probeer om meeste van die etter uit die abses gesuig te kry. Hy het ongeveer so 140 ml altesame uitgesuig. Hy het dit vir my gewys, en ek weet dat ek toe gevra het dat hy dit vir Wayne ook moes wys, hy het dit toe gedoen. Toe word die dreinerings sakkie aan die pyp gekoppel en die sakkie word teen my bo been vasgeplak, en toe is ek klaar en reg om terug te gaan saal toe. Toe ek by die deur uitkom het die mooiste gesig my daar ingewag, my man. Hy het trane in sy oe gehad, en het my aan my arm gevat en my ondersteun terwyl ek na die rystoel geloop het. Daar het nog droee snikke uit my gekom sonder dat ek dit so wou he, dit het net spontaan gekom, en dis toe dat ek Wayne op die foon hoor praat en hoor hy se dat hulle my baie seer gemaak het, en dit is toe dat ek besef het dat hy ook my pyn voel net soos ek syne voel wanneer hy seer het of hartseer is. En skielik het ek besef dat ons geestelik ook ingestel is op mekaar. Ek is terug kamer toe en was dankbaar dat ek weer in my bed kon le. Ek het nou sommer stukke beter gevoel, en was bietjie kwaad vir die dokter wat my so gepynig het, maar het toe ook agterna besef dat hulle dit gedoen het om my te help, maar ek kon nie verstaan hoekom hulle my nie eerder narkose kon gee om dit te doen nie. Skielik het ek besef hoe Jesus moes gevoel het toe Hy gekruisig is, en die swaard Sy sy deurboor het, en Hy asyn gekry het om te drink toe Hy vra vir water, terwyl die bloed in sy oe moes gebrand het van die doring kroon op Sy kop. Soos n gewillige skaap wat na die slagpale gelei word, was Jesus aan die kruis, gewillig om gepynig te word en te sterf terwille van ons, Sy kinders. Die pyn wat ek gevoel het met die dreinpyp wat in my sy ingedruk was, was so erg dat ek nie trane kon huil nie, net rou snikke, en my mond was so droog dat ek nie kon sluk nie, dit was so seer, en dit was niks in vergelyking met wat Jesus vir ons moes deurmaak nie. En tog het Hy nie n geluid gemaak nie, Hy het die pyn verdra, vir my en jou!!! Hy is so lief vir ons, dat Hy nie n enkele geluidjie geuiter het toe hulle Hom deurboor het nie, en nie gekla en gemurmureer toe hulle vir Hom asyn gee om te drink in pleks van water nie, niemand om die bloed en sweet wat in Sy oe loop af te vee nie. Niemand om Sy hand vas te hou terwyl Hy sterf nie. Net Sy liefde vir sy kinders.
Wayne was deurnetyd by my, hy was die hele Saterdag by my, en later het my kinders en my vriendin weer kom kuier, ek het my nagklere wat ek toe aangehad het uitgetrek en Wayne het my gehelp om skoon nagklere aan te trek, want die nagklere wat ek aangehad het toe hulle die pyp ingesit het was vol bloed.
My vriendin het my vuil nagklere huis toe gevat en dit gaan was en stryk en dit weer vir my terug gebring. Die Sondag was Wayne en my kinders ook die hele dag by my in die hospitaal, en ek het baie beter gevoel. Op daardie stadium het ek toe vir drie dae nie meer gerook nie omdat ek so siek en naar gevoel het. Ek het besluit dat dit sommer die regte tyd is om op te hou rook. Die dokter het my weer kom sien en was nie baie tevrede met die uitslag nie, en het besluit om my die Maandag te stuur vir n sinogram. Ek het nie geweet wat dit is nie, maar ek was bang, want my vertroue in die dokters was nou ook skoonveld want hulle jok vir my en dan maak hulle my vreeslik seer. In ieder geval die Maandag gekom en was dit weer tyd dat hulle my met n rystoel kom haal het vir die sinogram. Daar gekom het hulle n vloeistof in die pypie ingespuit om foto’s van die abses te kon neem. Intussen het die abses mooi gedreineer en moes Wayne in die oggend middag en aand kom om die pypie te kom spoel sodat hy nie verstop moes raak nie. Die susters en verpleegsters het nie die tipe drein geken nie en nie geweet hoe om hom te spoel nie. Wayne het hulle keer op keer kom wys. Die uitslag van die sinogram het gekom en die dokter het daarna kom kyk. Nou het hulle darem vasgestel dat die abses nie aan my nier of derm vas is nie. Maar die dokter het aanhou se dat as gevolg van die Kroonse siekte my derm n gaatjie in het en my kos lek daardeur en dit is wat die abses veroorsaak het. Ek was verpletter, want ek wil dit nie he nie, ek wou gesond wees.
Die dokter het toe besluit dat ek moes gaan vir n embarium enema. Ek het ook nie geweet wat dit beteken nie, maar ek moes maar genee neem daarmee. Die Maandagoggend nadat Wayne en my oudste dogter Esmarelda gery het werk toe het ek skielik baie eensaam en alleen gevoel. Ek was ook nou in n kamer waar ek stoksiel alleen was. Dit het gevoel asof almal en alles my verlaat het. Ek het begin huil. Ek was so emosioneel elke keer as ek met Wayne oor die foon praat het ek gehuil. My vriendin het my gebel en ek het so verdrietig gehuil dat sy my so jammer gekry het, afgevat het by die werk in haar kar geklim het en hospitaal toe gekom het sodat ek beter kon voel. Dis toe dat ek besluit het dat ek weer moet rook sodat ek kon kalmeer en beheer kry oor my emosies. Dit het nie regtig gehelp nie ek het nog die hele tyd gehuil. Gelukkig het Wayne vroeg hospitaal toe gekom, en toe het ek beter gevoel. Maar elke keer wanneer dit tyd geword het vir hom om te ry het dit gevoel asof daar n lee gat in my hart sit wat ek met niks kon vul nie. Ek het nie goed geslaap in die nag nie, en my keel het begin toe swel van al die antibiotika wat hulle my ingegee het. Die drip wou ook nie meer saam werk nie en het kort-kort in my weefsels ingegaan en dan moes hulle hom uithaal en op n ander plek weer insit. Nou het hierdie embarium enema soos n berg voor my gele, ek mag vir twee dae niks ge-eet het nie net vloeistowwe drink, en toe besef ek hoe n mens se brein werk. Die oomblik as jy weet jy mag nie iets kry nie is dit al waarna jy smag. Vir die twee dae kon ek aan niks anders dink as kos nie. Met elke ete het hulle my kos gebring tot voor my bed en dan kry ek die lekker reuk van daardie kos en dan sien hulle op die bordjie voor my bed dat ek nie mag eet nie en dan vat hulle dit weer weg, kompleet soos wanneer jy vir n kind n lekker gee en hom dan weer terug vat. Ek het weer emosioneel begin word oor die hele kos storie, en eindelik is die twee dae toe ook verby en kon ek nie meer wag sodat die toets agter die rug kon wees sodat ek net weer kon eet nie. Op n stadium het ek vir die dokter gese dat hy sy tyd mors met al die toetse wat hy doen want ek is gesond my derm makeer niks nie. Hy wou weet hoe ek so seker kon wees en ek het vir hom vertel dat die Here my genees het, hy het my nie geantwoord nie net omgedraai en weggeloop.
Hulle het my kom haal vir die embarium enema en eerste wat ek wou weet is wat hulle gaan doen en of hulle my weer seer gaan maak. Ek het dadelik vir Wayne gebel, en vir hom gese dat ek nou gaan vir die toets, hy het gevra of hy hospitaal toe moes kom en ek het natuurlik gese ja, want ek wou net nie alleen wees nie. Ek is in vir die toets voordat hy gekom het, maar die hele tyd wat ek daar binne was het die blote gedagtes dat hy daar sal wees wanneer ek by die deur uitstap my aan die gang gehou en my deur hierdie ongemaklike vernederende toets gehelp. Hulle het my derm vol wit goed gespuit en toe nog lug ook ingepomp sodat die derm kan opblaas en mens op die foto kon sien of daar n gatjie is of nie. Die dokter se grootste bekommernis op hierdie stadium was dat die antibiotika dalk die gatjie kon laat toe trek het, en wanneer hulle die lug in pomp dit weer die gatjie kan laat oopgaan. Die twintig minute wat hulle besig was met hierdie toets was die langste twintig minute van my lewe. Toe ek daar uitstap was ek so opgeblaas van al die goed wat hulle in my ingespuit het, dat dit gelyk het asof ek swanger is. Maar toe die deur oopgaan was Wayne daar getrou op sy pos het hy vir my gestaan en wag en dit was asof die berg Ararat van my skouers geval het, nou moes ons nog net die uitslag kry van die toets ook want al die ander toetse was negatief en het gewys dat die abses nie verband hou met my derm of Kroonse siekte nie. Wayne het my sommer self met die rystoel teruggevat kamer toe, toe ons daar kom het Wayne vir die suster gaan vra of ek maar mag eet en hulle het dadelik my kos vir my gebring. Ek het net begin eet toe die uitslag van die toets kom. Wayne het dadelik die groot bruin koevert oopgemaak en die brief begin lees, die volgende oomblik het hy met n groot glimlag op sy gesig vir my gese dat daar niks fout was met my derm nie. Ek kon dit nie glo nie maar die verligting was so groot dat ek sommer weer onbedaarlik begin huil het. Hy het dadelik my broer gebel en die goeie nuus vir hom vertel, en toe my vriendin. Die dokter het gekom om na die uitslag te kom kyk, en toe vir Wayne nader geroep. Hy het vir hom gevra of ons seker was dat hulle van my dikderm verwyder het by my vorige operasies? Natuurlik het Wayne hom geantwoord maar kon nie mooi verstaan wat aan die gang was nie, toe hy die dokter vra hoekom hy so iets vra het die dokter op die plate vir hom gewys dat my dikderm voledig was en daar nie n stukkie afgesny is nie. Hy kon dit nie verstaan nie. ek en Wayne het net vir mekaar geglimlag en toe vir die dokter vertel dat dit Jesus is wat my genees het, en wanneer my God n werk doen, doen Hy dit nie half nie Hy doen dit volkome. Ek het my hele dikderm terug gehad. Die dokter was half vies toe ons dit vir hom vertel en het gese dat dit hom niks help nie. Hy het vir my gese dat ek seker nou wou huis toe gaan, en natuurlike wou ek huis toe gaan na sewe dae in die hospitaal. Maar nou het daar nog een beproewing op my gewag die dreinpyp moes verwyder word. Ek het nie geweet wat om te verwag nie en was baie bang, maar hierdie keer was Wayne by my en het hy my hand vasgehou. Dit was baie seer toe die suster die dreinpyp uit trek dit het weer gebrand soos n kool vuur, en my heup been was morsdood, maar gelukkig was dit van korte duur die pyn was nie so ondraaglik soos toe hulle die pyp ingesit het nie. Die drip is uitgehaal en toe kon ek begin pak om huis toe te gaan, die dokter het natuurlike antibiotika voorgeskryf vir nog twee weke en gese dat hy my dan weer wil sien. Ek is huis toe en daardie Sondag het ek en Wayne in die kerk gaan getuig met die plate as bewyse dat die Here my genees het.
En toe het ek besef dat die Here n doel het met my. Ek moes die abses ontwikkel sodat ek die toetse kon deurgaan sodat almal kon weet dat ek werklik genees is, die mense wat nog getwyfel het, het nou geen keuse meer gehad as om te glo dat die Here my genees het nie.
En wonder bo wonder is ek terug na die dokter toe na die twee weke en die abses het ook heeltemaal verdwyn het want hy kon toe niks fout vind verder nie.
Ek hoop deur middel van my verhaal sal daar nog baie mense wees wat sal glo dat God nie net in die Bybel se tyd wonderwerke verrig het nie maar dit vandag nog steeds doen. God is groot en Almagtig, en lief vir elkeen van ons, maak nie saak wat nie, en net soos God n wonderwerk vir my kon doen net so kan Hy dit vir jou ook doen, as jy Hom net vra, en glo dat Hy dit kan doen.
Hy het aan die kruis gesterf vir elkeen van ons, en daarom het ons nie nodig om in n siekte toestand te lewe nie, God wil jou ook genees maak nie saak wat verkeerd is nie, want dit is Sy belofte aan ons.
En nie alleen wil Hy jou genees van liggaamlike siekte nie maar ook geestelik, wil God jou gesond maak, as jy Hom net n kans sal gee, om in jou lewe te kom, sal jy sien wat ek bedoel dat God groot is, want wat hy doen vir ander kan hy doen vir jou!!! God sal jou lewe “spring clean” en jou n nuwe mens maak, Hy sal jou reinig van alles wat nie binne jou hoort nie.
Nooi God vandag in jou lewe in, en knoop n verhouding met Hom aan, maak nie saak waar jy is of wat jy doen nie, ken Hom in al jou wee, en dit sal met jou goed gaan. Hy doen nog wonder werke elke dag van ons lewens. Net die blote feit dat die son elke oggend opkom is al klaar n wonder werk. Om die mooi blomme te aanskou is nog n wonder werk. Om gesond te kan wees is nog n wonder werk. Om dinge vir jou gesin en die mense vir wie jy lief is te kan doen is nog n wonder werk. So kyk verby al die negatiewe dinge in jou lewe en sien die wonder werke wat God elke dag vir ons gee. As die Here vir my wonder werke kon doen kan Hy dit vir jou ook doen. Maak die deur vandag oop sodat God kan inkom en vir jou ook wonderwerke kan doen sodat Hy vir jou kan gee wat jy vra, Hy wil. Maak net die deur oop.


Moenie die stem van God ignoreer nie, luister wat Hy vir jou wil se, want Hy het jou Lief!!!!!


Groete in Jesus se wonderlike naam.
Monique Smith